{"id":327282,"date":"2026-07-31T15:44:11","date_gmt":"2026-07-31T13:44:11","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=327282"},"modified":"2026-07-31T15:44:13","modified_gmt":"2026-07-31T13:44:13","slug":"wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/","title":{"rendered":"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika het Vrydag, 31 Julie, op W\u00eareldwildbewaarderdag hulde gebring aan veldwagters wat daagliks hul lewens waag om die land se natuur-erfenis te beskerm, en di\u00e9 onthou wat nooit van patrollie teruggekeer het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nasionale herdenking is vanjaar by die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap gehou, waar David Maynier, minister van bosbou, visserye en die omgewing, beklemtoon het dat veldwagters veel meer as anti-stroperybeamptes is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar se herdenking dra besondere betekenis omdat dit die 20ste bestaansjaar van W\u00eareldwildbewaarderdag is, wat deur die Internasionale Veldwagterfederasie ingestel is om veldwagters w\u00eareldwyd te vereer.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.10.19-768x1024.jpeg\" alt=\"David Maynier, minister van bosbou, visserye en die omgewing.\" class=\"wp-image-327285\" style=\"width:623px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.10.19-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.10.19-225x300.jpeg 225w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.10.19-600x800.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.10.19.jpeg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">David Maynier, minister van bosbou, visserye en die omgewing. Foto: Kaylie Joubert.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens di\u00e9 federasie het 78 veldwagters w\u00eareldwyd die afgelope jaar in die uitvoering van hul pligte gesterf. In Suid-Afrika is vyf veldwagters vereer wat vanaf die vorige W\u00eareldwildbewaarderdag oorlede is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle is:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Schoeman van Jaarsveld, wat tydens \u2019n renoster-verwante voorval gesterf het;<\/li>\n\n\n\n<li>Zithulele Gqozo, aan \u2019n siekte;<\/li>\n\n\n\n<li>Thabani Elias, aan natuurlike oorsake;<\/li>\n\n\n\n<li>Tshegofatso Tsontswane, aan natuurlike oorsake; en<\/li>\n\n\n\n<li>Justin Badis van Suid-Soedan, wat deur onwettige veeboere gesterf het.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Benewens die sterftes het Sanparke tussen Januarie en Junie vanjaar 23 beserings aan diens-gevalle onder sy veldwagters aangeteken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dag is met \u2019n veldwagterseed, \u2019n herinneringsrol, \u2019n oomblik van stilte en die aansteek van kerse herdenk om gevalle veldwagters en hul families te eer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maynier het ges\u00ea die woorde uit die Veldwagterseed het hom besonder getref:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk sal aan die w\u00eareld wys dat ek, as \u2019n veldwagter, \u2019n sorgvuldig gekose, gedissiplineerde en goed opgeleide soldaat vir natuurbewaring is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het ges\u00ea di\u00e9 beskrywing is gepas. \u201cOns is in \u2019n stryd gewikkel om ons omgewingsbates te beskerm, en veldwagters is ons soldate wat ons natuurlike erfenis verdedig.\u201d Hy voeg by: \u201cDie belangrikste, soos die gedig <em>A Ranger\u2019s Call<\/em> dit stel: \u2018Om ons kinders se toekoms, ons land, ons grond en ons tuiste te beskerm.\u2019 Dit is noodsaaklike verdedigingswerk wat groot risiko\u2019s inhou, en dit is duidelik dat veldwagters hierdie verantwoordelikheid ernstig opneem.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.35-768x1024.jpeg\" alt=\"Vanjaar het Sanparke se verrigtinge by die Augrabies-waterval Nasionale Park plaasgevind.\" class=\"wp-image-327284\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.35-768x1024.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.35-225x300.jpeg 225w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.35-600x800.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.35.jpeg 960w\" sizes=\"auto, (max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Vanjaar het Sanparke se verrigtinge by die Augrabies-waterval Nasionale Park plaasgevind. Foto: Kaylie Joubert.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-veel-meer-as-anti-stropery\" class=\"wp-block-heading\">Veel meer as anti-stropery<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die minister het ges\u00ea die moderne veldwagter se rol het ingrypend verander namate klimaatsverandering, biodiversiteitsverlies, omgewingsmisdaad en toenemende druk op natuurlike hulpbronne nuwe uitdagings skep.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c \u2019n Veldwagter is dikwels eerste op die toneel. \u2019n Veldwagter is \u2019n onderwyser. \u2019n Veldwagter is \u2019n vennoot van gemeenskappe. En toenemend dien \u2019n veldwagter as \u2019n brug tussen mense en die natuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens hom is veldwagters dikwels die sigbaarste gesig van natuurbewaring en speel hulle \u2019n sleutelrol om vertroue tussen natuurbewaringsowerhede, besoekers en gemeenskappe te bou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het beklemtoon dat natuurbewaring se langtermynsukses daarvan afhang dat plaaslike gemeenskappe as vennote betrek word en ook voordeel uit bewaringsinisiatiewe trek.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"750\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sdaf-750x1024.jpeg\" alt=\"Maynier word verwelkom deur Peter \u2018Mushavhi\u2019 Mbelengwa, hoof van kommunikasie van di\u00e9 departement, en Angela Isaks, streeksbestuurder van Sanparke en die Ariede-streek.\" class=\"wp-image-327286\" style=\"width:674px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sdaf-750x1024.jpeg 750w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sdaf-220x300.jpeg 220w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sdaf-768x1049.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sdaf-600x819.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sdaf.jpeg 1083w\" sizes=\"auto, (max-width: 750px) 100vw, 750px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Maynier word verwelkom deur Peter \u2018Mushavhi\u2019 Mbelengwa, hoof van kommunikasie van di\u00e9 departement, en Angela Isaks, streeksbestuurder van Sanparke en die Ariede-streek. Foto: Kaylie Joubert.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-meer-ondersteuning-nodig\" class=\"wp-block-heading\">Meer ondersteuning nodig<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maynier het ges\u00ea waardering vir veldwagters mag nie net by seremonies eindig nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns besef dat ondersteuning aan veldwagters nie beperk kan word tot seremoni\u00eble waardering nie. Dit moet weerspie\u00ebl word in aandag aan opleiding, professionele ontwikkeling, leierskapspaaie, operasionele gereedheid, veiligheid en welstand.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het ges\u00ea die fisieke, tegniese en sielkundige eise wat aan veldwagters gestel word, vereis dat die staat en bewaringsinstellings voortdurend die stelsels versterk wat hul werk ondersteun.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-boodskap-aan-jongmense\" class=\"wp-block-heading\">Boodskap aan jongmense<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maynier het jong Suid-Afrikaners aangemoedig om natuurbewaring as loopbaan te oorweeg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSuid-Afrika het \u2019n nuwe geslag veldwagters, wetenskaplikes, omgewingsbestuurders, opvoeders en gemeenskapsleiers nodig wat daartoe verbind is om ons natuurlike erfenis vir toekomstige geslagte te bestuur en te bewaar. Natuurbewaring is nie bloot \u2019n loopbaan nie. Dit is \u2019n vorm van openbare diens en rentmeesterskap wat beide mense en die natuur dien.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het die veldwagters bedank vir hul \u201cprofessionaliteit, veerkragtigheid en toewyding aan openbare diens\u201d en ges\u00ea hul werk is nie altyd vir die publiek sigbaar nie, maar die impak daarvan word elke dag gevoel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Aan die einde van sy toespraak het Maynier \u2019n laaste huldeblyk aan die beroep gebring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns mag nooit di\u00e9 vergeet wat in die uitvoering van hul pligte geval het nie. Ons moet aanhou om di\u00e9 te ondersteun wat vandag dien. Ons moet di\u00e9 inspireer wat hierdie verantwoordelikheid in die toekoms sal oorneem.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika het Vrydag, 31 Julie, op W\u00eareldwildbewaarderdag hulde gebring aan veldwagters wat daagliks hul lewens waag om die land se natuur-erfenis te beskerm, en di\u00e9 onthou wat nooit van patrollie teruggekeer het nie. Die nasionale herdenking is vanjaar by die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap gehou, waar David Maynier, minister van bosbou, visserye en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":327283,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Kaylie Joubert","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17739,17740,15603,17737,15577,17738],"class_list":["post-327282","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-augrabies","tag-nasionale-park","tag-nuus","tag-sanparke","tag-top","tag-wereldwildbewaarderdag"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Suid-Afrika het Vrydag, 31 Julie, op W\u00eareldwildbewaarderdag hulde gebring aan veldwagters wat daagliks hul lewens waag om die land se natuur-erfenis te beskerm, en di\u00e9 onthou wat nooit van patrollie teruggekeer het nie. Die nasionale herdenking is vanjaar by die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap gehou, waar David Maynier, minister van bosbou, visserye en [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-31T13:44:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-31T13:44:13+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"960\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Kaylie Joubert\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor\",\"datePublished\":\"2026-07-31T13:44:11+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-31T13:44:13+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/\"},\"wordCount\":713,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg\",\"keywords\":[\"Augrabies\",\"Nasionale park\",\"Nuus\",\"Sanparke\",\"Top\",\"W\u00eareldwildbewaarderdag\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/\",\"name\":\"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-07-31T13:44:11+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-31T13:44:13+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg\",\"width\":960,\"height\":1280,\"caption\":\"W\u00eareldwildbewaarderdag word elke jaar op 31 Julie gevier. Foto: Kaylie Joubert.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor","og_description":"Suid-Afrika het Vrydag, 31 Julie, op W\u00eareldwildbewaarderdag hulde gebring aan veldwagters wat daagliks hul lewens waag om die land se natuur-erfenis te beskerm, en di\u00e9 onthou wat nooit van patrollie teruggekeer het nie. Die nasionale herdenking is vanjaar by die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap gehou, waar David Maynier, minister van bosbou, visserye en [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-31T13:44:11+00:00","article_modified_time":"2026-07-31T13:44:13+00:00","og_image":[{"width":960,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Kaylie Joubert","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor","datePublished":"2026-07-31T13:44:11+00:00","dateModified":"2026-07-31T13:44:13+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/"},"wordCount":713,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg","keywords":["Augrabies","Nasionale park","Nuus","Sanparke","Top","W\u00eareldwildbewaarderdag"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/","name":"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg","datePublished":"2026-07-31T13:44:11+00:00","dateModified":"2026-07-31T13:44:13+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/WhatsApp-Image-2026-07-31-at-15.11.36.jpeg","width":960,"height":1280,"caption":"W\u00eareldwildbewaarderdag word elke jaar op 31 Julie gevier. Foto: Kaylie Joubert."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"W\u00eareldwildbewaarderdag: Sanparke eer veldwagters wat hul lewens waag en verloor"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wereldwildbewaarderdag-sanparke-eer-veldwagters-wat-hul-lewens-waag-en-verloor\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327282","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=327282"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327282\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":327287,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327282\/revisions\/327287"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/327283"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=327282"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=327282"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=327282"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}