{"id":318229,"date":"2026-05-27T16:09:23","date_gmt":"2026-05-27T14:09:23","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=318229"},"modified":"2026-05-27T17:02:52","modified_gmt":"2026-05-27T15:02:52","slug":"knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/","title":{"rendered":"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die swaar strawwe verwelkom wat teen die Knysna-munisipaliteit opgel\u00ea is nadat die munisipaliteit skuld erken het op verskeie aanklagte van omgewingsmisdade.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die streekhof in Knysna het die munisipaliteit Woensdag R10 miljoen beboet n\u00e1 dit skuldig bevind is op vyf aanklagte van oortredings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, vier aanklagte ingevolge die Wet op Afvalbestuur, asook oortredings van die Wet op Omgewingsbewaring en die Nasionale Waterwet.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die boete is vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat die munisipaliteit dieselfde bedrag aan noodherstelwerk bestee soos uiteengesit in die pleit- en vonnisooreenkoms.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG in die Wes-Kaap, het die munisipaliteit ook onderneem om miljoene aan die rehabilitasie van omgewingskade te bestee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie NVG verwelkom die swaar strawwe wat opgel\u00ea is en prys die munisipaliteit se verbintenis om honderde miljoene rand aan die rehabilitasie van die omgewing te bestee,\u201d het Ntabazalila ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die hof het verder gelas dat die munisipaliteit langtermyn-aksieplanne vir sy afval- en rioolwerke binne vasgestelde tydraamwerke moet implementeer. \u2019n Onderhoudsbestuursplan vir die Bigai-riviervloedvlakte moet ook teen 30 Junie afgehandel word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maandelikse vorderingsverslae moet aan ondersoekbeamptes van die Wes-Kaapse departement van omgewingsake voorgel\u00ea word, met die eerste verslag wat teen 1 Julie ingedien moet word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die munisipaliteit moet ook voortgaan met rehabilitasie- en herstelplanne om die omgewingskade te beperk voordat die vyfjaar-opskorting verstryk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die ooreenkoms moet die raad oor vyf jaar sy goedgekeurde begroting van R630 miljoen gebruik om aan sy omgewingsverpligtinge te voldoen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die waarnemende munisipale bestuurder, Boy Manqoba, het die munisipaliteit tydens die strafregtelike verrigtinge verteenwoordig.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die munisipaliteit het erken dat hy tussen Mei 2017 en Julie 2019 versuim het om redelike stappe te neem om ernstige besoedeling en omgewingsagteruitgang by Erf 214 in Knysna, sowel as by twee tydelike hervestigingsgebiede, te voorkom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens die NVG het die munisipaliteit erken dat uitgrawings en grondwerke vir behuisingsontwikkeling gedoen is sonder behoorlike afvalbestuurstelsels.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cGeen afvalhouers of wegdoeningsgeriewe was by die hervestigingsgebiede beskikbaar nie,\u201d het Ntabazalila ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy het bygevoeg dat \u2019n septiese tenk by een van die terreine in \u2019n sytak van die Soutrivier gelek het, terwyl ondersoekers erosie, onwettige storting, rioolbesoedeling, onvoldoende ablusiegeriewe en onwettige elektrisiteitsverbindings ontdek het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die munisipaliteit het verder erken dat hy nie aan voorskrifte voldoen het wat reeds in April 2018 uitgereik is om omgewingskade te beperk nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jacomina Swart, senior staatsadvokaat, het in die ooreenkoms ges\u00ea die munisipaliteit het versuim om sy wetlike verpligtinge as staatsinstansie na te kom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cBeide partye stem saam dat die munisipaliteit doelbewus belangrike grondwetlike en omgewingsregte van inwoners van Knysna geskend het,\u201d lui die ooreenkoms.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Adv. Adrian Mopp, waarnemende direkteur van openbare vervolgings in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom en gewaarsku dat die NVG sal voortgaan om alle nodige stappe te doen om die integriteit en veiligheid van die omgewing te beskerm.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die swaar strawwe verwelkom wat teen die Knysna-munisipaliteit opgel\u00ea is nadat die munisipaliteit skuld erken het op verskeie aanklagte van omgewingsmisdade. Die streekhof in Knysna het die munisipaliteit Woensdag R10 miljoen beboet n\u00e1 dit skuldig bevind is op vyf aanklagte van oortredings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, vier aanklagte [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":318230,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Die Papier-redaksie","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16340,16473,15603,15555,15577],"class_list":["post-318229","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-eric-ntabazalila","tag-knysna","tag-nuus","tag-omgewing","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die swaar strawwe verwelkom wat teen die Knysna-munisipaliteit opgel\u00ea is nadat die munisipaliteit skuld erken het op verskeie aanklagte van omgewingsmisdade. Die streekhof in Knysna het die munisipaliteit Woensdag R10 miljoen beboet n\u00e1 dit skuldig bevind is op vyf aanklagte van oortredings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, vier aanklagte [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-05-27T14:09:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-05-27T15:02:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Die Papier-redaksie\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade\",\"datePublished\":\"2026-05-27T14:09:23+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-27T15:02:52+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/\"},\"wordCount\":464,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg\",\"keywords\":[\"Eric Ntabazalila\",\"Knysna\",\"Nuus\",\"Omgewing\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/\",\"name\":\"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-05-27T14:09:23+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-27T15:02:52+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg\",\"width\":1600,\"height\":1200,\"caption\":\"Die Knysna munisipale kantore. Foto: AfriForum.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade","og_description":"Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die swaar strawwe verwelkom wat teen die Knysna-munisipaliteit opgel\u00ea is nadat die munisipaliteit skuld erken het op verskeie aanklagte van omgewingsmisdade. Die streekhof in Knysna het die munisipaliteit Woensdag R10 miljoen beboet n\u00e1 dit skuldig bevind is op vyf aanklagte van oortredings van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, vier aanklagte [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-05-27T14:09:23+00:00","article_modified_time":"2026-05-27T15:02:52+00:00","og_image":[{"width":1600,"height":1200,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Die Papier-redaksie","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade","datePublished":"2026-05-27T14:09:23+00:00","dateModified":"2026-05-27T15:02:52+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/"},"wordCount":464,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg","keywords":["Eric Ntabazalila","Knysna","Nuus","Omgewing","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/","name":"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg","datePublished":"2026-05-27T14:09:23+00:00","dateModified":"2026-05-27T15:02:52+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/WhatsApp-Image-2026-05-27-at-13.15.56.jpeg","width":1600,"height":1200,"caption":"Die Knysna munisipale kantore. Foto: AfriForum."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Knysna-munisipaliteit met miljoene beboet oor omgewingsmisdade"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/knysna-munisipaliteit-met-miljoene-beboet-oor-omgewingsmisdade\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/318229","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=318229"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/318229\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":318275,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/318229\/revisions\/318275"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/318230"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=318229"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=318229"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=318229"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}