{"id":319283,"date":"2026-06-04T11:30:15","date_gmt":"2026-06-04T09:30:15","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=319283"},"modified":"2026-06-04T11:30:17","modified_gmt":"2026-06-04T09:30:17","slug":"riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/","title":{"rendered":"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Deel van die regstelsel in Kimberley het Dinsdag en Woensdag tot \u2019n stilstand gekom nadat \u2019n \u201cwalglike\u201d rioolkrisis by die Kimberley-landdroshof \u2019n bio-gevaar vir polisielede en aangehoudenes geskep het waarna een van die howe noodgedwonge na die hooggeregshof verskuif is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>NoordkaapBulletin<\/em>\u00a0het di\u00e9 riool-probleme in Februarie onder die aandag van die nasionale departement van openbare werke gebring wat die hofgebou bestuur, wat toe ontken het daar is rioleringsprobleme by die landdroshofgebou. Die departement van arbeid het egter inspeksie gedoen en volgens bronne het \u2019n vinnige skoonmaakaksie gevolg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 krisis kom n\u00e1 die Galeshewe-landdroshof al meer as twee jaar in onbruik geraak het omdat die departement van arbeid dit gesluit het weens strukturele gevare. Gevolglik sit Galeshewe-hofsake ook in die Kimberley-gebou se hofsale, en moet hofgangers uit Galeshewe na Kimberley vir hofsake reis.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dis in teenstelling met die opening van die Galeshewe-hofgebou in 2011 toe Jeff Radebe, destydse minister van justisie, op \u2019n yskoue winterdag gespog het dat mense uit Galeshewe nie meer na Kimberley hoef te reis vir hofverrigtinge nie. Die Galeshewe-hofgebou is opgerig om die druk op die Kimberley-landdroshof te verlig en om regsdienste nader aan die gemeenskap te bring.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-3-768x1024-1.jpg\" alt=\"Rioolwater naby die aanhoudingselle. \" class=\"wp-image-319288\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-3-768x1024-1.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-3-768x1024-1-225x300.jpg 225w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-3-768x1024-1-600x800.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Rioolwater naby die aanhoudingselle. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h3 id=\"h-rioolwater-oorstroom-kantore-met-matte\" class=\"wp-block-heading\">Rioolwater oorstroom kantore met matte<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vandeesweek was daar volgens ingeligtes aanvanklik geen watertoevoer na toilette en wasbakke nie. Toe dit herstel is, het die onderste toilette wat die polisielede gebruik met riool begin oorstroom en \u2019n vloed veroorsaak wat tot in hul kantore met matte gestroom het. Die houtdeure is ook met riool bevlek en het begin uitswel van die besoedelde water.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die polisielede se toilette en kantore is afgesonderd van die aangrensende aanhoudingselle waarbinne daar staaltoilette is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ingeligtes is keelvol oor hoe hulle as geregsdienaars deur verskillende departemente behandel word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie reuk is verby walglik, en ons voel al maande lank daagliks siek en naar van die gedurige rioolreuk en -vuil. Daar is nie eens meer \u2019n toiletsitplek vir vroue nie, en ons moet smeek om toiletpapier te kry. Etlike lede het al infeksies opgedoen of siek afgebly van die werk weens die probleme. Ons word slegter as honde behandel,\u201d s\u00ea di\u00e9 lid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die lid voeg by dat toe die rioolvuil vroe\u00ebr vandeesweek oral begin uitborrel het, het hulle geweier om die gevangenes vir hofverskynings te gaan haal, waarna die departement van justisie hulle beveel het om dit te doen.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"770\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette2-770x1024-2.jpg\" alt=\"Toilette het nie sitplekke nie en toiletpapier is selde beskikbaar.\" class=\"wp-image-319289\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette2-770x1024-2.jpg 770w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette2-770x1024-2-226x300.jpg 226w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette2-770x1024-2-768x1021.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette2-770x1024-2-600x798.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 770px) 100vw, 770px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Toilette het nie sitplekke nie en toiletpapier is selde beskikbaar. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Gevangene gly en val in rioolvuil<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dinsdag is die gevangenes ingebring, en was hulle verplig om in die enkeldiep rioolvuil te loop. \u00a0In \u2019n video kan gesien word hoe\u00a0versigtig die gevangenes trap, maar een gly en val wel in die vuil water, waarna hy die res van die dag met sy besmette klere moes loop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is groot kommer oor die moontlike vernietiging van belangrike hofdokumente, dossiere en elektroniese infrastruktuur wat weens die besoedelding en waterskade beskadig of onklaar kan raak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Geen aangehoudenes is Woensdag na die landdroshofgebou gebring nie, waar skoonmaakwerk plaasgevind het. Alle eerste verskynings van mense wat aangekla word, is na die hooggeregshof verskuif, terwyl ander aangehoudenes in gevangenissentrums virtueel verskyn het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die riool-probleme volg nadat polisielede al in Februarie oor die onaanvaarbare toestande gekla het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Media-navrae is toe onder meer aan James de Villiers, kommunikasiehoof van Dean Macpherson, minister van\u00a0openbare werke en infrastruktuur, oor die probleme gestuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy antwoord toe was: \u201cDaar is geen verstopte dreine by die aanhoudingselle nie, en die ablusiegeriewe is in werkende toestand. Die sanitasiestelsel is operasioneel. Daar is geen skadelike of onaangename reuk in die gebou of na die administratiewe gedeeltes van die hof versprei nie. Ons skoonmaakdienste-eenheid maak die gebou op \u2019n daaglikse basis skoon.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoewel die departement van arbeid ondersoek ingestel en skoonmaakwerk gevolg het, is die oorsaak skynbaar nie opgelos nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">De Villiers het onderneem om met amptenare te raadpleeg voordat&nbsp;hy verdere kommentaar lewer.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"768\" height=\"1024\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-1-768x1024-1.jpg\" alt=\"Die rioolwater stroom by die polisielede se kantore en toilette.\" class=\"wp-image-319286\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-1-768x1024-1.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-1-768x1024-1-225x300.jpg 225w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-1-768x1024-1-600x800.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 768px) 100vw, 768px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die rioolwater stroom by die polisielede se kantore en toilette. Foto: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\">Kommer oor gesondheidsgevare amptelik uitgespreek<\/h3>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Brig. Mashay Gamieldien, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, het in \u2019n amptelike verklaring hul kommer oor die gesondheids- en veiligheidstoestande by die hof bevestig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie veiligheid, gesondheid en welstand van SAPD-lede, mense wat aangehou word en alle belanghebbendes binne die strafregstelsel bly \u2019n prioriteit. Ons evalueer deurlopend operasionele omgewings om te verseker ons pligte word in ooreenstemming met toepaslike beroepsgesondheids- en veiligheidsvereistes uitgevoer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie toestande kan die veilige uitvoering van pligte deur SAPD-lede, aangehoudenes en ander hofgebruikers be\u00efnvloed. Verslae en evaluasies oor die operasionele impak is opgestel en aan die betrokke owerhede binne die strafregstelsel-groepering gestuur.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar skakel die polisie met alle belanghebbendes om te verseker dat polisiedienste gelewer word op \u2019n wyse wat die gesondheid en veiligheid van lede beskerm, terwyl die integriteit van die strafregtelike proses gehandhaaf word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns lewer nie kommentaar op interne arbeidsverwante skakeling of operasionele verslae nie, maar het lede se kwellings met gevestigde bestuursprosesse hanteer.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In oorleg met betrokke belanghebbendes in die regsektor is gebeurlikheidsmaatre\u00ebls ingestel om te verseker persone wat in hegtenis geneem is word steeds binne die raamwerk van die reg geprosesseer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAlternatiewe re\u00eblings is in plek om eerste hofverskynings en die prosessering van aangehoudenes te vergemaklik. Dit moet voldoen aan grondwetlike en wetgewende vereistes, terwyl die veiligheid en sekuriteit van aangehoudenes, polisielede, hofbeamptes en lede van die publiek gehandhaaf word.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die polisie skakel voortdurend binne die Ge\u00efntegreerde Regstelsel en die plaaslike Strafregstelsel-groepering om die impak van die infrastruktuuruitdagings op dienslewering en toegang tot geregtigheid te versag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die departement van openbare werke, asook justisie en arbeid, is tot Vrydag 5 Junie gegee om formeel op die probleme te reageer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Deel van die regstelsel in Kimberley het Dinsdag en Woensdag tot \u2019n stilstand gekom nadat \u2019n \u201cwalglike\u201d rioolkrisis by die Kimberley-landdroshof \u2019n bio-gevaar vir polisielede en aangehoudenes geskep het waarna een van die howe noodgedwonge na die hooggeregshof verskuif is. NoordkaapBulletin\u00a0het di\u00e9 riool-probleme in Februarie onder die aandag van die nasionale departement van openbare [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":319285,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Charn\u00e9 Kemp","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16471,16586,15603,16502,16587,15577],"class_list":["post-319283","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-kimberley","tag-kimberley-landdroshof","tag-nuus","tag-riool","tag-rioolkrisis","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Deel van die regstelsel in Kimberley het Dinsdag en Woensdag tot \u2019n stilstand gekom nadat \u2019n \u201cwalglike\u201d rioolkrisis by die Kimberley-landdroshof \u2019n bio-gevaar vir polisielede en aangehoudenes geskep het waarna een van die howe noodgedwonge na die hooggeregshof verskuif is. NoordkaapBulletin\u00a0het di\u00e9 riool-probleme in Februarie onder die aandag van die nasionale departement van openbare [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-04T09:30:15+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-06-04T09:30:17+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-4.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1128\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Charn\u00e9 Kemp\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof\",\"datePublished\":\"2026-06-04T09:30:15+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-04T09:30:17+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/\"},\"wordCount\":933,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/hofgebou-toilette-4.jpg\",\"keywords\":[\"Kimberley\",\"Kimberley-landdroshof\",\"Nuus\",\"Riool\",\"Rioolkrisis\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/\",\"name\":\"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/hofgebou-toilette-4.jpg\",\"datePublished\":\"2026-06-04T09:30:15+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-04T09:30:17+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/hofgebou-toilette-4.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/hofgebou-toilette-4.jpg\",\"width\":1200,\"height\":1128,\"caption\":\"Die loopvlak tussen die polisie se kantore en badkamers op pad na die aanhoudingselle enkeldiep in rioolvuil. Foto: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof","og_description":"\u2019n Deel van die regstelsel in Kimberley het Dinsdag en Woensdag tot \u2019n stilstand gekom nadat \u2019n \u201cwalglike\u201d rioolkrisis by die Kimberley-landdroshof \u2019n bio-gevaar vir polisielede en aangehoudenes geskep het waarna een van die howe noodgedwonge na die hooggeregshof verskuif is. NoordkaapBulletin\u00a0het di\u00e9 riool-probleme in Februarie onder die aandag van die nasionale departement van openbare [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-04T09:30:15+00:00","article_modified_time":"2026-06-04T09:30:17+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":1128,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-4.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Charn\u00e9 Kemp","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof","datePublished":"2026-06-04T09:30:15+00:00","dateModified":"2026-06-04T09:30:17+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/"},"wordCount":933,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-4.jpg","keywords":["Kimberley","Kimberley-landdroshof","Nuus","Riool","Rioolkrisis","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/","name":"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-4.jpg","datePublished":"2026-06-04T09:30:15+00:00","dateModified":"2026-06-04T09:30:17+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-4.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/hofgebou-toilette-4.jpg","width":1200,"height":1128,"caption":"Die loopvlak tussen die polisie se kantore en badkamers op pad na die aanhoudingselle enkeldiep in rioolvuil. Foto: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Riool-chaos dwing verrigtinge by Kimberley-landdroshof na hooggeregshof"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/riool-chaos-dwing-verrigtinge-by-kimberley-landdroshof-na-hooggeregshof\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319283","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=319283"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319283\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":319290,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319283\/revisions\/319290"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/319285"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=319283"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=319283"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=319283"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}