{"id":324733,"date":"2026-07-15T11:24:24","date_gmt":"2026-07-15T09:24:24","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=324733"},"modified":"2026-07-15T11:24:25","modified_gmt":"2026-07-15T09:24:25","slug":"toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/","title":{"rendered":"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><br>Meer as 30 jaar n\u00e1 Woody, Buzz Lightyear en hul speelgoedvriende die eerste keer gehore w\u00eareldwyd bekoor het, is Toy Story terug met \u2019n verhaal wat aansluit by een van die grootste uitdagings wat moderne ouers probeer baasraak \u2013 die rol van tegnologie in kinders se lewens. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die eerste lokprent van Toy Story 5, wat byna al \u2019n maand op die silwerdoek te sien is, staan die bekende speelgoed nie voor \u2019n nuwe eienaar of skurk nie, maar teen LilyPad, \u2019n tablet wat meen sy weet wat die beste vir die speelgoed se eienaar Bonnie (vertolk deur Scarlett Spears) is. Die storielyn plaas tradisionele speelgoed en digitale tegnologie teenoor mekaar.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-meer-as-net-n-stryd-tussen-speelgoed-en-skerms\" class=\"wp-block-heading\">Meer as net \u2019n stryd tussen speelgoed en skerms<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Rianette Leibowitz van Johannesburg, die digitale kenner betrokke by die film, is die boodskap egter nie dat tegnologie die vyand is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTegnologie is beslis nie sleg vir kinders nie. Dit gaan oor hoe ons dit gebruik,\u201d s\u00ea sy. \u201cOns praat dikwels van skermtyd asof dit \u2019n mors van tyd is, maar die belangrike vraag is wat kinders op hul skerms doen en hoe tegnologie hul lewens be\u00efnvloed.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Leibowitz s\u00ea die fliek wys dat speelgoed en tegnologie nie teenstanders hoef te wees nie. Albei kan \u2019n belangrike rol in kinders se ontwikkeling speel wanneer dit verantwoordelik gebruik word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTradisionele speelgoed bly belangrik, maar tegnologie het ook \u2019n plek. Dit help kinders om te kommunikeer, te leer en verbind te bly. Die geheim l\u00ea daarin om balans te vind.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"551\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-1024x551.jpg\" alt=\"Woody en Buzz is nie tevrede met Lilypad nie.\" class=\"wp-image-324743\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-1024x551.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-300x161.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-768x413.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-1536x826.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-2048x1102.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-1320x710.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/ToyStory5_trailerframe_2-600x323.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Woody en Buzz is nie tevrede met Lilypad nie. Foto: Disney.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy meen baie ouers probeer tegnologie heeltemal uit hul kinders se lewens hou uit vrees vir die gevare daarvan, maar s\u00ea di\u00e9 benadering is nie volhoubaar nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cKinders leef in \u2019n digitale w\u00eareld. Hulle gaan tegnologie by die skool, universiteit en later in die werkplek gebruik. Ons kan dit nie van hulle wegneem nie; ons moet hulle leer hoe om dit verantwoordelik te gebruik.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Leibowitz s\u00ea digitale opvoeding begin reeds op \u2019n jong ouderdom. Kinders moet leer hoeveel tyd hulle aan toestelle bestee, watter inhoud hulle verbruik en hoe om hul privaatheid en aanlyn identiteit te beskerm.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns moet kinders leer dat hulle in beheer van hul tegnologie moet wees \u2013 nie andersom nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy beklemtoon ook die belangrike rol wat ouers speel. Volgens haar behoort ouers van kleins af saam met hul kinders oor tegnologie en aanlyn veiligheid te praat, eerder as om slegs re\u00ebls af te dwing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWanneer ouers vroeg reeds belangstelling toon en saam met hul kinders oor tegnologie praat, voel kinders dit gaan oor beskerming en nie oor beheer nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Toy Story 5 | Official Trailer | In Theaters June 19\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/c51ND9Hdbw0?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-balans-nie-verbod-nie\" class=\"wp-block-heading\">Balans, nie verbod nie<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoewel Leibowitz glo tegnologie kan \u2019n waardevolle hulpmiddel wees, waarsku dr. Anke De Beer, kinderpsigoloog en digitale verslaafdheid kenner van Hartbeespoortdam dat onbeheerde toegang tot digitale platforms ernstige gevolge vir kinders kan inhou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens De Beer behoort die debat nie net oor skermtyd of kindervermaak te gaan nie, maar oor die inhoud waaraan kinders blootgestel word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy wys daarop dat internasionale navorsing toon die gemiddelde ouderdom van eerste blootstelling aan pornografie ongeveer 9 jaar oud is. Daarby kom kuberafknouery, sosiale media en WhatsApp-groepe waar kinders maklik aan inhoud blootgestel kan word waarvoor hulle emosioneel nog nie gereed is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cWanneer \u2019n 6-jarige reeds seksuele gedrag naboots wat hy of sy aanlyn gesien het, praat ons nie meer van \u2019n \u2018digitale slim generasie\u2019 nie. Ons praat van \u2019n generasie wat te vroeg aan volwasse inhoud blootgestel word,\u201d waarsku sy.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"550\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-1024x550.jpg\" alt=\"Jessie en Bullseye saam met van die nuwe karakters, Smarty Pants, Atlas en Snappy.\" class=\"wp-image-324745\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-1024x550.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-300x161.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-768x413.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-1536x825.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-2048x1100.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-1320x709.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t580-600x322.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Jessie en Bullseye saam met van die nuwe karakters, Smarty Pants, Atlas en Snappy. Foto: Disney.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-ouers-bly-die-belangrikste-invloed\" class=\"wp-block-heading\">Ouers bly die belangrikste invloed<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Brand s\u00ea waardes word in die huis gevestig en ouers bly die belangrikste invloed in \u2019n kind se lewe. Tegnologie verander nie daardie verantwoordelikheid nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Leibowitz voeg by dat ouers nie alleen hoef te staan nie. Die meeste toestelle, stroomdienste en sosialemediaplatforms beskik reeds oor ouerbeheer-verstellings en ouderdomsbeperkings wat gebruik kan word om kinders se blootstelling aan onvanpaste inhoud te beperk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar moet tegnologie nooit gesinstyd, gesprekke en tradisionele spel vervang nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie film herinner ons dat tyd saam as gesin steeds die belangrikste is. Tegnologie behoort verhoudings te ondersteun, nie te vervang nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"552\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-1024x552.jpg\" alt=\"Woody en sy getroue vriend Buzz Lightyear.\" class=\"wp-image-324746\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-1024x552.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-300x162.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-768x414.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-1536x827.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-2048x1103.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-1320x711.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t345-600x323.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Woody en sy getroue vriend Buzz Lightyear. Foto: Disney.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-wat-se-die-syfers\" class=\"wp-block-heading\">Wat s\u00ea die syfers<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Studie wat verlede jaar deur UNICEF wat verlede jaar gedoen is toon:<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>70% van Suid-Afrikaanse kinders gebruik die internet sonder hul ouers se toestemming<\/li>\n\n\n\n<li>67% van kinders wat al seksuele beelde gesien het, het dit op \u2019n aanlyn toestel gesien.<\/li>\n\n\n\n<li>Net 41% kinders s\u00ea hulle het al enige inligting oor aanlyn veiligheid ontvang.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer as 30 jaar n\u00e1 Woody, Buzz Lightyear en hul speelgoedvriende die eerste keer gehore w\u00eareldwyd bekoor het, is Toy Story terug met \u2019n verhaal wat aansluit by een van die grootste uitdagings wat moderne ouers probeer baasraak \u2013 die rol van tegnologie in kinders se lewens. In die eerste lokprent van Toy Story 5, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":324744,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Shanell Binedell","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[17348,15949,15771,15577,17347],"class_list":["post-324733","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-flieks","tag-gesondheid","tag-leefstyl","tag-top","tag-toy-story"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Meer as 30 jaar n\u00e1 Woody, Buzz Lightyear en hul speelgoedvriende die eerste keer gehore w\u00eareldwyd bekoor het, is Toy Story terug met \u2019n verhaal wat aansluit by een van die grootste uitdagings wat moderne ouers probeer baasraak \u2013 die rol van tegnologie in kinders se lewens. In die eerste lokprent van Toy Story 5, [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-15T09:24:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-15T09:24:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1377\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Shanell Binedell\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners\",\"datePublished\":\"2026-07-15T09:24:24+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-15T09:24:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/\"},\"wordCount\":775,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg\",\"keywords\":[\"Flieks\",\"Gesondheid\",\"Leefstyl\",\"Top\",\"Toy Story\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/\",\"name\":\"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg\",\"datePublished\":\"2026-07-15T09:24:24+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-15T09:24:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1377,\"caption\":\"Jessie en Bullseye konfronteer vir Lilypad. Foto: Disney.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/c51ND9Hdbw0\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"145\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-07-15T09:24:24+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners","og_description":"Meer as 30 jaar n\u00e1 Woody, Buzz Lightyear en hul speelgoedvriende die eerste keer gehore w\u00eareldwyd bekoor het, is Toy Story terug met \u2019n verhaal wat aansluit by een van die grootste uitdagings wat moderne ouers probeer baasraak \u2013 die rol van tegnologie in kinders se lewens. In die eerste lokprent van Toy Story 5, [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-15T09:24:24+00:00","article_modified_time":"2026-07-15T09:24:25+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1377,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Shanell Binedell","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners","datePublished":"2026-07-15T09:24:24+00:00","dateModified":"2026-07-15T09:24:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/"},"wordCount":775,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg","keywords":["Flieks","Gesondheid","Leefstyl","Top","Toy Story"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/","name":"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg","datePublished":"2026-07-15T09:24:24+00:00","dateModified":"2026-07-15T09:24:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/TOYSTORY5-ONLINE-USE_t110.jpg","width":2560,"height":1377,"caption":"Jessie en Bullseye konfronteer vir Lilypad. Foto: Disney."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Toy Story 5 wys tegnologie is nie die skurk nie, s\u00ea kenners"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/toy-story-5-wys-tegnologie-is-nie-die-skurk-nie-se-kenners\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/c51ND9Hdbw0","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"145","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-07-15T09:24:24+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/324733","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=324733"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/324733\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":324747,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/324733\/revisions\/324747"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/324744"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=324733"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=324733"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=324733"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}