{"id":319076,"date":"2026-06-01T18:00:22","date_gmt":"2026-06-01T16:00:22","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=319076"},"modified":"2026-06-01T16:25:48","modified_gmt":"2026-06-01T14:25:48","slug":"rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/","title":{"rendered":"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was Maandagoggend soos \u2019n toneel uit \u2019n Wilde Weste-aksiefliek wat afspeel in Lady Greystraat in die Paarl toe vyf gewapende rowers by \u2019n selfoonwinkel toegeslaan het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens \u2019n ooggetuie, wat by \u2019n nabygele\u00eb winkel werk, het sy gesien hoe die rooftog stil-stil net na 09:00 afspeel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het gesien hoe vyf mans binne die winkel is toe een van die mans uit die winkel kom. Dit het gelyk asof hy seker maak of alles nog oukei is aan die buitekant. Ek het toe my kollega geroep en ges\u00ea iets is aan die gang by die selfoonwinkel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die ooggetuie se kollega, wat ook anoniem wil bly, s\u00ea hulle het toe onmiddellik die polisie gekontak om hulle in kennis te stel dat hulle dink \u2019n rooftog is aan die gang.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns het onraad vermoed toe die mans agter die toonbank gaan en goed in \u2019n sak gooi, want \u2019n&nbsp;<em>customer<\/em>&nbsp;gaan mos nie agter die toonbank staan nie. Dit is hoe ons geweet het iets is fout,\u201d het die ooggetuie aan&nbsp;<em>Paarl Post&nbsp;<\/em>se joernalis verduidelik.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"528\" height=\"568\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1392_40053-e1780314356666.jpg\" alt=\"Een van die verdagtes word by \u2019n rooftog vasgetrek.\" class=\"wp-image-319080\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1392_40053-e1780314356666.jpg 528w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1392_40053-e1780314356666-279x300.jpg 279w\" sizes=\"auto, (max-width: 528px) 100vw, 528px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Een van die verdagtes word by \u2019n rooftog vasgetrek. Foto: Chant\u00e9lle Hartebeest.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c\u2019n Kli\u00ebnt wat hier by ons in die winkel was het ges\u00ea dat hy \u2019n polisievoertuig in die Wamakersplein-parkeerterrein by Game gesien het. Hy het toe teruggegaan na die parkeerterrein en aan die polisiebeamptes ges\u00ea iets is aan die gang by die selfoonwinkel. Dit was \u2019n polisievoertuig verbonde aan die Mbekweni-polisie. Di\u00e9 beamptes het toe na die selfoonwinkel gery en die verdagtes betrap.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n 31-jarige man wat ook die verloop van die gebeure aanskou het, en by \u2019n ander winkel in Lady Greystraat werk, het di\u00e9 ooggetuieverslag bevestig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe die polisie by die winkel opdaag, het die verdagtes gevlug. \u2019n Lid van die Mbekweni-polisie het toe \u2019n waarskuwingskoot in die lig afgevuur in die middel van Lady Greystraat, maar die verdagtes het aanhou hardloop. Een verdagte het deur \u2019n deurloopgang gehardloop, wat Lady Greystraat met Newstraat verbind, terwyl een van die beamptes hom te voet agterna gesit het en die ander polisiebeampte met die voertuig gevolg het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Di\u00e9 verdagte is kort daarna op die hoek van Derksen- en Loopstraat vasgetrek. Met\u00a0<em>Paarl Post<\/em>\u00a0se aankoms op die toneel het die verdagte op die grond gel\u00ea met \u2019n rugsak op sy rug. Dit was vol elektroniese toestelle insluitend selfone. \u2019n Mes is ook in sy besit gekry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n 27-jarige man wat die jaagtog aanskou het, s\u00ea hy het gesien hoe die polisiebeampte uit die polisiewa spring en die verdagte agterna sit en in hegtenis neem.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie outjie wat gevang is het \u2019n\u00a0<em>gun<\/em>\u00a0by hom gehad en hy het dit in Atlanta-woonstelkompleks se tuin gegooi. Die polisie het die\u00a0<em>gun<\/em>\u00a0gekry en ook die sak vol selfone.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terug by die winkel het die Paarl-polisie die toneel afgesper terwyl mense buite die winkel begin saamdrom het. Speurders en die forensiese eenheid het die toneel verder gefynkam. Kol. May-Louise Dyers, bevelvoerder by Paarl-polisie, was ook op die toneel, sowel as lede van die Boland honde-eenheid en verskeie gewapende reaksie-beamptes.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eienaar van die winkel, Muhammed Sha (45), s\u00ea daar was net twee werkers binne die winkel ten tyde van die rooftog. Hoewel die polisie s\u00ea daar is vyf verdagtes, verneem Sha dat sewe mans betrokke is. Die winkel bestaan al 15 jaar s\u00ea hy.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cAlbei persone se hande en voete was vasgebind terwyl \u2019n vuurwapen teen hulle koppe gedruk is. Dit is frustrerend, want die winkel is verlede maand ook beroof van sowat R80 000 se selfone \u2013 van dit is nuwe selfone en ander is die selfone van mense wat dit ingebring het vir ons om reg te maak. Ons weet nog nie wat die waarde is van die goed wat vandag gesteel is nie. Wat gaan die polisie omtrent die situasie doen?\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1401_42356-1-1024x683.jpg\" alt=\"Die verdagte nadat hy in die polisievoertuig geplaas is.\" class=\"wp-image-319078\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1401_42356-1-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1401_42356-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1401_42356-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1401_42356-1-600x400.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1401_42356-1.jpg 1200w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die verdagte nadat hy in die polisievoertuig geplaas is. Foto: Chant\u00e9lle Hartebeest.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sha is oorspronklik van Pakistan en woon al vir sowat 20 jaar in Suid-Afrika saam met sy familie. Die familie besit \u2019n reeks selfoonwinkels in die Paarl en Wellington, insluitend\u00a0<em>Netcell n Sound<\/em>\u00a0wat die jongste teiken was. N\u00f2g \u2019n familielid wat ook een van die winkels in Lady Greystraat bestuur, s\u00ea dit is die vyfde keer die afgelope maand dat gewapende rowers by die selfoonwinkels toeslaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDit is die tweede rooftog by\u00a0<em>Netcell n Sound<\/em>, een keer by die winkel naby Shoprite, een keer by die winkel naby die kruising van Bergrivier Boulevard en Lady Greystraat en die een winkel in Noorder-Paarl. Ons kan dit ses maak as ons die winkel in Wellington ook by tel. Ek kan vir jou nou s\u00ea die polisie het nie \u2019n plan om die gewapende rooftogte hok te slaan nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Thembakazi Mpendukana, \u2019n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het by navraag die besigheidsroof bevestig en ges\u00ea die saak word ondersoek deur die Paarl-polisie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cVerslae lui dat vyf onbekende verdagtes die winkel binnegegaan en selfone, selfoonbatterye en n onbekende bedrag kontant gesteel het. Een verdagte is nie ver van die misdaadtoneel in hegtenis geneem nie en sal in die Paarl-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is. Die ondersoek duur voort.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was Maandagoggend soos \u2019n toneel uit \u2019n Wilde Weste-aksiefliek wat afspeel in Lady Greystraat in die Paarl toe vyf gewapende rowers by \u2019n selfoonwinkel toegeslaan het. Volgens \u2019n ooggetuie, wat by \u2019n nabygele\u00eb winkel werk, het sy gesien hoe die rooftog stil-stil net na 09:00 afspeel. \u201cEk het gesien hoe vyf mans binne die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":319079,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Chant\u00e9lle Hartebeest","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,15639,16555,15577],"class_list":["post-319076","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-paarl","tag-rooftog","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Dit was Maandagoggend soos \u2019n toneel uit \u2019n Wilde Weste-aksiefliek wat afspeel in Lady Greystraat in die Paarl toe vyf gewapende rowers by \u2019n selfoonwinkel toegeslaan het. Volgens \u2019n ooggetuie, wat by \u2019n nabygele\u00eb winkel werk, het sy gesien hoe die rooftog stil-stil net na 09:00 afspeel. \u201cEk het gesien hoe vyf mans binne die [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-06-01T16:00:22+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1422_46735-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Chant\u00e9lle Hartebeest\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek\",\"datePublished\":\"2026-06-01T16:00:22+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/\"},\"wordCount\":854,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/IMG_1422_46735-1.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"paarl\",\"Rooftog\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/\",\"name\":\"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/IMG_1422_46735-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-06-01T16:00:22+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/IMG_1422_46735-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/06\\\/IMG_1422_46735-1.jpg\",\"width\":1200,\"height\":800,\"caption\":\"Die toneel is afgesper kort na die insident. Foto: Chant\u00e9lle Hartebeest.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek","og_description":"Dit was Maandagoggend soos \u2019n toneel uit \u2019n Wilde Weste-aksiefliek wat afspeel in Lady Greystraat in die Paarl toe vyf gewapende rowers by \u2019n selfoonwinkel toegeslaan het. Volgens \u2019n ooggetuie, wat by \u2019n nabygele\u00eb winkel werk, het sy gesien hoe die rooftog stil-stil net na 09:00 afspeel. \u201cEk het gesien hoe vyf mans binne die [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-06-01T16:00:22+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":800,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1422_46735-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Chant\u00e9lle Hartebeest","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek","datePublished":"2026-06-01T16:00:22+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/"},"wordCount":854,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1422_46735-1.jpg","keywords":["Nuus","paarl","Rooftog","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/","name":"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1422_46735-1.jpg","datePublished":"2026-06-01T16:00:22+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1422_46735-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/06\/IMG_1422_46735-1.jpg","width":1200,"height":800,"caption":"Die toneel is afgesper kort na die insident. Foto: Chant\u00e9lle Hartebeest."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Rooftog by selfoonwinkel amper soos Wilde Weste-fliek"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/rooftog-by-selfoonwinkel-amper-soos-wilde-weste-fliek\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319076","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=319076"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319076\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":319081,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/319076\/revisions\/319081"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/319079"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=319076"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=319076"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=319076"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}