{"id":319197,"date":"2026-06-03T11:31:40","date_gmt":"2026-06-03T09:31:40","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=319197"},"modified":"2026-06-03T11:31:43","modified_gmt":"2026-06-03T09:31:43","slug":"talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/","title":{"rendered":"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Baie van Theewaterskloof se inwoners is steeds letterlik in die donker n\u00e1 die storms op 11\u2009Mei en steeds kan Eskom nie vir hulle of die media enige terug\u00ad\u00advoer gee oor wanneer lig weer aan die einde van die tonnel gaan skyn nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Inwoners van Grabouw, Caledon, Tesselaarsdal, Villiersdorp, Riviersonderend en Bereaville sit met hul hande in die hare \u2013 kos wat vrot word, ekstra uitgawes soos gas om water warm te maak, planne wat beraam word om kos in die hande te kry, warm te bly en dan ook om \u2019n positiewe gesindheid in di\u00e9 moeilike tye te handhaaf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMaandag was ons presies drie weke sonder krag. Water moet gepomp word en dit het elektrisiteit nodig, dus het ons ook nie water nie. Gevriesde kos moes weggegooi word. Gas is op, wat gewoonlik langer as \u2019n maand hou. Dit is veral die plaasarbeiders wat swaarkry, want daar is baie ekstra onkostes wat nou aangegaan moet word,\u201d het \u2019n boer van die Caledon-omgewing ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Grabouw-inwoner het haar op \u2019n ander groep tot die Eskom-groep vir hulp gewend. \u201cOns krag is al sedert 8 \u2009Mei af. Ek het die probleem weer op 22 Mei aangemeld. Ek wil weet waar die fout is en waarom niemand ons help nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-dis-nie-normaal-nie\" class=\"wp-block-heading\">\u2018Dis nie normaal nie\u2019<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nog inwoners het gekla en ges\u00ea hulle sit met \u2019n huis vol kinders en hulle weet nie wat om te doen nie. \u2019n Ander inwoner s\u00ea niemand moet haar dwing om te lewe soos sy die afgelope drie weke al moet lewe nie. \u201cAs ek<em> off the grid <\/em>wil vakansie hou, dan sal ek dit doen. Dit wat nou hier aangaan, is nie normaal nie. In die menseregtehandves word water as \u2019n basiese behoefte erken, maar nie elektrisiteit nie. Ons is egter nou sonder water ook.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die Theewaterskloof-munisipaliteit (TWK) werk Eskom nou saam met die verskillende departemente van die Theewaterskloof om die probleem op te los. \u201cOns werk hard saam met Eskom aan die probleem. Eskom se spanne het ons die versekering gegee hulle gaan so gou as moontlik die probleme aanpak en dit dan oplos,\u201d het die TWK ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die streke wat geraak word, is plase rond\u00adom Caledon. Volgens die TWK werk Eskom aan die lyne en \u2019n nuwe datum sal deurgegee word vir wanneer die elektrisiteits\u00adtoevoer herstel sal word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Hemel-en-Aarde-lyn, wat Tesselaarsdal insluit, sou Saterdag herstel word, maar weens vandalisme moet hulle weer aan die beskadigde lyne werk. \u2019n Nuwe datum vir die herstelwerk sal later deurgegee word. By die Villiersdorp-plase is kontrakteurs hard aan die werk om die probleme op te los en hopelik sal alle elektrisiteits\u00adtoevoer hierdie week herstel wees. In die Elgin-vallei is die meeste van die lyne al herstel en die oorblywende herstelwerk sal so gou as moontlik afgehandel word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vir die plase tussen Caledon en Greyton is dit steeds nag. Die assessering is afgehandel, maar nou kan herstelwerk nie gedoen word nie aangesien tegnici nie by die probleemgebiede kan uitkom nie. Hulle hoop om dit teen 4 Junie op te los.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">By die Overberg-waterraad en die Vyeboom-gebied is 10 Eskom-kli\u00ebnte al gehelp. Volgens die TWK is die meeste lyne deur die storms verwoes en nuwe lyne moet opgerig word. In Bereaville en Genadendal is van die lyne al herstel, maar baie plekke het nog nie elektrisiteit nie. Volgens die persverklaring is die elektrisiteitstoevoer Maandag herstel. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAl is dit \u2019n moeilike tyd vir menige inwoner van die Overberg, was die samesyn tussen die inwoners verblydend. Dit het my nuwe moed en nuwe betekenis vir die woord \u2018Ubuntu\u2019 gegee. Mense in Grabouw, wat elektrisiteit het, het hul huise en vrieskaste vir mekaar oopgemaak. Warm water is aangery en mense het saamgestaan,\u201d het \u2019n inwoner ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie van Theewaterskloof se inwoners is steeds letterlik in die donker n\u00e1 die storms op 11\u2009Mei en steeds kan Eskom nie vir hulle of die media enige terug\u00ad\u00advoer gee oor wanneer lig weer aan die einde van die tonnel gaan skyn nie. Inwoners van Grabouw, Caledon, Tesselaarsdal, Villiersdorp, Riviersonderend en Bereaville sit met hul hande [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":319198,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15885,15882,15603,16571,16280,15577,15799,16068],"class_list":["post-319197","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-elektrisiteit","tag-eskom","tag-nuus","tag-overberg","tag-stormweer","tag-top","tag-water","tag-weer"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Baie van Theewaterskloof se inwoners is steeds letterlik in die donker n\u00e1 die storms op 11\u2009Mei en steeds kan Eskom nie vir hulle of die media enige terug\u00ad\u00advoer gee oor wanneer lig weer aan die einde van die tonnel gaan skyn nie. Inwoners van Grabouw, Caledon, Tesselaarsdal, Villiersdorp, Riviersonderend en Bereaville sit met hul hande [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-03T09:31:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-06-03T09:31:43+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/electricity-4666566_1920-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms\",\"datePublished\":\"2026-06-03T09:31:40+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-03T09:31:43+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/\"},\"wordCount\":625,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/electricity-4666566_1920-1.jpg\",\"keywords\":[\"Elektrisiteit\",\"Eskom\",\"Nuus\",\"Overberg\",\"Stormweer\",\"Top\",\"Water\",\"Weer\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/\",\"name\":\"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/electricity-4666566_1920-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-06-03T09:31:40+00:00\",\"dateModified\":\"2026-06-03T09:31:43+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/electricity-4666566_1920-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/electricity-4666566_1920-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1280,\"caption\":\"Talle inwoners van TWK sit al amper 25 dae sonder krag. Foto ter illustrasie.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms","og_description":"Baie van Theewaterskloof se inwoners is steeds letterlik in die donker n\u00e1 die storms op 11\u2009Mei en steeds kan Eskom nie vir hulle of die media enige terug\u00ad\u00advoer gee oor wanneer lig weer aan die einde van die tonnel gaan skyn nie. Inwoners van Grabouw, Caledon, Tesselaarsdal, Villiersdorp, Riviersonderend en Bereaville sit met hul hande [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-03T09:31:40+00:00","article_modified_time":"2026-06-03T09:31:43+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1280,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/electricity-4666566_1920-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms","datePublished":"2026-06-03T09:31:40+00:00","dateModified":"2026-06-03T09:31:43+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/"},"wordCount":625,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/electricity-4666566_1920-1.jpg","keywords":["Elektrisiteit","Eskom","Nuus","Overberg","Stormweer","Top","Water","Weer"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/","name":"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/electricity-4666566_1920-1.jpg","datePublished":"2026-06-03T09:31:40+00:00","dateModified":"2026-06-03T09:31:43+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/electricity-4666566_1920-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/electricity-4666566_1920-1.jpg","width":1920,"height":1280,"caption":"Talle inwoners van TWK sit al amper 25 dae sonder krag. Foto ter illustrasie."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Talle in die Overberg al 25 dae sonder krag n\u00e1 die onlangse storms"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/talle-in-die-overberg-al-25-dae-sonder-krag-na-die-onlangse-storms\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319197","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=319197"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319197\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":319199,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319197\/revisions\/319199"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/319198"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=319197"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=319197"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=319197"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}