{"id":325160,"date":"2026-07-17T10:57:41","date_gmt":"2026-07-17T08:57:41","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=325160"},"modified":"2026-07-17T16:16:57","modified_gmt":"2026-07-17T14:16:57","slug":"gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/","title":{"rendered":"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Hofstryd tussen ampsdraers van twee opposisiepartye, die PA en die DA, is begin nadat Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur en PA-leier, Dinsdag \u2019n hofaansoek teen die Wes-Kaapse DA-LUR Anton Bredell vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingedien het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die saak, wat in die Kaapse hooggeregshof ingedien is, spruit uit McKenzie se dae as burgemeester van die Sentrale Karoo Distriksmunisipaliteit met Beaufort-Wes as hoofsentrum in 2022. McKenzie het toe \u2019n omstrede geldinsameling van meer as R1 mil. gehou om dienslewering in die Karoo-dorp te finansier. In die aansoek vra McKenzie dat die hof \u2019n voortslepende ondersoek, wat Bredell na aspekte van die projek laat doen het, skrap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die hofaansoek, wat nie dringend is nie, voer McKenzie aan dat Bredell en ander DA-ampsdraers die geldinsameling hanteer het asof dit in korrupsie gehul is. Hy wys daarop dat die geld wat ingesamel is, by \u2019n spoggerige funksie in \u2019n Sandtonse hotel, gebruik is vir die vervanging van puttoilette, die herstel van \u2019n munisipale swembad en ander herstelwerk aan infrastruktuur. Hy wys ook daarop dat die werk nie in dispuut is in Bredell se ondersoek nie, maar dat die ondersoek gaan oor by watter bankrekening die geld inbetaal is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"647\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-1024x647.jpg\" alt=\"Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.\" class=\"wp-image-322239\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-1024x647.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-300x190.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-768x485.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-1536x971.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-1320x834.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell-600x379.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AntonBredell.jpg 2048w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Anton Bredell, LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luidens die hofstukke is die ondersoek ingevolge artikel 106 van die Stelselswet laat doen. Dit gee \u2019n provinsiale LUR die mag om beweerde wanpratyke by \u2019n munisipaliteit te ondersoek en dan die verslag binne 90 dae aan die nasionale Raad van Provinsies, die minster van finanansies en die nasionale minister van plaaslike regering te lewer. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">McKenzie voer aan dat die 90 dae reeds jare gelede reeds verstryk het, dat die forensiese ondersoekers wat Bredell aangestel het hul voete gesleep het en dat die hof die ondersoek daarom moet skrap. Hy voer ook aan dat Bredell kwessies laat ondersoek het wat buite die raamwerk van die wet val. Pleks van munisipale sake is die ondersoek gelas na of die geld by die regte rekening inbetaal is van die maatskappy wat die fondse vir McKenzie bestuur het.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-gallery has-nested-images columns-default is-cropped wp-block-gallery-1 is-layout-flex wp-block-gallery-is-layout-flex\">\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"724\" height=\"1024\" data-id=\"325166\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-724x1024.jpg\" alt=\"Hofstukke.\" class=\"wp-image-325166\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-724x1024.jpg 724w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-212x300.jpg 212w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-768x1086.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-1086x1536.jpg 1086w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-1448x2048.jpg 1448w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-1320x1867.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/1-of-so-600x849.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 724px) 100vw, 724px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dele van die hofstukke.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"724\" height=\"1024\" data-id=\"325164\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-724x1024.jpg\" alt=\"Dele van die hofstukke.\" class=\"wp-image-325164\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-724x1024.jpg 724w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-212x300.jpg 212w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-768x1086.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-1086x1536.jpg 1086w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-1448x2048.jpg 1448w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-1320x1867.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/2-of-so-600x849.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 724px) 100vw, 724px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dele van die hofstukke.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"724\" height=\"1024\" data-id=\"325163\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-724x1024.jpg\" alt=\"Dele van die hofstukke.\" class=\"wp-image-325163\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-724x1024.jpg 724w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-212x300.jpg 212w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-768x1086.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-1086x1536.jpg 1086w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-1448x2048.jpg 1448w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-1320x1867.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/3-of-so-600x849.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 724px) 100vw, 724px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Dele van die hofstukke.<\/figcaption><\/figure>\n<\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die hofstukke word ook aangevoer dat daar in die eerste twee maande van die 90 dae-tydperk min gedoen is. Maar met die naderende 2024 nasionale verkiesing is daar skielik politiek daarvan gemaak uit DA-geledere.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Sentrale karoo Distriksmunisipaliteit word as tweede respondent saam met Bredell geheg, asook die twee forensiese ondersoekers wat die ondersoek moet hanteer. Bredell en\/of die DA se kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wouter Kriel, woordvoerder van Bredell, het in \u2019n reaksie ges\u00ea die saak is \u201cnie so eenvoudig nie\u201d. Volgens Kriel is daar \u2019n lang geskiedenis van regstappe en app\u00e8lle deur McKenzie wat reeds voorheen deur die howe afgekeur is. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die departement se regspan is tans besig om die nodige dokumente te bestudeer om \u2019n volledige antwoord te formuleer, en \u2019n omvattende verklaring sal mettertyd uitgereik word.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die vraag oor die plaaslike regering,&nbsp;ontwikkelingsbeplanning en omgewingsake&nbsp;se gevoel oor die hofaansoek, was Kriel se antwoord eenvoudig. \u201cDie gevoelens maak nie regtig saak nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Tertuis Simmers, Wes-Kaapse LUR vir infrastruktuur verwerp die DA in die Wes-Kaap die bewering dat hierdie saak oor partypolitiek gaan. \u201cDit is nie die DA wat die feite geskep het nie, dit is \u2019n regsproses wat handel oor aanspreeklikheid en deursigtigheid rondom geld wat tydens \u2019n fondsinsameling vir die Beaufort-Wes-munisipaliteit ingesamel is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cLUR Anton Bredell het deurgaans die regspad gevolg om duidelikheid te verkry. Verskeie howe het reeds oor die aangeleentheid beslis. Dit wys dat die saak op sy meriete beoordeel word en nie op politieke retoriek nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIndien mnr. McKenzie van mening is hy het aan al sy verpligtinge voldoen, behoort hy die geleentheid te verwelkom om volledige rekenskap te gee. Openbare vertroue word nie deur politieke slagspreuke gebou nie, maar deur deursigtigheid en aanspreeklikheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie DA sal die regsproses respekteer en nie kommentaar lewer op die meriete van enige verdere hofverrigtinge nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Hofstryd tussen ampsdraers van twee opposisiepartye, die PA en die DA, is begin nadat Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur en PA-leier, Dinsdag \u2019n hofaansoek teen die Wes-Kaapse DA-LUR Anton Bredell vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingedien het. Die saak, wat in die Kaapse hooggeregshof ingedien is, spruit uit McKenzie se [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":319017,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Die Papier-redaksie","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16940,17367,15655,15645,16300,15603,16553,15577],"class_list":["post-325160","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-anton-bredell","tag-beaufort-wes","tag-da","tag-gayton-mckenzie","tag-hofsaak","tag-nuus","tag-pa","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Hofstryd tussen ampsdraers van twee opposisiepartye, die PA en die DA, is begin nadat Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur en PA-leier, Dinsdag \u2019n hofaansoek teen die Wes-Kaapse DA-LUR Anton Bredell vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingedien het. Die saak, wat in die Kaapse hooggeregshof ingedien is, spruit uit McKenzie se [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-17T08:57:41+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-17T14:16:57+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Gayton-Mckenzie.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"559\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Die Papier-redaksie\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe\",\"datePublished\":\"2026-07-17T08:57:41+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-17T14:16:57+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/\"},\"wordCount\":672,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/Gayton-Mckenzie.jpg\",\"keywords\":[\"Anton Bredell\",\"Beaufort-Wes\",\"da\",\"gayton mckenzie\",\"Hofsaak\",\"Nuus\",\"PA\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/\",\"name\":\"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/Gayton-Mckenzie.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-17T08:57:41+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-17T14:16:57+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/Gayton-Mckenzie.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/Gayton-Mckenzie.jpg\",\"width\":1200,\"height\":559,\"caption\":\"Suid-Afrikaanse minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie. Foto: Rodger Bosch\\\/AFP.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe","og_description":"\u2019n Hofstryd tussen ampsdraers van twee opposisiepartye, die PA en die DA, is begin nadat Gayton McKenzie, minister van sport, kuns en kultuur en PA-leier, Dinsdag \u2019n hofaansoek teen die Wes-Kaapse DA-LUR Anton Bredell vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingedien het. Die saak, wat in die Kaapse hooggeregshof ingedien is, spruit uit McKenzie se [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-17T08:57:41+00:00","article_modified_time":"2026-07-17T14:16:57+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":559,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Gayton-Mckenzie.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Die Papier-redaksie","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe","datePublished":"2026-07-17T08:57:41+00:00","dateModified":"2026-07-17T14:16:57+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/"},"wordCount":672,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Gayton-Mckenzie.jpg","keywords":["Anton Bredell","Beaufort-Wes","da","gayton mckenzie","Hofsaak","Nuus","PA","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/","name":"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Gayton-Mckenzie.jpg","datePublished":"2026-07-17T08:57:41+00:00","dateModified":"2026-07-17T14:16:57+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Gayton-Mckenzie.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Gayton-Mckenzie.jpg","width":1200,"height":559,"caption":"Suid-Afrikaanse minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie. Foto: Rodger Bosch\/AFP."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"PA-leier Gayton McKenzie sleep DA se Anton Bredell hof toe"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gayton-mckenzie-sleep-da-se-anton-bredell-hof-toe\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325160","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=325160"}],"version-history":[{"count":6,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325160\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":325198,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/325160\/revisions\/325198"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/319017"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=325160"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=325160"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=325160"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}