{"id":325624,"date":"2026-07-22T12:30:00","date_gmt":"2026-07-22T10:30:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=325624"},"modified":"2026-07-22T12:14:29","modified_gmt":"2026-07-22T10:14:29","slug":"talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/","title":{"rendered":"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl \u2019n Casablanca-ma rou oor haar vyfjarige seun wat op Sondag, 12 Julie, verdrink het, eis die gemeenskap antwoorde oor veiligheidstekortkomings by die Rusthof-begraafplaas-uitbreiding.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Strand-polisie het aanvanklik \u2019n geregtelike doodsondersoek geopen, maar \u2019n woordvoerder bevestig dat die ondersoek nou as \u2019n moordsaak voortgaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit kom nadat \u2019n verdagte van Strand in verband met die verdrinking in hegtenis geneem is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Avril Peters is in diep rou gedompel nadat haar seuntjie in \u2019n poel water verdrink het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die poel het ontstaan in uitgrawings op \u2019n ontwikkelingsterrein agter Bridgotte-straat n\u00e1 swaar re\u00ebnval.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"674\" height=\"674\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited.jpg\" alt=\"Brendyn Alloys spreek die gemeenskap toe by die Rusthof-begrafplaas-uitbreiding.\" class=\"wp-image-325625\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited.jpg 674w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited-300x300.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited-150x150.jpg 150w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited-120x120.jpg 120w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited-600x600.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1105_94938-edited-100x100.jpg 100w\" sizes=\"auto, (max-width: 674px) 100vw, 674px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Brendyn Alloys spreek die gemeenskap toe by die Rusthof-begrafplaas-uitbreiding. Foto: Barend Williams.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Peters verduidelik dat haar seun die middag van die voorval buite hul huis in Nadia-straat gespeel het. \u201cEk het vir sy pa ges\u00ea: \u2018Jong, die kind bly nou te lank weg\u2019,\u201d vertel Peters.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy pa het hom by die parkie gaan soek. \u2019n Buurman het hom toe aanbeveel om by die ontwikkelingsterrein te gaan soek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis toe dat sy pa die blou jas wat hy aangehad het, uit die water sien steek,\u201d s\u00ea Peters. \u201cMy man het hom toe uit die water gaan haal.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die seun is op die toneel deur nooddienste dood verklaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl die polisieondersoek voortduur, worstel die gemeenskap met onbeantwoorde vrae oor hoe die seun toegang tot die terrein kon kry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Gemeenskapsleier, Brent Louis, het die tragedie op die dag van die voorval op sosiale media aangekondig, wat skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"575\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988-1024x575.jpg\" alt=\"Gemeenskapsleiers bespreek veiligheidstekortkominge by die Rusthof-begrafplaas-uitbreiding waar \u2019n seun Sondag, 12 Julie, verdrink het.\" class=\"wp-image-325628\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988-1024x575.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988-300x169.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988-768x431.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988-640x360.jpg 640w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988-600x337.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1082_94988.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Gemeenskapsleiers bespreek veiligheidstekortkominge by die Rusthof-begrafplaas-uitbreiding waar \u2019n seun Sondag, 12 Julie, verdrink het. Foto: Barend Williams.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op Dinsdag, 14 Julie, het ander gemeenskapsleiers \u2019n vergadering by die ontwikkelingsterrein gehou, waar hulle ernstige vrae oor die veiligheid van die terrein geopper het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle het spesifiek na die gebreekte palisadeheining verwys, wat volgens hulle kinders toegang tot die terrein gegee het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHoe kan jy net veiligheidstou daar sit om kinders te keer?\u201d vra die gemeenskapsleier Fransina Lukas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Brendyn Alloys en Ronald Hendricks het ook die skare toegespreek en beklemtoon dat die kontrakteur van die ontwikkelingsterrein verantwoording moet doen oor die gebrek aan behoorlike veiligheidsmaatre\u00ebls.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeenskap het belowe om alle werk by die terrein te stuit totdat \u2019n vergadering tussen die betrokke gemeenskapslede en die kontrakteur gere\u00ebl word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMoet nooit lojaal bly aan \u2019n maatskappy wat van jou en die gemeenskap neem en net krummels teruggee nie,\u201d s\u00ea Lukas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is ook ge\u00ebis dat die \u00adWyk-100-raadslid Sean Stacey en gemeenskapskakelbeampte (CLO) Evolino Simons verantwoordelik gehou moet word, omdat hulle glo nie die veiligheidstekortkominge voor die tragedie aangepak het nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"674\" height=\"674\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1.jpg\" alt=\"Iris Julies spreek haar ontevredeheid uit oor die gebrek aan veiligheidsmaatre\u00ebls by die terrein.\" class=\"wp-image-325630\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1.jpg 674w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1-300x300.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1-150x150.jpg 150w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1-120x120.jpg 120w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1-600x600.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1089_94976-e1784631490503-edited-1-100x100.jpg 100w\" sizes=\"auto, (max-width: 674px) 100vw, 674px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Iris Julies spreek haar ontevredeheid uit oor die gebrek aan veiligheidsmaatre\u00ebls by die terrein. Foto: Barend Williams.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gemeenskap beskuldig Simons verder daarvan dat sy die CLO was terwyl sy \u2019n proporsionele-verteenwoordigings-raadslid vir die subraad 18 is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Simons verwerp die bewerings en s\u00ea sy het in Desember 2025 as CLO bedank voordat sy as PR-raadslid ingesweer is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy verduidelik dat die CLO-rol kommunikasie inhou, nie veiligheidsbestuur nie \u2013 dit is die kontrakteur se verantwoordelikheid. Sy het haar meegevoel met die familie uitgespreek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Stacey het verlede Maandagaand, 13 Julie, die seun se familie besoek om sy meegevoel te betuig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea hy is nie bewus van enige gemeenskapslede wat van hom verantwoording eis nie, en dat geen inwoners voor die voorval veiligheidsbekommernisse by hom gerapporteer het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSover ek weet, is dit \u2019n moordondersoek, en die familie het nie die skuld op die kontrakteur, die Stad Kaapstad of op my gepak nie,\u201d s\u00ea Stacey.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het duidelikheid van Stadsbeamptes versoek oor waarom daar nie veilige omheining aangebring is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Stad het bevestig dat hy bewus is van die voorval en dat dit tans ondersoek word, maar kon nog nie verdere besonderhede verskaf nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">DistriksPos &amp; Helderberg Gazette, suster publikasies van <em>Die Papier<\/em>, het navrae aan die kontrakteur gestuur, maar kon geen reaksie kry nie. Tegniese probleme is as rede verskaf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Intussen het die verdagte op Vrydag, 17 Julie, in die Strand-landdroshof verskyn en die saak is tot Dinsdag, 28 Julie, uitgestel.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Enigiemand met addisionele inligting wat die polisieondersoek kan help bevorder, word versoek om die Strand-polisiekantoor by 021 854 9115 te skakel.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl \u2019n Casablanca-ma rou oor haar vyfjarige seun wat op Sondag, 12 Julie, verdrink het, eis die gemeenskap antwoorde oor veiligheidstekortkomings by die Rusthof-begraafplaas-uitbreiding. Die Strand-polisie het aanvanklik \u2019n geregtelike doodsondersoek geopen, maar \u2019n woordvoerder bevestig dat die ondersoek nou as \u2019n moordsaak voortgaan. Dit kom nadat \u2019n verdagte van Strand in verband met die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":325626,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Barend Williams","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15637,15805,15577],"class_list":["post-325624","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-polisie","tag-strand","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Terwyl \u2019n Casablanca-ma rou oor haar vyfjarige seun wat op Sondag, 12 Julie, verdrink het, eis die gemeenskap antwoorde oor veiligheidstekortkomings by die Rusthof-begraafplaas-uitbreiding. Die Strand-polisie het aanvanklik \u2019n geregtelike doodsondersoek geopen, maar \u2019n woordvoerder bevestig dat die ondersoek nou as \u2019n moordsaak voortgaan. Dit kom nadat \u2019n verdagte van Strand in verband met die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-22T10:30:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1157_94902.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"674\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Barend Williams\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink\",\"datePublished\":\"2026-07-22T10:30:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/\"},\"wordCount\":681,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/IMG_1157_94902.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"polisie\",\"Strand\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/\",\"name\":\"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/IMG_1157_94902.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-22T10:30:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/IMG_1157_94902.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/IMG_1157_94902.jpg\",\"width\":1200,\"height\":674,\"caption\":\"Die gemeenskapsleiers Fransina Lukas en Brendon Alloys wys die gebreekte heining en poel water uit. Foto: Barend Williams.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink","og_description":"Terwyl \u2019n Casablanca-ma rou oor haar vyfjarige seun wat op Sondag, 12 Julie, verdrink het, eis die gemeenskap antwoorde oor veiligheidstekortkomings by die Rusthof-begraafplaas-uitbreiding. Die Strand-polisie het aanvanklik \u2019n geregtelike doodsondersoek geopen, maar \u2019n woordvoerder bevestig dat die ondersoek nou as \u2019n moordsaak voortgaan. Dit kom nadat \u2019n verdagte van Strand in verband met die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-22T10:30:00+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":674,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1157_94902.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Barend Williams","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink","datePublished":"2026-07-22T10:30:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/"},"wordCount":681,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1157_94902.jpg","keywords":["Nuus","polisie","Strand","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/","name":"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1157_94902.jpg","datePublished":"2026-07-22T10:30:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1157_94902.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/IMG_1157_94902.jpg","width":1200,"height":674,"caption":"Die gemeenskapsleiers Fransina Lukas en Brendon Alloys wys die gebreekte heining en poel water uit. Foto: Barend Williams."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Talle vrae n\u00e1 seun by Rusthof-begraafplaas-uitbreiding verdrink"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-vrae-na-seun-by-rusthof-begraafplaas-uitbreiding-verdrink\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325624","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=325624"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325624\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":325631,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325624\/revisions\/325631"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/325626"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=325624"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=325624"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=325624"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}