{"id":323905,"date":"2026-07-09T15:55:17","date_gmt":"2026-07-09T13:55:17","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=323905"},"modified":"2026-07-09T15:55:19","modified_gmt":"2026-07-09T13:55:19","slug":"niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/","title":{"rendered":"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nepotisme! waarsku \u2019n opposisieparty. \u201cHoeveel sleutels moet een familie nog kry?\u201d vra \u2019n ander politikus in \u2019n onlangse Facebook-plasing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 is gevoelige tone wat raakgetrap voel \u2013 juis as gevolg van die geskiedenis in Suid-Afrikaanse politiek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hul kommer volg nadat die burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), Antoinette Steyn, aangewys is as die DA se burgemeesters\u00adkandidaat vir die Kaapse Wynland-\u00addistriksmunisipaliteit. Haar man, Koos, is die party se burgemeesterskandidaat vir die BVM. Koos se seun, Craig Steyn, is \u2019n raadslid in die Langeberg-munisipaliteit en \u2019n lid van die burgemeesterskomitee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Grant Pascoe, wat voorheen by die DA, die ANC sowel as die Good-party betrokke was, skryf op Facebook: \u201cNiemand s\u00ea die Steyn-familie mag nie aan die politiek deelneem nie. Dit is nie die kwessie nie. Die kwessie is dat \u00addieselfde \u00adfamilie oor en oor in invloedryke poste opduik. Koos Steyn dien reeds sy derde termyn as die DA se Wesstreek-voorsitter. Sy vrou, Antoinette Steyn, was burgemeester van die Breedevallei en is nou die DA se burgemeesterskandidaat vir die Kaapse Wynlande se distriksraad. Nog \u2019n Steyn dien in Langeberg se burgemeesterskomitee en verskeie belangrike komitees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cReg of verkeerd \u2013 dit skep \u2019n waarneming dat politieke invloed in die Boland al hoe meer om een familie saamtrek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVir baie gewone lede is dit waar die ongemak begin. Hulle sien hoe dieselfde vanne oor en oor opduik wanneer belang\u00adrike poste gevul word. Hulle sien hoe dieselfde mense aan die stuur bly terwyl ander vir jare wag vir \u2019n geleent\u00adheid om hulself te bewys.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is veral \u2019n sensitiewe onderwerp in \u2019n streek waar die DA se steunbasis grootliks uit bruin kiesers en bruin lede bestaan. Dit is hierdie mense wat die veldtogte dryf, die stemme werf en die party op grondvlak aan die gang hou. Tog voel baie van hulle wanneer dit by die hoogste politieke poste kom, staan dieselfde mense altyd eerste in die ry,\u201d het die plasing, wat wyd gedeel is, gelui.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Steyn-egpaar ontken egter enige sprake van nepotisme en s\u00ea die aanstellingsproses word juis gereguleer om te verhoed dat \u2019n kandidaat voorgetrek word.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-loopbane\" class=\"wp-block-heading\">Loopbane<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Steyns se loopbane in die poli\u00adtiek het 26 jaar gelede onafhanklik van mekaar begin, het die egpaar in \u2019n onderhoud aan Standard Breederivier Gazette ges\u00ea. \u201cEk het vir baie jare aan die administratiewe kant van die politiek gewerk en Antoinette was aan die politieke kant,\u201d het Koos vertel. Hy was streekbestuurder vir die Weskus- en Wynlandstreke voordat hy hom in 2021 tot die politiek gewend het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het die afgelope vyf jaar as burgemeesterskomiteelid van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit in die portefeulje vir ekonomiese ontwikkeling gedien. Wat die Steyns grief oor die bewerings op sosiale media, is dat mense praat asof hulle onbehoorlike invloed in die aanstellings gehad het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns is nie aangestel in ons poste nie, maar tydens die DA se kongres op 30 Mei deur 400 lede van die Wesstreek, van wie 80% bruin is, verkies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie plasings en kommentare word gemaak deur mense wat in elk geval nie die party ondersteun nie en in elk geval nie vir \u2019n DA-kandidaat sou gestem het nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die party se kongres is Koos Steyn as streekvoorsitter verkies, met Wendy Kaizer-Philander, Avron Appollis en Donovan Joubert as vise-streekvoorsitters. Antoinette Steyn is as streek\u00adsekretaris verkies.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIn die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit is \u2019n proses gevolg om \u2019n aanstelling te doen. Altesaam 19 mense het aansoek gedoen. Ek het besluit om aansoek te doen omdat ek nie nog \u2019n termyn as burgemeester by BVM kan dien nie en ek nie op 51-jarige ouderdom by die huis wil gaan sit nie. Politiek was nog altyd my lewe,\u201d het Antoinette ges\u00ea. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy het haar loopbaan in 2000 as sekretaresse vir die kiesafdeling in Breedevallei begin. In 2006 was sy \u2019n proporsionele raadslid, in 2011 is sy as Speaker aangewys en in 2013 het sy as uitvoerende burgemeester by die raadslid Basil Kivedo, wat vir die provinsiale raadgewer benoem is, oorgeneem. Sy is in 2016 tot uitvoerende burgemeester verkies.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-streng-aanstellingsproses\" class=\"wp-block-heading\">Streng aanstellingsproses<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cStreng aanstellingsprosesse word in die party gevolg deur \u2019n paneel afgevaardigdes van die streek, provinsie en nasionale leierskap, met \u2019n onafhanklike waarnemer om te verseker die proses is regverdig. \u2019n Kandidaat kan nie voorgetrek word nie \u2013 dit is waarvoor die ombudsman daar is. Die paneel plaas die kandidate in \u2019n rangorde, wat deur die nasionale leierskap goed- of afgekeur word,\u201d het Antoinette ges\u00ea. \u201cNie ek of Koos kan op enige manier \u2019n invloed op die aanstelling van ons familie h\u00ea nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle s\u00ea die ontwikkeling van die jonger geslag politici is vir hulle belang\u00adrik. \u201cOns staan in niemand se pad nie en probeer so veel as moontlik om jonges die kans te gee om hul vaardighede te ontwikkel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die egpaar s\u00ea familielede mag ingevolge die DA se re\u00ebls nie in dieselfde koukusse dien nie. Daarom kon Koos nie aanbly by die distrik indien Antoinette as die Wynland-burgemeester verkies word nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Diegene wat om die pos as distriksburgemeester aansoek gedoen het, het vir onderhoude gegaan. \u201cJou werksprestasie die afgelope vyf jaar is in ag geneem,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>S<em>uid-Afrika se munisipale verkiesing sal op 4 November plaasvind.<\/em><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nepotisme! waarsku \u2019n opposisieparty. \u201cHoeveel sleutels moet een familie nog kry?\u201d vra \u2019n ander politikus in \u2019n onlangse Facebook-plasing. Di\u00e9 is gevoelige tone wat raakgetrap voel \u2013 juis as gevolg van die geskiedenis in Suid-Afrikaanse politiek. Hul kommer volg nadat die burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), Antoinette Steyn, aangewys is as die DA se burgemeesters\u00adkandidaat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":323906,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Ron\u00e9l van Jaarsveld","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17234,15655,16541,15603,15577],"class_list":["post-323905","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-antoinette-steyn","tag-da","tag-koos-steyn","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Nepotisme! waarsku \u2019n opposisieparty. \u201cHoeveel sleutels moet een familie nog kry?\u201d vra \u2019n ander politikus in \u2019n onlangse Facebook-plasing. Di\u00e9 is gevoelige tone wat raakgetrap voel \u2013 juis as gevolg van die geskiedenis in Suid-Afrikaanse politiek. Hul kommer volg nadat die burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), Antoinette Steyn, aangewys is as die DA se burgemeesters\u00adkandidaat [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-07-09T13:55:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-07-09T13:55:19+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Steynsx3_77645.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"807\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Ron\u00e9l van Jaarsveld\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande\",\"datePublished\":\"2026-07-09T13:55:17+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-09T13:55:19+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/\"},\"wordCount\":848,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/Steynsx3_77645.jpeg\",\"keywords\":[\"Antoinette Steyn\",\"da\",\"Koos Steyn\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/\",\"name\":\"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/Steynsx3_77645.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-07-09T13:55:17+00:00\",\"dateModified\":\"2026-07-09T13:55:19+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/Steynsx3_77645.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/07\\\/Steynsx3_77645.jpeg\",\"width\":1200,\"height\":807,\"caption\":\"Koos en Antoinette Steyn is onderskeidelik die DA se burgemeesterskandidate vir die Breedevallei-munisipaliteit en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit. Foto: Ron\u00e9l lvan Jaarsveld\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande","og_description":"Nepotisme! waarsku \u2019n opposisieparty. \u201cHoeveel sleutels moet een familie nog kry?\u201d vra \u2019n ander politikus in \u2019n onlangse Facebook-plasing. Di\u00e9 is gevoelige tone wat raakgetrap voel \u2013 juis as gevolg van die geskiedenis in Suid-Afrikaanse politiek. Hul kommer volg nadat die burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), Antoinette Steyn, aangewys is as die DA se burgemeesters\u00adkandidaat [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-07-09T13:55:17+00:00","article_modified_time":"2026-07-09T13:55:19+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":807,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Steynsx3_77645.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Ron\u00e9l van Jaarsveld","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande","datePublished":"2026-07-09T13:55:17+00:00","dateModified":"2026-07-09T13:55:19+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/"},"wordCount":848,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Steynsx3_77645.jpeg","keywords":["Antoinette Steyn","da","Koos Steyn","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/","name":"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Steynsx3_77645.jpeg","datePublished":"2026-07-09T13:55:17+00:00","dateModified":"2026-07-09T13:55:19+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Steynsx3_77645.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/07\/Steynsx3_77645.jpeg","width":1200,"height":807,"caption":"Koos en Antoinette Steyn is onderskeidelik die DA se burgemeesterskandidate vir die Breedevallei-munisipaliteit en Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit. Foto: Ron\u00e9l lvan Jaarsveld"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"\u2018Niks anders as nepotisme\u2019 mor opposisiepartye oor DA se burgemeesterskandidate in Wynlande"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/niks-anders-as-nepotisme-mor-opposisiepartye-oor-da-se-burgemeesterskandidate-in-wynlande\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/323905","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=323905"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/323905\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":323907,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/323905\/revisions\/323907"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/323906"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=323905"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=323905"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=323905"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}