{"id":324691,"date":"2026-07-14T17:00:28","date_gmt":"2026-07-14T15:00:28","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=324691"},"modified":"2026-07-14T17:26:33","modified_gmt":"2026-07-14T15:26:33","slug":"vandag-in-die-nuus-35","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/","title":{"rendered":"Vandag in die nuus"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is die hoofnuus wat vandag, 14 Julie, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-plaaslik\" class=\"wp-block-heading\">Plaaslik<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Woensdag en Donderdag pres. Cyril Ramaphosa se aansoek aanhoor om die parlement\u00eare komitee wat sy moontlike vervolging ondersoek, te verbied om voort te gaan.<\/li>\n\n\n\n<li>Die saak teen Ebrahim Kadwa, hoof van die Valke in Gauteng, wat verband hou met onwettige metale, is tot 2 September uitgestel vir die afhandeling van die polisiedossier.<\/li>\n\n\n\n<li>Brian Padayachee, van die ondersoekdirektoraat teen korrupsie, het vandag aan die Madlanga-kommissie ges\u00ea dat Dumisani Khumalo, hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, sy vriend was en dat hy verras was om hom en genl.maj. Nosipho Madondo, wat hy gementor het, moes arresteer.<\/li>\n\n\n\n<li>SA se mynbousektor het in Mei momentum verloor nadat produksie met 5,4% op \u2019n jaargrondslag gedaal het, wat April se groei van 8% omgekeer het.<\/li>\n\n\n\n<li>Inwoners van River Park in Alexandra het die strate ingevaar en beskuldig City Power daarvan dat die kragverskaffer versuim het om \u2019n belofte, wat reeds \u2019n jaar gelede gemaak is, na te kom om die Muhauzana-woonstelle van elektrisiteit te voorsien.<\/li>\n\n\n\n<li>Bok-breier Rassie Erasmus oor Junior Bok Kai Pratt wat glo verbode middels gebruik het: \u2018Teleurgesteld, in ongeloof. Ek bedoel, hy het \u2019n blink toekoms voor hom. Hy was nie deel van ons groep toe dit gebeur het nie, daarom weet ek nie regtig wat ek kan s\u00ea om \u2019n positiewe draai daaraan te gee nie\u2019.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"534\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/WhatsApp-Image-2026-03-30-at-12.32.56-1024x534.jpeg\" alt=\"Bok-breier, Rassie Erasmus.\" class=\"wp-image-312806\" style=\"width:825px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/WhatsApp-Image-2026-03-30-at-12.32.56-1024x534.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/WhatsApp-Image-2026-03-30-at-12.32.56-300x156.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/WhatsApp-Image-2026-03-30-at-12.32.56-768x400.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/WhatsApp-Image-2026-03-30-at-12.32.56-600x313.jpeg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/WhatsApp-Image-2026-03-30-at-12.32.56.jpeg 1280w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Bok-breier, Rassie Erasmus. Foto: Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Zoeloekoning, Misuzulu kaZwelithini, het Thulasizwe Buthelezi as tradisionele eerste minister van die Zoeloevolk afgedank en Inkosi Phatisizwe Chiliza in sy plek aangestel.<\/li>\n\n\n\n<li>Nigeriese burgers bly buite hul land se ambassade in Pretoria kamp terwyl hulle steeds wag om gerepatrieer te word en beweer hulle is toegang tot die sending geweier nadat hulle reeds weke lank op die sypaadjie deurbring.<\/li>\n\n\n\n<li>Die saak teen Feroz Khan, adjunkhoof van misdaadintelligensie, en die Gautengse hoof van die Valke, Ebrahim Kadwa, sal na verwagting weer in die landdroshof in Kempton Park voorkom.<\/li>\n\n\n\n<li>Die Openbare Beleggingskorporasie het sy uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, en sy hoofrisikobeampte, August van Heerden, geskors nadat \u2019n fluitjieblaser-verslag wat in Junie bekend gemaak is, Dlamini van onetiese optrede beskuldig het.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Skietvoorval in Groendal, Franschhoek, het glo oor 2 tonele in Sunflowerstraat en Upper Leestraat afgespeel waarin vier mense geskiet is en een op die toneel oorlede is.<\/li>\n\n\n\n<li>Minister van openbare werke, Dean Macpherson, en die eThekwini-burgemeester, Cyril Xaba, besoek die toneel van die gebou wat in Inanda ineengestort het.<\/li>\n\n\n\n<li>Britse owerhede het bevestig dat drie slagoffers in die Ndodana Tshuma-moordsaak in Bedfordshire met \u2019n voorwerp doodgeslaan is.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<h2 id=\"h-oorsee\" class=\"wp-block-heading\">Oorsee<\/h2>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Meer landsburgers is in Junie in Oekra\u00efne dood as in enige ander maand sedert April 2022, het die Verenigde Nasies ges\u00ea, terwyl Rusland sy langafstandmissielaanvalle verskerp het.<\/li>\n\n\n\n<li>Honderde Franse brandbestryders, bygestaan deur waterbomwerpers, het veldbrande in die gewilde Fontainebleau-woud buite Parys bestry terwyl n\u00f3g \u2019n versengende hittegolf die Franse hoofstad tref.<\/li>\n\n\n\n<li>Die W\u00eareldgesondheidsorganisasie s\u00ea die ware omvang van die dodelike Ebola-uitbreking in die DRK kan tot 4 keer groter wees as wat die amptelike syfers aandui.<\/li>\n\n\n\n<li>Oliepryse het skerp gestyg nadat die VSA \u2019n nuwe reeks aanvalle op Iran uitgevoer het en pres. Donald Trump belowe het om weer \u2019n vlootblokkade in te stel.<\/li>\n\n\n\n<li>Rusland het beskuldigings deur die Europese Unie en Brittanje dat die Russiese intelligensiediens agter \u2019n kuberaanvalveldtog in Europa sit, as \u2018ongegrond\u2019 verwerp.<\/li>\n\n\n\n<li>Iranse staatstelevisie het Dinsdag berig dat 5 ontploffings naby die hawestad Bandar Abbas, aan die Straat van Hormoes, gehoor is, soos hernude konflik tussen Iran en die VSA plaasvind.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n 68-jarige man van Berlyn is aangekla daarvan dat hy 14 vroue verdoof, verkrag en die seksuele aanrandings verfilm het.<\/li>\n\n\n\n<li>Die dodetal n\u00e1 die verwoestende brand by \u2019n kroeg in Bangkok het tot 30 gestyg, terwyl bedroefde familielede Dinsdag die liggame van hul geliefdes uitgeken het en ander steeds na vermiste familielede gesoek het.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-1024x683.jpg\" alt=\"Die dodetal in die kroegbrand in Bangkok het tot 30 gestyg, terwyl families steeds na hul geliefdes soek.\" class=\"wp-image-324692\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-2048x1366.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/AFP__20260713__B9Z64JE__v2__HighRes__TopshotThailandFire-1-scaled-1-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die dodetal in die kroegbrand in Bangkok het tot 30 gestyg, terwyl families steeds na hul geliefdes soek. Foto: AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Iran se parlement het begin werk aan \u2019n wetsontwerp oor die Straat van Hormoes, het die voorsitter van die parlement se veiligheidskomitee ges\u00ea, terwyl spanning tussen Washington en Teheran oor die strategiese seestraat toegeneem het.<\/li>\n\n\n\n<li>Die VSA het vir \u2019n 3de opeenvolgende nag lugaanvalle op Iran uitgevoer terwyl pres. Donald Trump beplan om vandag weer \u2019n blokkade op Iranse hawens in te stel en \u2019n heffing van 20% op vragvervoer deur die strategiese Straat van Hormoes oorweeg.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hier is die hoofnuus wat vandag, 14 Julie, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":320818,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15577],"class_list":["post-324691","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Vandag in die nuus | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Vandag in die nuus\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Hier is die hoofnuus wat vandag, 14 Julie, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-14T15:00:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-14T15:26:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"613\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Vandag in die nuus\",\"datePublished\":\"2026-07-14T15:00:28+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-14T15:26:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/\"},\"wordCount\":741,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/\",\"name\":\"Vandag in die nuus | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-07-14T15:00:28+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-14T15:26:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg\",\"width\":1280,\"height\":613,\"caption\":\"Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Vandag in die nuus\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/vandag-in-die-nuus-35\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Vandag in die nuus | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Vandag in die nuus","og_description":"Hier is die hoofnuus wat vandag, 14 Julie, gebeur het. Di\u00e9 artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportw\u00eareld en oorsee plaasgevind het. Plaaslik Oorsee","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-14T15:00:28+00:00","article_modified_time":"2026-07-14T15:26:33+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":613,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Vandag in die nuus","datePublished":"2026-07-14T15:00:28+00:00","dateModified":"2026-07-14T15:26:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/"},"wordCount":741,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg","keywords":["Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/","name":"Vandag in die nuus | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg","datePublished":"2026-07-14T15:00:28+00:00","dateModified":"2026-07-14T15:26:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/WhatsApp-Image-2026-06-16-at-12.48.58da.jpeg","width":1280,"height":613,"caption":"Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Vandag in die nuus"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/vandag-in-die-nuus-35\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/324691","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=324691"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/324691\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":324693,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/324691\/revisions\/324693"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/320818"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=324691"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=324691"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=324691"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}