{"id":322443,"date":"2026-06-28T17:00:00","date_gmt":"2026-06-28T15:00:00","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=322443"},"modified":"2026-06-28T10:54:19","modified_gmt":"2026-06-28T08:54:19","slug":"kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/","title":{"rendered":"&#8216;Kokkedoor&#8217; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Met \u2019n liefde en aanvoeling vir kos wat in ouma en ma se kospotte begin het, is die beoordelaars van die nuwe seisoen van Kokkedoor in afwagting om te sien wat deelnemers van\u00a0<em>Kokkedoor: Klassiek<\/em>\u00a0met die land se ryk erfenis van onthouresepte gaan doen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KykNET het Vrydag aangekondig dat Herman Lensing en Jess van Dyk die beoordelaars van\u00a0<em>Kokkedoor: Klassiek<\/em>\u00a0is, en albei di\u00e9 beoordelaars het \u2019n goeie skeut Noord-Kaapse sout in hul are met Herman wat in Upington grootgeword het, en Jess in Kuruman.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"823\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Kokkedoor-7-823x1024-1.jpg\" alt=\"Herman en Jess. Foto: Verskaf\" class=\"wp-image-322447\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Kokkedoor-7-823x1024-1.jpg 823w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Kokkedoor-7-823x1024-1-241x300.jpg 241w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Kokkedoor-7-823x1024-1-768x956.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/Kokkedoor-7-823x1024-1-600x747.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 823px) 100vw, 823px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Herman en Jess. Foto: Verskaf<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Behalwe dat die gewilde koswerklikheidsreeks \u2019n klassieke baadjie in die nuwe seisoen aantrek en deelnemers wil inspireer om onthouresepte deeglik met \u2019n knippie oud en \u2019n skeutjie nuut te meng, is daar \u2019n miljoen ander redes om in te skryf: \u2018&#8217;n volle R1 miljoen se prysgeld vir die wenners. En die voorreg om aan die gesogte Goue Haan \u2019n nuwe tuiste te bied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In \u2019n verklaring word genoem dat\u00a0<em>Kokkedoor: Klassiek<\/em>\u00a0&#8217;n platform propvol uitdagings bied wat deelnemers se vaardighede voor die stoof met rasse skrede gaan verbeter en hulle die geleentheid gaan kry om hulself te oortref.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOnder die bekwame leiding van ervare, bekende kosmense gaan hierdie die kulin\u00eare avontuur van \u2019n leeftyd wees. Deelnemers gaan nuwe vriende maak, nuwe tegnieke leer en die geleentheid kry om te wys hoe hulle met enige gereg kan toor,\u201d s\u00ea organiseerders en nooi voornemende deelnemers uit om nou in te skryf.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-geliefde-bekende-as-beoordelaar\" class=\"wp-block-heading\">\u2018Geliefde bekende\u2019 as beoordelaar<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die 39-jarige Herman is so deel van die Suid-Afrikaanse kosw\u00eareld soos kaneelsuiker en \u2019n warm pannekoek op \u2019n re\u00ebnerige dag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vra hom watter geregte hy met Noord-Kaapse kookkuns vereenselwig, is sy antwoord: \u201cSkuinskoek en staanrib sonder om twee keer te dink.&nbsp;Dis vir my die eerlikste vorm van kos en geduld,\u201d s\u00ea hy. Herman het in Upington grootgeword en aan die Ho\u00ebrskool Duineveld matrikuleer. Herman se pa, Harry Lensing, woon nog in Upington.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 kosskrywer, tydskrif-redakteur en TV-persoonlikheid het sy liefde vir kos by sy ma gekry en baie jare het in die kosw\u00eareld verloop sedert hy op 22-jarige ouderdom, kort n\u00e1 hy as sjef by die Institute of Cullinary Arts in Stellenbosch gekwalifiseer het, as die kosredakeur van die tydskrif&nbsp;<em>Sarie<\/em>&nbsp;aangestel is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandag, met talle topverkoperkookboeke, eerbewyse en erkennings op sy kerfstok, is hy een van die land se invloedrykste en mees geliefde ster-kokke.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Herman was ook \u2019n beoordelaar vir die onlangse&nbsp;<em>Kokkedoor: Son &amp; see,&nbsp;<\/em>die tiende seisoen van die reeks wat deur die mense van Aberdeen se Kamdebo Padstal gewen is: Hanna van der Westhuizen en haar seun, Dirk.<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-saam-met-die-klassiek-n-vars-nuwe-briesie\" class=\"wp-block-heading\">Saam met die klassiek, \u2019n vars nuwe briesie<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kosfoendies raak opgewonde wanneer jy die naam Jess van Dyk noem. Di\u00e9 35-jarige oudleerder van die Ho\u00ebrskool Kalahari in Kuruman is deesdae die hoofsjef en eienaar van Post &amp; Pepper-restaurant wat in 2022 sy deure in Stellenbosch oopgemaak het. Dit is \u2019n intieme restaurant wat haar eie kookfilosofie weerspie\u00ebl: bestanddeelgerigte kos, tegniese presisie en warm, deurdagte gasvryheid.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer sy aan kos uit die Noord-Kaap dink, is dit Angus-slaghuis se Club Steak op die braai, of basaarkerrie, sosaties en skaaptjops. Haar ouers, Dion en Lynn van Dyk, het verlede jaar die huis waarin sy in Kuruman grootgeword het, verkoop en Wes-Kaap toe verhuis, maar Jess het steeds ander familie en vriende in die Noord-Kaap.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy&nbsp;het \u2019n diepe waardering vir \u201cklassieke\u201d kosmense soos Nigella Lawson, Rick Stein en Gary Rhodes. In haar indrukwekkende loopbaan het sy al by verskeie veelbekroonde restaurante gewerk, soos La Colombe naby Constantia, waar sy in 2012 n\u00e1 haar studies aan die vooraanstaande Silwood-sjefskool begin werk het. Hier het sy later die sous-sjef en uiteindelik die hoofsjef geword.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die La Colombe-restaurantgroep het haar in 2019 as hoofsjef by die Prot\u00e9g\u00e9-restaurant in Franschhoek aangestel, en sy was deel van die span wat La Colombe na Silvermist geskuif het.&nbsp;&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Stilsit is nie in haar gene nie. Jess was ook vir \u2019n jaar lank \u2019n privaatsjef op \u2019n luukse seiljag in die Mediterreense-see.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-dis-hoekom-herman-dink-jy-moet-inskryf\" class=\"wp-block-heading\">D\u00eds hoekom Herman dink jy moet inskryf<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns koserfenis is \u2019n ryk skatkis van onthouresepte en stories wat jy n\u00earens anders in die w\u00eareld kry soos hier in Suid-Afrika nie, en met&nbsp;<em>Kokkedoor: Klassiek<\/em>&nbsp;wil ons daardie stories en resepte van nuuts af vier.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDis sonder twyfel dat kos ons saambring en verenig, en met hierdie seisoen wil ons dit wat ons uniek maak, weer met kos vier.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVernuwing is immers die sleutelbestanddeel vir die voortbou op en ontwikkeling van ons koserfenis.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMense moet onthou dat&nbsp;<em>Kokkedoor<\/em>&nbsp;nie net vir die ervare sjefs is nie, maar ook vir die tannies, ooms en ouer garde wat weet hoe Suid-Afrikaanse kos moet smaak en ook graag hul kosmaak-ervarings en herinneringe met ander deel. Dit is in hul hande waar die DNS van onthoukos skuil.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk is bitter opgewonde oor die nuwe onthou- en kinkelkokke wat ons nog gaan ontmoet, want Suid-Afrikaanse kos is hoe ek asemhaal.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns wil jou unieke persoonlikheid raaksien met jou inskrywing \u2013 en natuurlik moet jy ook goeie kos kan maak.\u201d&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-dit-vir-jess-beteken-om-n-beoordelaar-te-wees\" class=\"wp-block-heading\">Wat dit vir Jess beteken om \u2019n beoordelaar te wees<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNet soos elke voornemende deelnemer is ek kinderlik opgewonde en op my senuwees, want hierdie is net so \u2019n ongelooflike geleentheid vir my ook.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy liefde vir kos het begin by my ouma se kospotte, maar dit het veral vlamgevat toe ek&nbsp;<em>BBC Food&nbsp;<\/em>se sjefs op die kassie leer ken het.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cToe begin ek om daagliks n\u00e1 skool \u2018TV-broodjies\u2019 of bloot net&nbsp;<em>tuna melt<\/em>&nbsp;in ons kombuis te maak. Ek het bakkies met gekerfde uie, mosterd en alles en nog wat uitgesit, nes die TV-sjefs dit gedoen het, en dan het ek stap vir stap die proses voor \u2019n kammakamera verduidelik.&nbsp;<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOm nou \u2019n&nbsp;<em>Kokkedoor<\/em>-beoordelaar te wees, is werklik \u2019n volsirkel-oomblik vir my. Nog voordat ek geweet het van Michelin-sterre en die w\u00eareld se top-50-restaurante het ek daarvan gedroom om op TV met kos te kan werk. En hier is ons nou!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns het \u2019n baie ryk geskiedenis van besonderse kosstories in ons land en huise, en as ons dit nie vertel en deel nie, gaan dit verlore raak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy is ook van mening dat min dinge so spesiaal is soos om jou familieresep op nasionale televisie te deel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns wil al die boererate, kitswenke en lekkernye sien en by jou leer \u2013 dit is bietjie van die oud gemeng met bietjie van die nuut.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h3 id=\"h-wat-om-te-weet-as-jy-wil-inskryf\" class=\"wp-block-heading\">Wat om te weet as jy wil inskryf<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Kry die inskrywingsvorm by\u00a0<a href=\"https:\/\/www.dstv.com\/en-za\/kyknet\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">kyknet.tv<\/a>\u00a0of stuur \u2019n e-pos aan\u00a0<a href=\"mailto:navrae@kokkedoor.tv\">navrae@kokkedoor.tv<\/a><\/li>\n\n\n\n<li>Sluitingsdatum vir inskrywings:\u00a0<strong>12 Julie<\/strong><\/li>\n\n\n\n<li>Jy moet ten minste 18 jaar oud wees op die dag van die oudisie<\/li>\n\n\n\n<li>Net Suid-Afrikaanse of Namibiese burgers met \u2019n geldige ID-dokument kan inskryf<\/li>\n\n\n\n<li>Jy kan nie as deel van \u2019n span inskryf nie<\/li>\n\n\n\n<li>Oudisies sal van\u00a0<strong>13 tot 17 Julie\u00a0<\/strong>in\u00a0<strong>Kaapstad<\/strong>\u00a0gehou word<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met \u2019n liefde en aanvoeling vir kos wat in ouma en ma se kospotte begin het, is die beoordelaars van die nuwe seisoen van Kokkedoor in afwagting om te sien wat deelnemers van\u00a0Kokkedoor: Klassiek\u00a0met die land se ryk erfenis van onthouresepte gaan doen. KykNET het Vrydag aangekondig dat Herman Lensing en Jess van Dyk die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":601,"featured_media":322446,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Nova News","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[17023,17024,17022,15603,15577],"class_list":["post-322443","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-herman-lensing","tag-jess-van-dyk","tag-kokkedoor-klassiek","tag-nuus","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>&#039;Kokkedoor&#039; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"&#039;Kokkedoor&#039; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Met \u2019n liefde en aanvoeling vir kos wat in ouma en ma se kospotte begin het, is die beoordelaars van die nuwe seisoen van Kokkedoor in afwagting om te sien wat deelnemers van\u00a0Kokkedoor: Klassiek\u00a0met die land se ryk erfenis van onthouresepte gaan doen. KykNET het Vrydag aangekondig dat Herman Lensing en Jess van Dyk die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-28T15:00:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"480\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Nova News\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\"},\"headline\":\"&#8216;Kokkedoor&#8217; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019\",\"datePublished\":\"2026-06-28T15:00:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/\"},\"wordCount\":1179,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg\",\"keywords\":[\"Herman Lensing\",\"Jess van Dyk\",\"kokkedoor klassiek\",\"Nuus\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/\",\"name\":\"'Kokkedoor' keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg\",\"datePublished\":\"2026-06-28T15:00:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg\",\"width\":480,\"height\":480,\"caption\":\"Kokkedoor: Klassiek\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"&#8216;Kokkedoor&#8217; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b\",\"name\":\"Annelene Oberholzer\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Annelene Oberholzer\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/annelene-oberholzer\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"'Kokkedoor' keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"'Kokkedoor' keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019","og_description":"Met \u2019n liefde en aanvoeling vir kos wat in ouma en ma se kospotte begin het, is die beoordelaars van die nuwe seisoen van Kokkedoor in afwagting om te sien wat deelnemers van\u00a0Kokkedoor: Klassiek\u00a0met die land se ryk erfenis van onthouresepte gaan doen. KykNET het Vrydag aangekondig dat Herman Lensing en Jess van Dyk die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-28T15:00:00+00:00","og_image":[{"width":480,"height":480,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Nova News","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/"},"author":{"name":"Annelene Oberholzer","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b"},"headline":"&#8216;Kokkedoor&#8217; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019","datePublished":"2026-06-28T15:00:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/"},"wordCount":1179,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg","keywords":["Herman Lensing","Jess van Dyk","kokkedoor klassiek","Nuus","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/","name":"'Kokkedoor' keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg","datePublished":"2026-06-28T15:00:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/724251931_1588562313060666_8083294528940513886_n.jpg","width":480,"height":480,"caption":"Kokkedoor: Klassiek"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"&#8216;Kokkedoor&#8217; keer terug met klassieke kinkel \u2013 beoordelaars s\u00ea \u2018meng knippie oud en skeutjie nuut\u2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/46ad4992cf69e061a3106426cc198b6b","name":"Annelene Oberholzer","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/cd284f85fc010e5f3e9dc0e6856a3397a4623047945111223684775a5b0a329a?s=96&d=mm&r=g","caption":"Annelene Oberholzer"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/annelene-oberholzer\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/kokkedoor-keer-terug-met-n-klassieke-kinkel-beoordelaars-se-meng-knippie-oud-en-skeutjie-nuut\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/322443","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/601"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=322443"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/322443\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":322457,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/322443\/revisions\/322457"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/322446"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=322443"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=322443"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=322443"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}