{"id":325181,"date":"2026-07-17T10:54:09","date_gmt":"2026-07-17T08:54:09","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=325181"},"modified":"2026-07-17T16:51:01","modified_gmt":"2026-07-17T14:51:01","slug":"nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/","title":{"rendered":"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Curriebeker bereik di\u00e9 naweek \u2019n nuwe hoofstuk wanneer ou kompetisie afskop, met die verdedigende kampioene, Griekwas, wat hul veldtog in Kaapstad begin, terwyl vier van die ses Eerste divisie-spanne vir \u2019n plek in die eindstryd meeding.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vier wedstryde word Vrydag en Sondag gespeel, terwyl die twee Eerste divisie-halfeindstryde Saterdag plaasvind. SuperSport sal vyf van die wedstryde regstreeks uitsaai.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste afskop van die naweek is Vrydag om 15:00 in Mbombela, waar die 2022-kampioene, die Pumas, die Sharks XV ontvang. Die Sharks het die trofee in 2024 gewen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ervare Jimmy Stonehouse is weer aan die stuur van die Pumas, wat n\u00e1 hul suksesvolle SA Beker-veldtog met selfvertroue die Curriebeker betree. Hulle het hul SA Beker-titel suksesvol verdedig en slegs een van hul 11 wedstryde verloor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Sharks, wat di\u00e9 seisoen deur Mike Vowles afgerig word, het verlede jaar net-net vir die halfeindronde gekwalifiseer nadat hulle die Pumas in Durban met 19-13 geklop het. Vowles, voorheen hulpafrigter en suksesvolle o. 21-afrigter, neem nou vir die eerste keer die leisels as hoofafrigter oor.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/default-27.jpg\" alt=\"Die Curriebeker-trofee.\" class=\"wp-image-325182\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/default-27.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/default-27-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/default-27-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die Curriebeker-trofee. Foto: Lefty Shivambu\/Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vrydag se tweede wedstryd is die Stormers XXIII, onder hul nuwe afrigter Tom Dawson-Squibb, wat teen die verdedigende kampioene, Griekwas, in Kaapstad kragte meet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dawson-Squibb is sedert 2010 by Kaapse rugby betrokke en hoop om sy span n\u00e1 \u2019n moeilike 2025-seisoen weer mededingend te maak. Hy kon egter kwalik vir \u2019n moeiliker openingswedstryd gevra het. Griekwas het vanjaar slegs twee van hul 14 wedstryde verloor.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verlede jaar het Griekwas die span uit Kaapstad gemaklik met 47-17 in Kimberley verslaan nadat hulle sewe drie\u00eb gedruk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sondag om 13:00 begin Frans Steyn se Cheetahs hul Curriebeker-veldtog teen die Lions in Bloemfontein.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Vrystaters het die Curriebeker in 2023 gewen en n\u00e1 \u2019n wisselvallige SA Beker sterk teruggeslaan met drie indrukwekkende oorwinnings tydens die Toyota-uitdaagwedstryde.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met die toevoeging van die ervare Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal die Cheetahs hoop om die Lions weer te troef nadat hulle verlede jaar die Johannesburgers met 47-31 geklop het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Lions, onder Mziwakhe Nkosi, beskik egter ook oor verskeie ervare spelers en bring goeie momentum n\u00e1 hul suksesvolle Verenigde Rugbykampioenskap-veldtog, waarin hulle die SA Skild gewen en vir die eerste keer die uitspeelwedstryde gehaal het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die laaste wedstryd van die openingsnaweek begin Sondag om 15:00 in Wellington wanneer die Boland Kavaliers die Bulls XV ontvang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sondagmiddag-rugby het \u2019n tradisie in die Boland geword en \u2019n stampvol stadion word verwag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onder Hawies Fourie speel die Kavaliers reeds twee seisoene uitstekende rugby. Hulle het verlede jaar uit die SA Beker na die Curriebeker deurgedring en die halfeindronde gehaal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bulls-afrigter Phiwe Nomlomo weet Boland is \u2019n moeilike span om tuis te klop. Sy span begin die seisoen met drie wedstryde weg van die huis af en sal graag hul seisoen goed in Wellington wil afskop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verlede jaar het die Bulls met 28-20 op Boland-stadion verloor, en Nomlomo sal hoop sy span kan di\u00e9 keer die seisoen met \u2019n oorwinning afskop.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-curriebeker-wedstryde\" class=\"wp-block-heading\">Curriebeker-wedstryde<\/h2>\n\n\n\n<h3 id=\"h-vrydag-17-julie\" class=\"wp-block-heading\">Vrydag, 17 Julie<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Pumas t. Sharks XV \u2013 15:00<\/li>\n\n\n\n<li>Stormers XXIII t. Griekwas \u2013 19:05<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h3 id=\"h-sondag-19-julie\" class=\"wp-block-heading\">Sondag, 19 Julie<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Cheetahs t. Lions \u2013 13:00<\/li>\n\n\n\n<li>Boland t. Bulls XV \u2013 15:05<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Curriebeker bereik di\u00e9 naweek \u2019n nuwe hoofstuk wanneer ou kompetisie afskop, met die verdedigende kampioene, Griekwas, wat hul veldtog in Kaapstad begin, terwyl vier van die ses Eerste divisie-spanne vir \u2019n plek in die eindstryd meeding. Vier wedstryde word Vrydag en Sondag gespeel, terwyl die twee Eerste divisie-halfeindstryde Saterdag plaasvind. SuperSport sal vyf van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":325185,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[16253,15560,15591,15577],"class_list":["post-325181","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-curriebeker","tag-rugby","tag-sport","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Curriebeker bereik di\u00e9 naweek \u2019n nuwe hoofstuk wanneer ou kompetisie afskop, met die verdedigende kampioene, Griekwas, wat hul veldtog in Kaapstad begin, terwyl vier van die ses Eerste divisie-spanne vir \u2019n plek in die eindstryd meeding. Vier wedstryde word Vrydag en Sondag gespeel, terwyl die twee Eerste divisie-halfeindstryde Saterdag plaasvind. SuperSport sal vyf van [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-17T08:54:09+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-17T14:51:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2048\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1264\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af\",\"datePublished\":\"2026-07-17T08:54:09+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-17T14:51:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/\"},\"wordCount\":512,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg\",\"keywords\":[\"Curriebeker\",\"Rugby\",\"Sport\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/\",\"name\":\"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-07-17T08:54:09+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-17T14:51:01+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg\",\"width\":2048,\"height\":1264,\"caption\":\"Faf de Klerk, wat Sondag vir die Cheetahs sal uitdraf. Foto: X\\\/@kickoff_rugby_\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af","og_description":"Die Curriebeker bereik di\u00e9 naweek \u2019n nuwe hoofstuk wanneer ou kompetisie afskop, met die verdedigende kampioene, Griekwas, wat hul veldtog in Kaapstad begin, terwyl vier van die ses Eerste divisie-spanne vir \u2019n plek in die eindstryd meeding. Vier wedstryde word Vrydag en Sondag gespeel, terwyl die twee Eerste divisie-halfeindstryde Saterdag plaasvind. SuperSport sal vyf van [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-17T08:54:09+00:00","article_modified_time":"2026-07-17T14:51:01+00:00","og_image":[{"width":2048,"height":1264,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af","datePublished":"2026-07-17T08:54:09+00:00","dateModified":"2026-07-17T14:51:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/"},"wordCount":512,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg","keywords":["Curriebeker","Rugby","Sport","Top"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/","name":"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg","datePublished":"2026-07-17T08:54:09+00:00","dateModified":"2026-07-17T14:51:01+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/HL4YmzLW8AAGmQT-2048x1366-1.jpeg","width":2048,"height":1264,"caption":"Faf de Klerk, wat Sondag vir die Cheetahs sal uitdraf. Foto: X\/@kickoff_rugby_"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Nuwe afrigters, nuwe sterre, dieselfde trofee: Curriebeker skop vandag af"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuwe-afrigters-nuwe-sterre-dieselfde-trofee-curriebeker-skop-die-naweek-af\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325181","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=325181"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325181\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":325184,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325181\/revisions\/325184"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/325185"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=325181"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=325181"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=325181"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}