{"id":327979,"date":"2026-08-12T09:13:07","date_gmt":"2026-08-12T07:13:07","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=327979"},"modified":"2026-08-12T09:13:09","modified_gmt":"2026-08-12T07:13:09","slug":"oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/","title":{"rendered":"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skokverslag van die Air Quality Index (IQAir), waaroor <em>Die Papier <\/em>verlede week verslag gedoen het, wys dat Suid-Afrikaners lank reeds, sonder enige taal of tyding, al hoe erger besoedelde en spesifiek giftige lug op onaanvaarbare vlakke inasem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandeesweek berig ons dat inwoners van Vanderbijlpark nie eens daarvan bewus was nie dat op sommige dae onlangs dit ongesond was om buite te oefen, of die huis sonder \u2019n masker te verlaat. Alle vensters en deure moes eintlik toe gewees het.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar hoe moes hulle weet? Met korrupte en gekaapte owerhede op alle vlakke sou dit nie gebeur nie. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is immers hulle wat telkens wegskram van die toepassing van beheervlakke oor nywerheidsbesoedeling. Daar is filters beskikbaar om uitlaatstowwe grootliks te suiwer, maar op aandrang van die betrokke nywerhede word die toepassing van die regulasie telkens uitgestel. In ons huidige situasie van regering-sonder-inbors sal \u2019n mens nie kwalik geneem kan word om te wonder hoe daardie oorre\u00adding plaasvind nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fabriekesebesoedelin_95908-768x1024.jpg\" alt=\"Fabrieke in Vanderbijlpark is een van die oorsake van erge lugbesoedeling.\" class=\"wp-image-328045\" style=\"width:634px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fabriekesebesoedelin_95908-768x1024.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fabriekesebesoedelin_95908-225x300.jpg 225w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fabriekesebesoedelin_95908-1152x1536.jpg 1152w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/Fabriekesebesoedelin_95908.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Fabrieke in Vanderbijlpark is een van die oorsake van erge lugbesoedeling.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Adv. Francois Botes SC slaan die spyker op die kop wanneer hy verklaar: \u201cDie groot nywerhede het in \u2019n mate arrogant geraak wat lugbesoedeling betref.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gelukkig het die howe reeds beslis dat die staat aanspreeklik gehou kan word. Dit wanneer hy versuim om die grondwetlike reg te handhaaf van \u2019n omgewing wat nie skadelik vir mense se gesondheid of welsyn is nie. Die toename in ernstige sinusitis, longsiektes, kanker en selfs verwante sterftes in van die gebiede skep \u2019n basis en noodsaak vir optrede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrikaners sal die situasie\u00ad in eie hand moet neem. Hulle gaan vinnig op hoogte moet kom van wat die lugsituasie in hul direkte omgewing is en daarvolgens begin om ongekende druk toe te pas. Laat Vanderbijlpark se skole byvoorbeeld sport toe op dae wat buitenshuise oefening as gevaarlik aangedui word?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Owerhede op alle vlakke moet aangemaan word. Die oortredende nywerhede moet uitgewys, gelys en in die openbaar genoem word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Politieke partye en kandidate wat nou vir die plaaslike verkiesing staan moet vir standpunte hieroor gedruk word. Hulle moet hul aksieplanne kan wys.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gemeenskappe sal klasaksies moet begin oorweeg en selfs indi\u00advidue kan \u2019n strafregtelike klag indien. Doen dit. Bewyslas is \u2019n groot kwessie, maar al hoe meer data is beskikbaar en kan met behulp van die nodige kenners versamel word. Indien die staat magte het om filters af te dwing, sal data ook by die owerhede en selfs die oortredende nywerhede beskikbaar wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Eenvoudige eerste stap is om instansies soos IQAir se webwerf by <a href=\"https:\/\/www.iqair.com\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">iqair.com<\/a> gereeld te besoek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Enige stad of dorp se luggehalte kan daar gemonitor word. \u2019n Gratis toepassing IQAir AirVisual kan ook daar afgelaai word. Die giftige lug wat veral inwo\u00adners van brandpuntprovinsies soos Mpumalanga, Gauteng, die Vrystaat en Noordwes moet inasem, is onaanvaarbaar. Dit geld ook vir nywerheidskonsentrasies in ander skoner provinsies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie gaan nie oor die kwessie dat ontwikkeling ook nodig is nie. Dit gaan oor winsgierigheid waardeur lug vergiftig word. Indien owerhede net bestaande regulasies sonder vertraging toepas, sal dit reeds beter gaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die skokverslag van die Air Quality Index (IQAir), waaroor Die Papier verlede week verslag gedoen het, wys dat Suid-Afrikaners lank reeds, sonder enige taal of tyding, al hoe erger besoedelde en spesifiek giftige lug op onaanvaarbare vlakke inasem. Vandeesweek berig ons dat inwoners van Vanderbijlpark nie eens daarvan bewus was nie dat op sommige dae [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":327949,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Barnard Beukman","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[15459],"tags":[15568,17719,16756,15577],"class_list":["post-327979","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dink","tag-dink","tag-lugbesoedeling","tag-oogpunt","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die skokverslag van die Air Quality Index (IQAir), waaroor Die Papier verlede week verslag gedoen het, wys dat Suid-Afrikaners lank reeds, sonder enige taal of tyding, al hoe erger besoedelde en spesifiek giftige lug op onaanvaarbare vlakke inasem. Vandeesweek berig ons dat inwoners van Vanderbijlpark nie eens daarvan bewus was nie dat op sommige dae [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-08-12T07:13:07+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-08-12T07:13:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"3182\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Barnard Beukman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap\",\"datePublished\":\"2026-08-12T07:13:07+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-12T07:13:09+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/\"},\"wordCount\":512,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg\",\"keywords\":[\"dink\",\"Lugbesoedeling\",\"Oogpunt\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Dink\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/\",\"name\":\"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg\",\"datePublished\":\"2026-08-12T07:13:07+00:00\",\"dateModified\":\"2026-08-12T07:13:09+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/08\\\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg\",\"width\":2560,\"height\":3182,\"caption\":\"Een van Vanderbijlpark se fabrieke kan skaars gesien word as gevolg van die besoedeling.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dink\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dink\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap","og_description":"Die skokverslag van die Air Quality Index (IQAir), waaroor Die Papier verlede week verslag gedoen het, wys dat Suid-Afrikaners lank reeds, sonder enige taal of tyding, al hoe erger besoedelde en spesifiek giftige lug op onaanvaarbare vlakke inasem. Vandeesweek berig ons dat inwoners van Vanderbijlpark nie eens daarvan bewus was nie dat op sommige dae [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-08-12T07:13:07+00:00","article_modified_time":"2026-08-12T07:13:09+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":3182,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Barnard Beukman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap","datePublished":"2026-08-12T07:13:07+00:00","dateModified":"2026-08-12T07:13:09+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/"},"wordCount":512,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg","keywords":["dink","Lugbesoedeling","Oogpunt","Top"],"articleSection":["Dink"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/","name":"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg","datePublished":"2026-08-12T07:13:07+00:00","dateModified":"2026-08-12T07:13:09+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/08\/VanderbijlparkBesoed_95981-2.jpg","width":2560,"height":3182,"caption":"Een van Vanderbijlpark se fabrieke kan skaars gesien word as gevolg van die besoedeling."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dink","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dink\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oogpunt: Ons luggehalte ook gekaap"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oogpunt-ons-luggehalte-ook-gekaap\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327979","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=327979"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327979\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":328996,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327979\/revisions\/328996"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/327949"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=327979"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=327979"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=327979"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}