{"id":328343,"date":"2026-08-08T11:30:00","date_gmt":"2026-08-08T09:30:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=328343"},"modified":"2026-08-08T11:02:02","modified_gmt":"2026-08-08T09:02:02","slug":"dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/","title":{"rendered":"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir 54 dae moes sowat 58 bejaardes en gestremde inwoners van die Kwaggaspoort Reddingsdaad-sentrum in Danville, Pretoria, sonder elektrisiteit leef nadat die Tshwane-metroraad die krag op 8 Junie afgesny het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Agter die donker kamers, koue storte en klere wat met die hand gewas moet word, het \u2019n jarelange dispuut oor munisipale rekeninge, miljoene rande se beweerde agterstallige skuld en die verantwoordelikheid vir die krisis gel\u00ea.<br><br>\u201cOns ou mense kry nou swaar, hoor. Regtig, ons kry nou swaar,\u201d s\u00ea \u2019n 76-jarige inwoner van di\u00e9 sentrum, wat anoniem wil bly.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHier is mense met \u2019n gebrek. Hier is mense wat \u2019n beroerte gehad het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar is inwoners afhanklik van gas vir kosmaak en \u2019n warmwaterdonkie. Wasmasjiene kan nie gebruik word nie en badkamers is te donker.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie badkamers is so donker jy moet \u2019n lig saamvat as jy wil gaan stort.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"576\" height=\"1024\" data-id=\"328348\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-576x1024.jpg\" alt=\"Die dispuutnommer tussen die sentrum en die munisipaliteit.\" class=\"wp-image-328348\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-576x1024.jpg 576w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-169x300.jpg 169w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-768x1366.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-864x1536.jpg 864w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-1152x2048.jpg 1152w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer-600x1067.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Dispuut-nommer.jpg 1181w\" sizes=\"auto, (max-width: 576px) 100vw, 576px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die dispuutnommer tussen die sentrum en die munisipaliteit. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"544\" height=\"408\" data-id=\"328346\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kosstoor.jpg\" alt=\"Die verkoelde kamer waar kos gestoor word, was leeg, want daar was nie krag om die kos vars te hou nie.\" class=\"wp-image-328346\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kosstoor.jpg 544w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Kosstoor-300x225.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 544px) 100vw, 544px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die verkoelde kamer waar kos gestoor word, was leeg, want daar was nie krag om die kos vars te hou nie. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die sentrum se nuwe direksie s\u00ea hulle het \u2019n probleem ge\u00ebrf wat al meer as \u2019n dekade sloer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ann-Sue Mostert, direkteur van Mostert Raubenheimer Ing. in Pretoria, en regsverteenwoordiger van die sentrum, s\u00ea die kern van die dispuut l\u00ea by \u2019n jare lange geskil met die metroraad oor elektrisiteits\u00adrekeninge.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDaar is al \u2019n hele paar jaar navrae gedoen by die Stad Tshwane,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Mostert het \u2019n vorige direkteur van die sentrum reeds in September 2022 opdrag gegee dat geen betalings aan Tshwane gemaak moet word totdat die dispuut opgelos is nie \u201comdat die Stad Tshwane net eenvoudig nie gedoen het wat hy moes nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaar nou sit ons ongelukkig met die penarie dat daar nou nie gelde betaal is nie,\u201d voeg Mostert by.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy s\u00ea kragmeters is in Maart weer geprogrammeer en toe kon hulle die oorspronklike dispuut aanpak, maar intussen het die agterstallige rekening tot sowat R2,4 miljoen gegroei.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mostert s\u00ea nadat die sentrum se krag afgesny is, kon sy R440\u2009000 insamel om aan Tshwane te betaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy wou onderhandel om die res van die rekening af te betaal, maar die stad was \u201ceenvoudig nie gewillig nie\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar het Tshwane twee voorstelle gemaak: die sentrum moes \u00f3f R400 000 betaal en daarna maandelikse paaiemente van R63 533, met bewys van finansi\u00eble vermo\u00eb, \u00f3f R1,6 miljoen onmiddellik betaal nadat R1 miljoen afgeskryf sou word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cReddingsdaad het nie daardie soort finansies nie. Dis \u2019n nie-winsgewende organisasie (NWO). \u2019n NWO sit nie met twee en \u2019n half miljoen rand wat net rondl\u00ea nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mostert s\u00ea die nuwe direksie probeer intussen met die hulp van die gemeenskap oorleef. Daar is Dinsdag, 21 Julie, begin om son\u00adkragpanele te installeer om noodverligting te bied terwyl onderhandelings voortduur.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"405\" height=\"720\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/WilmadeVos-en-Madelein-Danville.jpg\" alt=\"Wilma de Vos en Madelein Kruger, die bestuurders van Kwaggaspoort Reddingsdaad.\u00a0\" class=\"wp-image-328345\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/WilmadeVos-en-Madelein-Danville.jpg 405w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/WilmadeVos-en-Madelein-Danville-169x300.jpg 169w\" sizes=\"auto, (max-width: 405px) 100vw, 405px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Wilma de Vos en Madelein Kruger, die bestuurders van Kwaggaspoort Reddingsdaad. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die inwoners bring dit egter min onmiddellike troos. \u201cEk self is 76,\u201d s\u00ea die inwoner.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNou moet ek met my hand was, want ons kan nie wasmasjiene ge\u00adbruik nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Tshwane-metro het n\u00e1 meer as \u2019n week steeds nie op navrae gereageer nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl die inwoners steeds sonder krag moes klaarkom, het <em>Die Papier <\/em>na die saak begin kyk nadat een van die inwoners haar moedeloosheid oor die situasie uitgespreek het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die Papier<\/em> het daarna uitgereik na Cilliers Brink, voorsitter van die DA-koukus in Tshwane. Brink het die navraag na Jacqui Uys, die DA se woordvoerder oor finansies in Tshwane, verwys.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uys het vervolgens navraag oor die situasie gedoen, waarna die oord se krag op 31 Julie weer aangeskakel is.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-tydlyn-van-die-dispuut\" class=\"wp-block-heading\">Tydlyn van die dispuut<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>2015: Dispuut ontstaan oor Tshwane se elektrisiteitsrekening en meter\u00adlesings.<\/li>\n\n\n\n<li>September 2022: Vorige direkteur gee opdrag dat geen elektrisiteitsbeta\u00adlings aan Tshwane gemaak word totdat die dispuut opgelos is nie.<\/li>\n\n\n\n<li>Maart 2026: Stad Tshwane herprogrammeer die elektrisiteitsmeters.<\/li>\n\n\n\n<li>8 Junie 2026: Kragtoevoer word afgesny. Water is volgens die sentrum steeds maandeliks betaal.<\/li>\n\n\n\n<li>9 Junie: Vergadering met Tshwane-\u00admetroraad. Die metro eis R480\u2009000 om die krag weer aan te skakel.<\/li>\n\n\n\n<li>Middel van Junie: Die sentrum samel ongeveer R400\u2009000 in.<\/li>\n\n\n\n<li>26 Junie: Tshwane bied twee beta\u00adlingsopsies aan, maar die sentrum kan nie aan een voldoen nie.<\/li>\n\n\n\n<li>21 Julie: Enkele sonkraginstallasies word gedoen as noodmaatre\u00ebl terwyl die dispuut voortduur.<\/li>\n\n\n\n<li>31 Julie: N\u00e1 navrae deur <em>Die Papier<\/em> en verdere inmenging word die oord se krag weer aangeskakel.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir 54 dae moes sowat 58 bejaardes en gestremde inwoners van die Kwaggaspoort Reddingsdaad-sentrum in Danville, Pretoria, sonder elektrisiteit leef nadat die Tshwane-metroraad die krag op 8 Junie afgesny het. Agter die donker kamers, koue storte en klere wat met die hand gewas moet word, het \u2019n jarelange dispuut oor munisipale rekeninge, miljoene rande se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":328347,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Kaylie Joubert","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16599,17818,15885,16104,15603,15577],"class_list":["post-328343","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-dienslewering","tag-disbuut","tag-elektrisiteit","tag-munisipaliteit","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vir 54 dae moes sowat 58 bejaardes en gestremde inwoners van die Kwaggaspoort Reddingsdaad-sentrum in Danville, Pretoria, sonder elektrisiteit leef nadat die Tshwane-metroraad die krag op 8 Junie afgesny het. Agter die donker kamers, koue storte en klere wat met die hand gewas moet word, het \u2019n jarelange dispuut oor munisipale rekeninge, miljoene rande se [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-08T09:30:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1434\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Kaylie Joubert\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag\",\"datePublished\":\"2026-08-08T09:30:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/\"},\"wordCount\":716,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg\",\"keywords\":[\"Dienslewering\",\"Disbuut\",\"Elektrisiteit\",\"Munisipaliteit\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/\",\"name\":\"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-08T09:30:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1434,\"caption\":\"Die munisipaliteit het op 8 Junie die oord se krag afgesit. Die krag is weer op 31 Julie aangesit. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag","og_description":"Vir 54 dae moes sowat 58 bejaardes en gestremde inwoners van die Kwaggaspoort Reddingsdaad-sentrum in Danville, Pretoria, sonder elektrisiteit leef nadat die Tshwane-metroraad die krag op 8 Junie afgesny het. Agter die donker kamers, koue storte en klere wat met die hand gewas moet word, het \u2019n jarelange dispuut oor munisipale rekeninge, miljoene rande se [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-08T09:30:00+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1434,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Kaylie Joubert","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag","datePublished":"2026-08-08T09:30:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/"},"wordCount":716,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg","keywords":["Dienslewering","Disbuut","Elektrisiteit","Munisipaliteit","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/","name":"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg","datePublished":"2026-08-08T09:30:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Munisipaliteit-sit-krag-af.jpg","width":2560,"height":1434,"caption":"Die munisipaliteit het op 8 Junie die oord se krag afgesit. Die krag is weer op 31 Julie aangesit. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Dispuut laat kwesbares in Danville vir 54 dae sonder krag"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dispuut-laat-kwesbares-in-danville-vir-54-dae-sonder-krag\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/328343","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=328343"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/328343\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":328349,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/328343\/revisions\/328349"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/328347"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=328343"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=328343"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=328343"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}