{"id":327160,"date":"2026-07-31T07:09:56","date_gmt":"2026-07-31T05:09:56","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=327160"},"modified":"2026-07-31T07:11:45","modified_gmt":"2026-07-31T05:11:45","slug":"oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/","title":{"rendered":"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Springbokke se dryfmaal gaan \u2019n belangrike bousteen in die komende Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bokke hou daarvan om die druk op \u2019n teenstander stelselmatig op te bou en daarom het hulle \u2019n betroubare \u00admanier nodig om daardie druk in punte om te skep.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die belangrikheid van die dryfmaal strek egter veel verder as drie\u00eb alleen. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Bokke het in hul drie toetse in Julie se Nasieskampioenskap \u2019n toernooi-beste 20 drie\u00eb gedruk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Net twee daarvan het regstreeks uit dryfmaalbewegings gekom: Malcolm Marx teen Engeland en Paul de Villiers teen Wallis. \n<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Paul de Villiers was simply outstanding during the first three rounds of the <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/NationsChampionship?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#NationsChampionship<\/a> in that 6\u20e3 jersey \ud83d\udcaa\ud83c\uddff\ud83c\udde6<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/SSRugby?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#SSRugby<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/xInwJQL5l3\">pic.twitter.com\/xInwJQL5l3<\/a><\/p>&mdash; SuperSport Rugby (@SSRugby) <a href=\"https:\/\/x.com\/SSRugby\/status\/2079325481191780352?ref_src=twsrc%5Etfw\">July 20, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nieu-Seeland het 18 drie\u00eb gedruk en, volgens die streng gesproke, is nie een daarvan deur die dryfmaal self oor die doellyn gedra nie. Dit doen egter geensins afbreuk aan die waarde van die dryfmaal nie, want dit gaan oor veel meer as net \u2019n haker wat met die bal oor die doellyn val.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In baie opsigte is die dry\u00adf\u00admaal die laaste stukkie van die legkaart wat die Springbokke se aanval sy volle trefkrag gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die waarde van die dryf\u00admaal l\u00ea egter nie net daarin om self drie\u00eb op te lewer nie. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soms is die doel om die verdediging s\u00f3 onder druk te plaas dat hulle strafskoppe afstaan. Hoewel \u2019n ho\u00eb strafskoptelling dikwels aan swak dissipline toegeskryf word, is dit dikwels bloot \u2019n teken van \u2019n span wat geweldig onder druk verkeer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Harde, direkte spel, foutlose skoonmaakwerk by die afbreekpunte, kort lopies en \u2019n kort aangee by die losgemaal werk alles saam om \u2019n maalkolk van frustrasie te skep wat \u2019n span uiteindelik oor die lyn laat tree in \u2019n poging om \u00earens, enige plek, weer beheer te kry.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"NEW ZEALAND v SOUTH AFRICA | The Rugby Championship 2025 | Round 4\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/0_FKa6DAO1k?start=136&amp;feature=oembed&#038;enablejsapi=1&#038;origin=https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die opponerende voorspelers word gedwing om een uitmergelende besluit n\u00e1 die ander te neem. Moet hulle die aanval lees? Vir die bal kompeteer? Terugval in die verdedigingslyn? Twee-twee saam lak? Die bal vertraag? Uitswaai? Dit alles terwyl hulle onverbiddelik agteruit gedwing word en letterlik en figuurlik houe vat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nieu-Seeland het dit teen Frankryk bewys toe Codie Taylor uit \u2019n dryfmaal weggebreek het, kort voor die doellyn gestuit is en Cam Roigard die bal opgeraap het om te gaan druk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen Ierland het die All Blacks voordeel gekry nadat hul dryfmaal onwettig ingesak is, die spel voortgesit is en Asafo Aumua uiteindelik die drie gaan druk het.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe \u2019n mens ook al daarna kyk \u2013 \u2019n doeltreffende dryf\u00admaalbeweging bly die hoeksteen van enige span se aanval in die rooisone.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar jou lynstaan moet natuurlik werk. Die Springbokke kan nie \u2019n aanvallende plan rondom druk bou as hulle nie hul eie ingooie kan wen nie. Hulle het 16 van hul 18 lynstane teen Engeland gewen, asook al vyf hul aangetekende dryfmaalbewegings. Skotland het vroeg in die tweede toets \u2019n skewe ingooi onderskep wat die Bokke duur momentum gekos het. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen Wallis het die Bokke al 20 hul lynstane gewen, en Rassie het n\u00e1 die wedstryd spesifiek di\u00e9 foutlose vertoning geloof.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">See you soon South Africa \ud83c\uddff\ud83c\udde6\ud83d\udeeb <a href=\"https:\/\/t.co\/v8x3YQ0iHK\">pic.twitter.com\/v8x3YQ0iHK<\/a><\/p>&mdash; All Blacks (@AllBlacks) <a href=\"https:\/\/x.com\/AllBlacks\/status\/2082314888244805648?ref_src=twsrc%5Etfw\">July 29, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen Nieu-Seeland kan een enkele verlore lynstaan binne die teenstanders se 22-metergebied \u2019n hele tydperk van volgehoue druk uitwis. En dit is nie genoeg om bloot die bal te wen nie. Die gehalte van die vang, die spoed van die oordrag en die samewerking tussen die man in die lug, sy steunpilare en eerste voorspelers wat aansluit, bepaal of jou dryfmaal van die begin af momentum het, en of jy kosbare sekondes spandeer om eers die swakplekke in jou dryfmaal reg te stel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is ook ander voordele. Sonder \u2019n oortuigende lynstaan en dryfmaal verloor die hele aanvallende spel sy waarde. Die verdediging sal jou fasespel baie aggressiewer benader as hulle nie bang is om \u2019n strafskop in hul eie helfte af te staan nie. Maar met \u2019n dominante dryfmaal wat wag, dra elke moontlike oortreding by die afbreekpunt die smakie van \u2019n moontlike drie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit plaas die verdediging in \u2019n taktiese strik. As Nieu-Seeland swaar by die afbreekpunt kompeteer, waag hulle strafskoppe. As hulle ophou kompeteer en hul verdedigingslyn versterk, kan die Bokke die bal vinnig herwin en reguit deur die middel storm. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As die All Blacks nader trek om daardie direkte stormlopies te keer, kan Suid-Afrika die bal wyd versprei. Die dreigement van strafskoppe, ondersteun deur \u2019n gevaarlike dryfmaal, kan die verdediging dus net daardie bietjie meer huiwerig maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons het reeds \u2019n groot leidraad oor wat in die Nieu-Seelandse reeks gaan kom, want Rassie het dit self aangedui. Hy het W\u00eareldrugby versoek om op te tree teen verdedigers wat om die kant van die dryfmaal beweeg en dit skeeftrek. W\u00eareldrugby het daarna \u2019n nuwe riglyn vir die toepassing van die re\u00ebls ingestel wat sedert 1 Junie 2026 geld. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Is dit nie net pragtige tydsberekening om \u2019n nuwe re\u00ebl oor dryfmaalbewegings net voor s\u00f3 \u2019n groot reeks te h\u00ea nie? Ek dink beslis so.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-x wp-block-embed-x\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">All aboard the Malcolm Marx express! \ud83d\ude82\ud83d\udca8\ud83d\udca8<a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/RSAvARG?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#RSAvARG<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/StrongerTogether?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#StrongerTogether<\/a> <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/StrongerForever?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#StrongerForever<\/a>  <a href=\"https:\/\/x.com\/hashtag\/CastleRugbyChampionship?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#CastleRugbyChampionship<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/joVPgcPOTK\">pic.twitter.com\/joVPgcPOTK<\/a><\/p>&mdash; Springboks (@Springboks) <a href=\"https:\/\/x.com\/Springboks\/status\/1572601810107482116?ref_src=twsrc%5Etfw\">September 21, 2022<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.x.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dryfmaal is nou \u2019n veel groter gevaar, wat die verdediging voor moeiliker besluite plaas. Kompeteer jy vir die ingooi? Wag jy en probeer die man wat die bal vang onmiddellik n\u00e1 hy land plattrek? Probeer jy die dryfmaal dadelik laat ineenstort? Of maak jy gereed om die eerste hou te absorbeer? Hierdie vrae dra nou baie meer gewig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die vroe\u00eb tekens wys reeds dat die verduideliking \u2019n verskil maak. Die openingsronde van die Nasieskampioenskap het 54 drie\u00eb oor ses wedstryde opgelewer. Volgens Rassie is meer dryfmaaldrie\u00eb daardie een naweek gedruk as gedurende die hele Sesnasiesreeks van 2026. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n sterk aanduiding dat beter toepassing van die re\u00ebls rondom dryfmaalbewegings die uitkoms van aanvalle verander. Dit verduidelik ook waarom die aantal drie\u00eb wat direk uit dryfmaalbewegings kom, net \u2019n deel van die storie vertel. Omdat verdedigers nie meer die dryfmaal onwettig kan skeeftrek nie, moet hulle terugval, reguit bly, meer spelers inspan en baie harder werk om dit te stuit. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daardie voorspelers is vasgevang, moeg en stadiger om weer te organiseer wanneer die bal loskom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is nog \u2019n taktiese implikasie wat \u2018die moeite werd is om raak te sien\u2019n mens in ag moet neem. As die Bokke van plan is om hul fasespel soms te gebruik om strafskoppe af te dwing en hul dryfmaal in spel te bring \u2013 en ek dink hulle gaan \u2013 beteken dit dat hulle veel meer is as net die onophoudelike skopspan waarvoor hulle uitgekryt word. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al die aandag is op Nieu-Seeland as die \u201cbesitspan\u201d en Suid-Afrika as die \u201cskopspan\u201d, maar dit is duidelik nie die volle prentjie nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wees gewaarsku as jy dink die Bokke gaan nie die bal in besit hou wanneer hulle besluit om dit te doen nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika het gewys dat hulle \u2019n span geword het wat op elke deel van die veld gevaarlik is, al bly hulle pragmaties. Hulle sal skop om chaos te skep, hardloop wanneer die geleentheid daar is, en met volgehoue slaankrag die skeidsregter se fluitjie laat praat as jy nie foutlose dissipline by die afbreekpunte handhaaf nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die dryfmaal kom.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Springbokke se dryfmaal gaan \u2019n belangrike bousteen in die komende Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland wees. Die Bokke hou daarvan om die druk op \u2019n teenstander stelselmatig op te bou en daarom het hulle \u2019n betroubare \u00admanier nodig om daardie druk in punte om te skep. Die belangrikheid van die dryfmaal strek egter veel verder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":312542,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Oom Rugby","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[15970,17631,15746,15936,15591,15819],"class_list":["post-327160","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-all-blacks","tag-greatest-rivalry-toer","tag-nieu-seeland","tag-oom-rugby","tag-sport","tag-springbokke"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Springbokke se dryfmaal gaan \u2019n belangrike bousteen in die komende Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland wees. Die Bokke hou daarvan om die druk op \u2019n teenstander stelselmatig op te bou en daarom het hulle \u2019n betroubare \u00admanier nodig om daardie druk in punte om te skep. Die belangrikheid van die dryfmaal strek egter veel verder [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-31T05:09:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-31T05:11:45+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Oom Rugby\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink\",\"datePublished\":\"2026-07-31T05:09:56+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-31T05:11:45+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/\"},\"wordCount\":1164,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"keywords\":[\"All Blacks\",\"Greatest Rivalry-toer\",\"nieu-seeland\",\"Oom Rugby\",\"Sport\",\"Springbokke\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/\",\"name\":\"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-31T05:09:56+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-31T05:11:45+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"width\":1280,\"height\":640,\"caption\":\"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/0_FKa6DAO1k\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"581\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-07-31T05:09:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink","og_description":"Die Springbokke se dryfmaal gaan \u2019n belangrike bousteen in die komende Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland wees. Die Bokke hou daarvan om die druk op \u2019n teenstander stelselmatig op te bou en daarom het hulle \u2019n betroubare \u00admanier nodig om daardie druk in punte om te skep. Die belangrikheid van die dryfmaal strek egter veel verder [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-31T05:09:56+00:00","article_modified_time":"2026-07-31T05:11:45+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":640,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Oom Rugby","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink","datePublished":"2026-07-31T05:09:56+00:00","dateModified":"2026-07-31T05:11:45+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/"},"wordCount":1164,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","keywords":["All Blacks","Greatest Rivalry-toer","nieu-seeland","Oom Rugby","Sport","Springbokke"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/","name":"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","datePublished":"2026-07-31T05:09:56+00:00","dateModified":"2026-07-31T05:11:45+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","width":1280,"height":640,"caption":"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oom Rugby: Bokke se dryfmaal kan All Blacks sink"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-bokke-se-dryfmaal-kan-all-blacks-sink\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/0_FKa6DAO1k","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"581","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-07-31T05:09:56+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327160","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=327160"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327160\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":327210,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/327160\/revisions\/327210"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312542"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=327160"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=327160"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=327160"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}