{"id":322857,"date":"2026-06-30T18:30:51","date_gmt":"2026-06-30T16:30:51","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=322857"},"modified":"2026-06-30T18:09:16","modified_gmt":"2026-06-30T16:09:16","slug":"duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/","title":{"rendered":"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Duisende mense het Dinsdag in stede regoor Suid-Afrika deelgeneem aan proteste om die vertrek van ongedokumenteerde buitelandse burgers te eis n\u00e1 \u2019n veldtog van etlike weke wat duisende mense laat vlug het en reeds vier lewens ge\u00ebis het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Polisie was in groot getalle ontplooi vir die landwye betogings, wat die hoogtepunt was van \u2019n veldtog gelei deur burgergedrewe waaksaamheidsgroepe wat \u2019n nie-amptelike sperdatum van 30 Junie gestel het vir buitelanders sonder dokumentasie om die land te verlaat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was ge\u00efsoleerde berigte van plundering, klipgooiery en konfrontasies, onder meer naby Johannesburg waar veiligheidsmagte \u2019n handjievol buitelandse burgers van \u2019n skare met groot stokke moes wegjaag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skare betogers het deur die middestad van Johannesburg beweeg waar die meeste winkels gesluit was, werkers tuisgebly het en vervoerknooppunte stil was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle het vlae en plakkate gewaai terwyl polisielede in koe\u00eblvaste baadjies en onlustehelms toegekyk het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Durban het betogers in tradisionele Zoeloe-krygersdrag opgedaag, gewapen met spiese, sweepstokke en skilde, terwyl sommige luiperdvelle gedra het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die betoger Brightness Gumbi (48) het ges\u00ea sy is gefrustreerd omdat sy nie \u2019n perseel vir haar besigheid kan bekostig nie, terwyl buitelandse burgers winkels kan bedryf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie onwettige buitelanders kan dit bekostig omdat hulle dwelms aan ons mense verkoop,\u201d het sy aan AFP ges\u00ea. \u201cEk hoop hierdie betogings sal ons president laat hoor en strenger wette laat toepas.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In Kaapstad het sowat 100 mense aan \u2019n optog deur die middestad deelgeneem.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260605__B4ZX29Q__v1__HighRes__SafricaMigration-1320x990-1-1024x768.jpg\" alt=\"Ongedokumenteerde Buitelanders probeer terug na hul geboorte lande reis.\" class=\"wp-image-322860\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260605__B4ZX29Q__v1__HighRes__SafricaMigration-1320x990-1-1024x768.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260605__B4ZX29Q__v1__HighRes__SafricaMigration-1320x990-1-300x225.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260605__B4ZX29Q__v1__HighRes__SafricaMigration-1320x990-1-768x576.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260605__B4ZX29Q__v1__HighRes__SafricaMigration-1320x990-1-600x450.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260605__B4ZX29Q__v1__HighRes__SafricaMigration-1320x990-1.jpg 1320w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Ongedokumenteerde Buitelanders probeer terug na hul geboorte lande reis. Foto: AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-deportasie\" class=\"wp-block-heading\">Deportasie<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika, een van die rykste lande op die vasteland, lok immigrante op soek na werk, terwyl dit terselfdertyd worstel met \u2019n werkloosheidsyfer van meer as 30%, ho\u00eb misdaadvlakke en swak dienslewering in baie gebiede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Groepe wat teen onwettige immigrasie mobiliseer, beweer buitelanders neem werkgeleenthede en dienste van plaaslike inwoners weg, maar ontleders s\u00ea dit maak buitelandse burgers onregverdig die sondebok vir regeringsmislukkings.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOnwettige buitelanders het Suid-Afrikaners vervang en werkloosheid verhoog,\u201d het die leier van die anti-immigrasiegroep March and March, Jacinta Ngobese-Zuma, aan \u2019n skare in Durban ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns wil massadeportasie h\u00ea,\u201d het sy ges\u00ea. \u201cVir die volgende ses maande wil ons h\u00ea die regering moet ontslae raak van die mense wat nie vertrek het nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die polisie is minstens twee Mosambiekers, \u2019n Ethiopi\u00ebr en \u2019n Malawi\u00ebr in die jongste uitbarsting van anti-immigrasiegeweld dood.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verskeie Afrika-regerings, waaronder di\u00e9 van Nigeri\u00eb, Malawi, Ghana, Zimbabwe en Mosambiek, het vrywillige repatriasievlugte en busvervoer vir hul burgers gere\u00ebl.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Suid-Afrika het al voorheen geweld teen ongedokumenteerde buitelanders beleef, maar dit is die eerste keer dat verskeie regerings gelyktydig repatriasieprosesse organiseer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Meer as 25 000 mense is die afgelope weke vir vertrek verwerk, het owerhede Maandag ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-ek-is-bang\" class=\"wp-block-heading\">\u2018Ek is bang\u2019<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terwyl die betogings in verskeie stede voortgeduur het, het honderde migrante, meestal Malawi\u00ebrs en Zimbabwi\u00ebrs, in Kaapstad, Johannesburg en ander sentrums saamgedrom terwyl hulle op hulp gewag het om huis toe te gaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sommige het ges\u00ea verhuurders het hulle uitgesit of werkgewers het hulle afgedank uit vrees vir boetes of aanvalle deur waaksaamheidsgroepe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie mense in Suid-Afrika wil ons nie hier h\u00ea nie. Ek is bang,\u201d het \u2019n 23-jarige Zimbabwiese vrou, wat anoniem wou bly, ges\u00ea waar sowat 2 000 mense op busse gewag het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Slegs \u2019n paar dosyn Malawi\u00ebrs het by \u2019n terrein in Durban agtergebly nadat etlike duisende die afgelope dae per bus vertrek het, \u00f3f terug na hul land \u00f3f na \u2019n verwerkingsentrum naby die grens met Zimbabwe.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het gedink ek kan aanbly, maar bure het ons gisteraand gewaarsku,\u201d het Adam John (32) aan AFP ges\u00ea. \u201cEk het gevoel dit is beter om huis toe te probeer gaan terwyl ek nog kan.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Duisende mense het Dinsdag in stede regoor Suid-Afrika deelgeneem aan proteste om die vertrek van ongedokumenteerde buitelandse burgers te eis n\u00e1 \u2019n veldtog van etlike weke wat duisende mense laat vlug het en reeds vier lewens ge\u00ebis het. Polisie was in groot getalle ontplooi vir die landwye betogings, wat die hoogtepunt was van \u2019n veldtog [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":322859,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"AFP\/Jeanette Chabalala","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16550,16671,15603,16585,15577],"class_list":["post-322857","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-immigrasie","tag-march-and-march","tag-nuus","tag-ongedokumenteerde-buitelanders","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Duisende mense het Dinsdag in stede regoor Suid-Afrika deelgeneem aan proteste om die vertrek van ongedokumenteerde buitelandse burgers te eis n\u00e1 \u2019n veldtog van etlike weke wat duisende mense laat vlug het en reeds vier lewens ge\u00ebis het. Polisie was in groot getalle ontplooi vir die landwye betogings, wat die hoogtepunt was van \u2019n veldtog [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-30T16:30:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1320\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"880\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"AFP\/Jeanette Chabalala\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat\",\"datePublished\":\"2026-06-30T16:30:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/\"},\"wordCount\":607,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg\",\"keywords\":[\"Immigrasie\",\"March and March\",\"Nuus\",\"Ongedokumenteerde buitelanders\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/\",\"name\":\"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-06-30T16:30:51+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg\",\"width\":1320,\"height\":880,\"caption\":\"Duisende mense het 30 Junie regoor Suid-Afrika teen ongedokumenteerde buitelanders betoog. Foto: AFP.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat","og_description":"Duisende mense het Dinsdag in stede regoor Suid-Afrika deelgeneem aan proteste om die vertrek van ongedokumenteerde buitelandse burgers te eis n\u00e1 \u2019n veldtog van etlike weke wat duisende mense laat vlug het en reeds vier lewens ge\u00ebis het. Polisie was in groot getalle ontplooi vir die landwye betogings, wat die hoogtepunt was van \u2019n veldtog [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-30T16:30:51+00:00","og_image":[{"width":1320,"height":880,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"AFP\/Jeanette Chabalala","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat","datePublished":"2026-06-30T16:30:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/"},"wordCount":607,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg","keywords":["Immigrasie","March and March","Nuus","Ongedokumenteerde buitelanders","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/","name":"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg","datePublished":"2026-06-30T16:30:51+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/AFP__20260630__B8QZ8T7__v2__HighRes__TopshotSafricaPoliticsMigrationUnrest-1320x880-1.jpg","width":1320,"height":880,"caption":"Duisende mense het 30 Junie regoor Suid-Afrika teen ongedokumenteerde buitelanders betoog. Foto: AFP."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Duisende sluit by proteste aan om te eis dat ongedokumenteerde immigrante SA verlaat"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/duisende-sluit-by-proteste-aan-om-te-eis-dat-ongedokumenteerde-immigrante-sa-verlaat\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/322857","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=322857"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/322857\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":322873,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/322857\/revisions\/322873"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/322859"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=322857"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=322857"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=322857"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}