{"id":325762,"date":"2026-07-25T08:00:00","date_gmt":"2026-07-25T06:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=325762"},"modified":"2026-07-24T05:55:10","modified_gmt":"2026-07-24T03:55:10","slug":"reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/","title":{"rendered":"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die konstitusionele hof het vroe\u00ebr die maand beslis die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt in 2015 is onwettig. Dit is vir R135 miljoen aan \u2019n skool verkoop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis juis weens die Wes-Kaapse regering en Helen Zille wat weier om bekostigbare, ge\u00efntegreerde behuising in die stad te vestig, wat Brett Herron, sekretaris van Good, asook Patricia de Lille in 2018 genoop het om die DA te verlaat, s\u00ea Herron.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Herron beweer die grond is verkoop om doelbewus die integrasie van behuising in die Wes-Kaap te keer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die hof het die Wes-Kaapse regering drie maande kans gegee om \u2019n verslag saam te stel wat uiteensit wat hul planne vir bekostigbare behuising in die stad is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Herron, destyds \u2019n burgemeesterslid vir vervoer en stedelike ontwikkeling in die Kaapstad-metro, beweer dat hy al in 2017 erwe in Kaapstad, Soutrivier en Woodstock vir bekostigbare behuising uitgewys het. Daarvan het dadels gekom, s\u00ea hy. Hul 2017-bouprojekte is gekanselleer, weer aangekondig en selfs bekendgestel. Daar was ook baie fotogeleenthede, maar boublokke op die grond was daar glad nie, s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWaar mense bly maak saak! Die feit is dat daar nog geen bekostigbare huise in die stad vanaf 2017 gelewer is nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Herron s\u00ea die Kaapse-metro se reaksie nadat hulle deur die konstitusionele hof oor die vingers getik is, het hom verbaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHulle wil nou voorgee of hulle onmiskenbare vordering gemaak het. Dis \u2019n klap in die hof se gesig, en hulle spoeg in die gesig van alle Kapenaars wat omgee oor gelykheid, geregtigheid en \u2019n volhoubare toekoms,\u201d het hy uitgevaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tertius Simmers, Wes-Kaapse LUR vir infrastruktuur, het aan\u00a0<em>Die Papier<\/em>\u00a0ges\u00ea hy het al in Mei Herron se vraag in die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer beantwoord toe hy wou weet hoeveel grond daar in Kaapstad beskikbaar is vir behuising en in watter stadium die ontwikkeling is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Simmers s\u00ea daar is vyf erwe waaraan hulle tans werk en dit sluit die Tafelberg-erf in. \u201cBaie van wat die hof verlang is ek reeds mee besig. Dit gaan die basis van die verslag wees. Ons gaan die verslag by die hooggeregshof indien. Wat die konstitusionele hof dalk versuim het, is die volhoubare finansiering van bekostigbare behuising.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNie net vir Seepunt nie, maar vir die res van die land. Ons het reeds baie werk op die grond gedoen.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-1024x683.jpg\" alt=\"Reclaim the City was verheug dat hul jarelange geveg tot \u2019n einde gekom het en hulle die saak teen die Wes-Kaapse regering gewen het.\" class=\"wp-image-325765\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-2048x1366.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/reclaim3-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Reclaim the City was verheug dat hul jarelange geveg tot \u2019n einde gekom het en hulle die saak teen die Wes-Kaapse regering gewen het. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die organisasies Reclaim the City, wat deur huishulpe gestig is, en Ndifuna Ukwazi het die Wes-Kaapse regering in 2017 hof toe gesleep. In 1990 is daardie grond uiteengesit vir behuising en huishulpe wat in Seepunt gewerk het, was bewus daarvan. Hulle het jare lank daarvoor baklei, bevestig Zachariah Mashele, mediabeampte vir Ndifuna Ukwazi.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Mashele het aan <em>Die Papier<\/em> vertel hoe beide organisasies destyds so ver gegaan het om een oggend vroeg voor Zille se amptelike woning in Leeuwenhof, Kaapstad, te gaan betoog. Hulle het selfs ook al ongenooid by \u2019n amptelike geselligheid opgedaag om haar te probeer oorreed om nie die grond te verkoop nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSy het na ons bekommernisse geluister, maar niks het verander nie. Aangesien sy nie vir ons wou luister nie en ges\u00ea het sy gaan voort met die verkoop van die grond, het ons besluit ons gaan ook hof toe.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Zille het aan\u00a0<em>Die Papier<\/em>\u00a0ges\u00ea sy steeds staan by wat sy in \u2019n brief in 2017 aan \u2019n inwoner ges\u00ea het oor die behuising\u00ads\u00adkwessie in Kaapstad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Uittreksel uit die brief lui: \u201cSoos jy bewus is, wil meer en meer mense in Kaapstad woon. Hulle kom hierheen van alle dele van die land en buite\u00adkant. Baie kan bekostig om huise te koop en hul belastingseiendom aan die Kaapstad-metro betaal. Baie ander is behoeftig en is afhanklik van die plaaslike en provinsiale regering om dienste te verskaf \u2013 van water, elektrisiteit tot gesondheid en onderwys.\u201d<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Dokument\u00ear word Dinsdag 28 Julie in die Labia-teater in Kaapstad uitgesaai asook by The Bioscope Independent Cinema in Johannesburg.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die konstitusionele hof het vroe\u00ebr die maand beslis die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt in 2015 is onwettig. Dit is vir R135 miljoen aan \u2019n skool verkoop. Dis juis weens die Wes-Kaapse regering en Helen Zille wat weier om bekostigbare, ge\u00efntegreerde behuising in die stad te vestig, wat Brett Herron, sekretaris van Good, asook [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":325766,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Bohemia Hoffmeester-Jumatt","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17433,15655,15717,17430,15603,17434,17431,17432,15577,17429],"class_list":["post-325762","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-brett-herron","tag-da","tag-helen-zille","tag-ndifuna-ukwazi","tag-nuus","tag-patricia-de-lille","tag-reclaim-the-city","tag-tertius-simmers","tag-top","tag-zachariah-mashele"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die konstitusionele hof het vroe\u00ebr die maand beslis die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt in 2015 is onwettig. Dit is vir R135 miljoen aan \u2019n skool verkoop. Dis juis weens die Wes-Kaapse regering en Helen Zille wat weier om bekostigbare, ge\u00efntegreerde behuising in die stad te vestig, wat Brett Herron, sekretaris van Good, asook [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-25T06:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sheila.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2731\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1820\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Bohemia Hoffmeester-Jumatt\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt\",\"datePublished\":\"2026-07-25T06:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/\"},\"wordCount\":671,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/sheila.jpg\",\"keywords\":[\"Brett Herron\",\"da\",\"helen zille\",\"Ndifuna Ukwazi\",\"Nuus\",\"Patricia de Lille\",\"Reclaim the City\",\"Tertius Simmers\",\"Top\",\"Zachariah Mashele\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/\",\"name\":\"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/sheila.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-25T06:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/sheila.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/sheila.jpg\",\"width\":2731,\"height\":1820,\"caption\":\"Sheila\u00a0 Madikane is die leier van Reclaim the City. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt","og_description":"Die konstitusionele hof het vroe\u00ebr die maand beslis die verkoop van die Tafelberg-skoolterrein in Seepunt in 2015 is onwettig. Dit is vir R135 miljoen aan \u2019n skool verkoop. Dis juis weens die Wes-Kaapse regering en Helen Zille wat weier om bekostigbare, ge\u00efntegreerde behuising in die stad te vestig, wat Brett Herron, sekretaris van Good, asook [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-25T06:00:00+00:00","og_image":[{"width":2731,"height":1820,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sheila.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Bohemia Hoffmeester-Jumatt","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt","datePublished":"2026-07-25T06:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/"},"wordCount":671,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sheila.jpg","keywords":["Brett Herron","da","helen zille","Ndifuna Ukwazi","Nuus","Patricia de Lille","Reclaim the City","Tertius Simmers","Top","Zachariah Mashele"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/","name":"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sheila.jpg","datePublished":"2026-07-25T06:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sheila.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/sheila.jpg","width":2731,"height":1820,"caption":"Sheila\u00a0 Madikane is die leier van Reclaim the City. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Reclaim the City vier konstitusionele hof se uitspraak oor skoolterrein in Seepunt"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/reclaim-the-city-vier-konstitusionele-hof-se-uitspraak-oor-skoolterrein-in-seepunt\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325762","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=325762"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325762\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":326045,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325762\/revisions\/326045"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/325766"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=325762"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=325762"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=325762"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}