{"id":319582,"date":"2026-06-05T16:06:56","date_gmt":"2026-06-05T14:06:56","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=319582"},"modified":"2026-06-06T09:16:40","modified_gmt":"2026-06-06T07:16:40","slug":"avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/","title":{"rendered":"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Byna ses dekades nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se Viscount-vliegtuig Rietbok in die see naby Oos-Londen neergestort het, is Wouter Botes, \u2019n avonturier, weer op pad om na die wrak te gaan soek. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie Rietbok-ramp bly een van die bekendste tragedies in Suid-Afrikaanse burgerlugvaartgeskiedenis en wek steeds belangstelling onder familielede, navorsers en lugvaartentoesiaste.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea sommige familielede van die 25 passasiers wat in die vlugramp dood is, dring steeds aan op antwoorde oor waarom die vliegtuig op 13 Maart 1967 onderweg van die destydse Port Elizabeth na Oos-Londen neergestort het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Botes, ook \u2019n dokkie-aanbieder, en sy span vertrek einde September na die Oos-Kaapse-kus om weer te probeer om dele van die wrak van die SAL-vliegtuig te herwin. Die ekspedisie bestaan uit vyf duikers, twee mediapersone en \u2019n volledige filmspan. Dit word ondersteun deur verskeie borge n\u00e1 jare se navorsing en voorbereiding sedert die wrak die eerste keer in 2022 gevind is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy navorsing, en talle ander vlie\u00ebniers se opinies dui daarop dat dit die vlie\u00ebnier, Kaptein Gordon Lipawsky, se skuld was en dat daar niks fout was met die SAL-vlug nie,\u201d s\u00ea hy. \u201cDit beteken dat die families wat geld wil eis by SAL vir die tragedie nie kan nie, en ook nie teen die vlie\u00ebnier omdat hy ook op die vlug oorlede is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Botes het verskeie familiegroepe oor die afgelope paar jaar instellings genader om die saak te laat heroorweeg, insluitend die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (Sahra), provinsiale owerhede en uiteindelik die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea dokumentasie is in November 2025 by die NVG ingedien met \u2019n versoek vir heropening van die saak, op inisiatief van Aaron M. Goodman, wie se ouma se tante onder die passasiers was. \u201cEk verstaan dat die familie antwoorde wil h\u00ea, veral as hulle voel die ondersoek destyds was nie voldoende nie,\u201d s\u00ea Botes.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"552\" height=\"556\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/5a53ef76-a764-4c92-b76a-4bdddbefc1d7.jpeg\" alt=\"Wouter Botes.\" class=\"wp-image-319584\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/5a53ef76-a764-4c92-b76a-4bdddbefc1d7.jpeg 552w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/5a53ef76-a764-4c92-b76a-4bdddbefc1d7-298x300.jpeg 298w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/5a53ef76-a764-4c92-b76a-4bdddbefc1d7-150x150.jpeg 150w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/5a53ef76-a764-4c92-b76a-4bdddbefc1d7-120x120.jpeg 120w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/5a53ef76-a764-4c92-b76a-4bdddbefc1d7-100x100.jpeg 100w\" sizes=\"auto, (max-width: 552px) 100vw, 552px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Wouter Botes. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens hom moet die NVG nog bevestig of daar genoegsame gronde bestaan vir verdere ondersoek of regsaksie. Hy wys ook daarop dat die saak in die verlede aandag van die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) gekry het weens aantuigings dat die vlug deur die regering saboteer is. Die (WVK) kon in sy finale verslag in 1998 geen definitiewe bewyse vind dat die apartheidsregering of sy veiligheidsmagte die Rietbok-vliegtuig gesaboteer het nie en die saak is laat vaar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk dink baie mense het reeds hul eie oortuigings oor die saak, en dit maak dit moeilik om almal tevrede te stel,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die nuwe soektog na die Rietbok-wrak het sterk teenstand van sommige familielede ontlok, wat glo die terrein behoort as \u2019n \u201coseaan-begraafplaas\u201d beskerm te word. Die Vereniging van Families van die Rietbok-vliegtuigramp (Aforat) het ook aangedring dat toegang tot die wrak streng beheer word en dat slegs goedgekeurde partye daar mag duik.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Wouter Botes - The Missing Rietbok - April 2023\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nZWw2as1zfc?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kritici van die projek bevraagteken verder die motiewe agter die ekspedisie, terwyl sommige families meen dat die oorspronklike ondersoek nie alle vrae beantwoord het nie en dat die saak steeds oop bly.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Botes is skepties oor die geveg om die saak te heropen en voer aan dat sy bevindinge en di\u00e9 van ander vlie\u00ebniers daarop dui dat die ongeluk hoogs waarskynlik aan \u2019n vlie\u00ebnierfout toegeskryf kan word en nie aan \u2019n meganiese fout met die vliegtuig nie. Aforat dring steeds daarop aan dat vuilspel betrokke was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sommige familielede verwerp egter di\u00e9 interpretasie dat die vlie\u00ebnier die oorsaak was, en vermoed dat daar inmenging van die destydse regering was. Dit spruit uit twee prominente figure wie op die vlug was, SAL wat deur die regering besit was en die wrak eers jare later opgespoor is. Botes l\u00ea egter klem op die tegnologie wat destyds gebruik is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Of die jongste pogings tot verdere ondersoek sal lei, bly egter onduidelik, maar hoogs betwyfel deur Botes.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"466\" height=\"658\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/7cdd068d-6ff1-4550-88d6-859c3bd20c50.jpeg\" alt=\"Basson sal \u2019n ekspedisie in September lei.\" class=\"wp-image-319585\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/7cdd068d-6ff1-4550-88d6-859c3bd20c50.jpeg 466w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/7cdd068d-6ff1-4550-88d6-859c3bd20c50-212x300.jpeg 212w\" sizes=\"auto, (max-width: 466px) 100vw, 466px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Botes sal \u2019n ekspedisie in September lei. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h3 id=\"h-agtergrond\" class=\"wp-block-heading\">Agtergrond<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\" id=\"h-\">Die wrak is deur Botes en sy span reeds in 2022 opgespoor nadat spesialis-sonar- en beeldtegnologie van oorsee ingespan is om die gebied te karteer. \u201cOns het nuwe tegnologie ingebring om die soektog te verfyn,\u201d s\u00ea hy. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\" id=\"h-\">\u201cSedertdien het die projek sowat R800 000 gekos en word dit deur verskeie borge ondersteun.\u201d <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\" id=\"h-\">Hy s\u00ea die komende September-ekspedisie is die duurste fase tot dusver en kan tot nagenoeg R2 miljoen kos. Die dokument\u00ear se kontrak staan reeds bo R1 miljoen en die res word deur private instellings befonds.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\" id=\"h-\">Volgens Botes spoel klein dele van die wrak steeds by Kaizerstrand uit, terwyl dit die eerste keer sal wees dat die span probeer om wrakstukke fisies na die oppervlak te bring.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Byna ses dekades nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se Viscount-vliegtuig Rietbok in die see naby Oos-Londen neergestort het, is Wouter Botes, \u2019n avonturier, weer op pad om na die wrak te gaan soek. \u201cDie Rietbok-ramp bly een van die bekendste tragedies in Suid-Afrikaanse burgerlugvaartgeskiedenis en wek steeds belangstelling onder familielede, navorsers en lugvaartentoesiaste.\u201d Hy s\u00ea [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":319583,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Shanell Binedell","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,16605,15577,16606,16604],"class_list":["post-319582","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-rietbok","tag-top","tag-vliegtuig","tag-wouter-botes"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Byna ses dekades nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se Viscount-vliegtuig Rietbok in die see naby Oos-Londen neergestort het, is Wouter Botes, \u2019n avonturier, weer op pad om na die wrak te gaan soek. \u201cDie Rietbok-ramp bly een van die bekendste tragedies in Suid-Afrikaanse burgerlugvaartgeskiedenis en wek steeds belangstelling onder familielede, navorsers en lugvaartentoesiaste.\u201d Hy s\u00ea [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-05T14:06:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-06-06T07:16:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"310\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"163\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Shanell Binedell\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig\",\"datePublished\":\"2026-06-05T14:06:56+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-06T07:16:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/\"},\"wordCount\":759,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Rietbok\",\"Top\",\"Vliegtuig\",\"Wouter Botes\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/\",\"name\":\"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-06-05T14:06:56+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-06T07:16:40+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg\",\"width\":310,\"height\":163,\"caption\":\"Die Rietbok-vliegtuig. Foto: Argief.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nZWw2as1zfc\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"2828\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-06-05T14:06:56+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig","og_description":"Byna ses dekades nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se Viscount-vliegtuig Rietbok in die see naby Oos-Londen neergestort het, is Wouter Botes, \u2019n avonturier, weer op pad om na die wrak te gaan soek. \u201cDie Rietbok-ramp bly een van die bekendste tragedies in Suid-Afrikaanse burgerlugvaartgeskiedenis en wek steeds belangstelling onder familielede, navorsers en lugvaartentoesiaste.\u201d Hy s\u00ea [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-05T14:06:56+00:00","article_modified_time":"2026-06-06T07:16:40+00:00","og_image":[{"width":310,"height":163,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Shanell Binedell","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig","datePublished":"2026-06-05T14:06:56+00:00","dateModified":"2026-06-06T07:16:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/"},"wordCount":759,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg","keywords":["Nuus","Rietbok","Top","Vliegtuig","Wouter Botes"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/","name":"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg","datePublished":"2026-06-05T14:06:56+00:00","dateModified":"2026-06-06T07:16:40+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/486a51a7-79e5-43db-9ad1-e9252ad3cac4.jpeg","width":310,"height":163,"caption":"Die Rietbok-vliegtuig. Foto: Argief."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Avonturier loods nuwe soektog na Rietbok-vliegtuig"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/avonturier-loods-nuwe-soektog-na-rietbok-vliegtuig\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/nZWw2as1zfc","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"2828","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-06-05T14:06:56+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=319582"}],"version-history":[{"count":3,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319582\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":319636,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319582\/revisions\/319636"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/319583"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=319582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=319582"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=319582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}