{"id":319361,"date":"2026-06-07T15:30:20","date_gmt":"2026-06-07T13:30:20","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=319361"},"modified":"2026-06-25T11:19:52","modified_gmt":"2026-06-25T09:19:52","slug":"leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/","title":{"rendered":"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek wat deur kunsmatige intelligensie (KI) vervaardig word, het die afgelope maande al hoe gewilder geword, met KI-kuns\u00adtenaars soos JakkalsVibes wat selfs in Mei by Loftus opgetree het \u2013 al het hy moontlik net \u2019n \u201cplay\u201d-knoppie gedruk. Dit het kommer laat onstaan oor of KI die werk van werklike kunstenaars gaan afvat.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KI-musiek sal egter nooit kan kers vashou by die ware Jakob nie. KI se musiek sal nooit die egtheid van mense se trane, vreugde en liefde kan vasvang nie.\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek was van die begin van tyd af menslik.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In die Bybelse tyd was musiek \u2019n manier vir Christene om te aanbid, te pleit of dankie te s\u00ea. Vandag nog gebruik ons musiek op di\u00e9 manier. As mense is ons nie perfek nie. Musiek is en was nog nooit veronderstel om perfek te wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek is deur talentvolle, hardwerkende mense gemaak \u2013 nie net sangers nie, maar ook skrywers, vervaardigers en agente wat deel is van die musiekmaakproses.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek is \u2019n kuns. Nes kunswerke, is dit die \u201cfoute\u201d wat dit mooi en uniek maak. Musiek is \u2019n manier om menslike gevoelens met die w\u00eareld te deel. Dit is juis hierdie \u201cfoute\u201d \u2013 amper soos vingerafdrukke \u2013 wat mense roer en inspireer. Die klein kraak in iemand se stem, soos wanneer emosie \u2019n knop in die kunstenaar se keel veroorsaak, is \u2019n goeie voorbeeld hiervan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KI sal nooit die hoendervel-gevoel wat in regstreekse opnames van gospelmusiek vasgevang word, kan gee nie. KI sal nooit die menslike gevoel van ontsettende liefde in \u2019n nuwe verhouding, of die verraad van \u2019n hart wat gebreek is, kan vasvang nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Musiek wat deur KI geskep word, klink boonop baie generies. KI vat die woorde en klanke van bestaande musiek en meng dit totdat dit vind waarvoor die kunstenaar gevra het \u2013 anders as mensgemaakte musiek, wat harde werk, deursettingsvermo\u00eb en soms baie geduld vereis.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit laat ook vrae oor etiese kwessies soos kopiereg ontstaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KI sal slegs verkoop en oorneem as mense nie meer ho\u00ebgehalte artistieke musiek aan hul gehore voorl\u00ea nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit verras my hoe ouer generasies nie dadelik kan uitken of musiek deur KI geskep is of nie. Ek en my sussie het \u2019n paar weke gelede Mikhail Bennett gehoor wat op my pa se radiostasie gespeel is. My ouers het dadelik van die liedjie se wysie en woorde gehou, maar het nie besef dit is KI nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek en my sussie het na mekaar gekyk en uitgebars van die lag. Ons het verduidelik dit was so duidelik soos daglig KI-musiek, en ons het ons koppe geskud oor hoe oortuig hulle was dat dit \u2019n regte kunstenaar is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">KI-musiek het \u2019n neiging om soos gemengde stemme te klink. Jy kan nie eintlik plaas hoe die \u201csanger\u201d klink nie. Die woorde is meestal generies en oppervlakkig. Hulle was eers oortuig nadat Meneer Google gewys het die liedjie is inderdaad deur KI gemaak, en het maar agter hul hande gemompel dat ek en my sussie reg was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eerder as om menslike kunstenaars se werk te vervang, dink ek KI-musiek sal bloot \u2019n nuwe genre van musiek word \u2013 net soos pop, rock en kletsrym.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">S\u00f3 \u2019n genre laat nou nie juis my hart warm klop nie, maar dit is nie my plek om di\u00e9 te oordeel wat wel daarvan hou nie. Ons leef in \u2019n vinnig veranderende w\u00eareld, veral weens nuwe tegnologiese ontwikkeling, en dit is noodwendig nodig dat ons aanpas. Maar dit beteken nie ons moet dit wat musiek eg maak, prysgee nie.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Van Loggerenberg is \u2019n student van Pretoria.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Musiek wat deur kunsmatige intelligensie (KI) vervaardig word, het die afgelope maande al hoe gewilder geword, met KI-kuns\u00adtenaars soos JakkalsVibes wat selfs in Mei by Loftus opgetree het \u2013 al het hy moontlik net \u2019n \u201cplay\u201d-knoppie gedruk. Dit het kommer laat onstaan oor of KI die werk van werklike kunstenaars gaan afvat. KI-musiek sal egter [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":319365,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Anushka van Loggerenberg","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[15459],"tags":[15568,15875,15889,16033,15577],"class_list":["post-319361","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dink","tag-dink","tag-ki","tag-kuns","tag-kunsmatige-intelligensie","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Musiek wat deur kunsmatige intelligensie (KI) vervaardig word, het die afgelope maande al hoe gewilder geword, met KI-kuns\u00adtenaars soos JakkalsVibes wat selfs in Mei by Loftus opgetree het \u2013 al het hy moontlik net \u2019n \u201cplay\u201d-knoppie gedruk. Dit het kommer laat onstaan oor of KI die werk van werklike kunstenaars gaan afvat. KI-musiek sal egter [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-07T13:30:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-06-25T09:19:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/GettyImages-14729730_63445.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Anushka van Loggerenberg\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI\",\"datePublished\":\"2026-06-07T13:30:20+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-25T09:19:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/\"},\"wordCount\":597,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/GettyImages-14729730_63445.jpg\",\"keywords\":[\"dink\",\"KI\",\"Kuns\",\"kunsmatige intelligensie\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Dink\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/\",\"name\":\"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/GettyImages-14729730_63445.jpg\",\"datePublished\":\"2026-06-07T13:30:20+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-25T09:19:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/GettyImages-14729730_63445.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/GettyImages-14729730_63445.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"Foto ter illustrasie: Getty Images.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dink\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dink\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI","og_description":"Musiek wat deur kunsmatige intelligensie (KI) vervaardig word, het die afgelope maande al hoe gewilder geword, met KI-kuns\u00adtenaars soos JakkalsVibes wat selfs in Mei by Loftus opgetree het \u2013 al het hy moontlik net \u2019n \u201cplay\u201d-knoppie gedruk. Dit het kommer laat onstaan oor of KI die werk van werklike kunstenaars gaan afvat. KI-musiek sal egter [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-07T13:30:20+00:00","article_modified_time":"2026-06-25T09:19:52+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/GettyImages-14729730_63445.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Anushka van Loggerenberg","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI","datePublished":"2026-06-07T13:30:20+00:00","dateModified":"2026-06-25T09:19:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/"},"wordCount":597,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/GettyImages-14729730_63445.jpg","keywords":["dink","KI","Kuns","kunsmatige intelligensie","Top"],"articleSection":["Dink"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/","name":"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/GettyImages-14729730_63445.jpg","datePublished":"2026-06-07T13:30:20+00:00","dateModified":"2026-06-25T09:19:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/GettyImages-14729730_63445.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/GettyImages-14729730_63445.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"Foto ter illustrasie: Getty Images."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dink","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dink\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Leser: Mense sal altyd meer egte musiek maak as KI"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leser-mense-sal-altyd-meer-egte-musiek-maak-as-ki\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319361","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=319361"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319361\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":321884,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319361\/revisions\/321884"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/319365"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=319361"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=319361"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=319361"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}