{"id":317070,"date":"2026-05-16T16:22:48","date_gmt":"2026-05-16T14:22:48","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=317070"},"modified":"2026-05-16T16:22:49","modified_gmt":"2026-05-16T14:22:49","slug":"gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/","title":{"rendered":"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Gesin van ses van die plaas Drie Rivieren is steeds getraumatiseerd n\u00e1 hulle vir meer as 20 ure \u2013 midde die sterk wind- en re\u00ebnstorms wat dae aaneen in die dorp gewoed het \u2013 met \u2019n sewe dae oue baba in \u2019n vragmotor wat deur \u2019n groot watermassa omring was, vasgekeer was.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gesin het in \u2019n stadium so moedeloos geraak dat hulle begin vrede maak het met die feit dat hulle nie lewendig daar sou uitkom nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Steeds geskokte Susanna Hugo (37) vertel dat sy en haar man, Waldo (41), Maandag, 11 Mei, hul baba, Lee-Jaywin (toe sewe dae oud), in gietende re\u00ebn hospitaal toe geneem het vir sy mediese ondersoek. Toe hulle terugkeer huis toe, het sy en die baba \u2019n bietjie gaan rus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het sy haar boeglam geskrik toe haar kinders angstig na haar begin roep: \u201cMa, kom kyk hier!\u201d Sy s\u00ea die watermassa aan die buitekant van die plaasheining het by die minuut groter geword en vinniger begin styg.<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-elderly-couple-and-dog-die-in-onrus-fire\">LEES | <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/two-elderly-and-dog-die-in-onrus-fire\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Elderly couple and dog die in Onrus fire<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens haar was die stroom so sterk dat dit uiteindelik deur die heining gebars het. Sy s\u00ea dit was nie lank nie toe pyl die waterstroom teen \u2019n ho\u00eb spoed reguit op hul woning af. Volgens Susanna het sy vinnig komberse voor die deur begin pak om die water te keer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy man het in die <em>excavator<\/em> gespring en vinnig \u2019n sloot voor en langs die huis gegrawe om die water weg te lei. Vir \u2019n rukkie het dit gewerk, maar toe die water die grensmuur by die ingang van die plaas ook platstoot, toe besef ek nou is ons in die moeilikheid.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Susanna s\u00ea toe sy haar o\u00eb uitvee, was hul huis vol water. Toe breek daar chaos uit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cEk het vir die kinders (onderskeidelik 10-, 15- en 18-jaar oud) geskree om hul klere te gryp. Terwyl my man besig was om komberse in swartsakke te pak, het ek ons baba gegryp. My man het ons almal tot in die trok wat naby ons huis staan, gehelp. Dit was toe net n\u00e1 19:00.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het haar man dringend na \u2019n veilige plek begin soek om die trok te parkeer sodat die voertuig nie deur die water meegesleur word nie. Sy vertel dat hulle verder paniekbevange geraak het toe die sterk waterstroom die trok laat kantel het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTeen daardie tyd was die water bokant die trok se wiele. Vir ons veiligheid het my man die trok heelnag vorentoe en dan agtertoe beweeg. Dit was pikdonker rondom ons, want die krag was af. Al wat ons gehoor het, was die sterk wind en swaar re\u00ebn.\u201d<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Susanna-Hugo-middel-met-haar-baba-Lee-Jaywin.-Links-is-haar-seun-Wayden-en-regs-haar-dogter-Sho-Wayda-Foto-Enrico-Claassen-1320x880-1-1024x683.jpg\" alt=\"Susanna Hugo (middel) met haar baba, Lee-Jaywin. Links is haar seun, Wayden, en regs haar dogter, Sho-Wayda. \" class=\"wp-image-317071\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Susanna-Hugo-middel-met-haar-baba-Lee-Jaywin.-Links-is-haar-seun-Wayden-en-regs-haar-dogter-Sho-Wayda-Foto-Enrico-Claassen-1320x880-1-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Susanna-Hugo-middel-met-haar-baba-Lee-Jaywin.-Links-is-haar-seun-Wayden-en-regs-haar-dogter-Sho-Wayda-Foto-Enrico-Claassen-1320x880-1-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Susanna-Hugo-middel-met-haar-baba-Lee-Jaywin.-Links-is-haar-seun-Wayden-en-regs-haar-dogter-Sho-Wayda-Foto-Enrico-Claassen-1320x880-1-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Susanna-Hugo-middel-met-haar-baba-Lee-Jaywin.-Links-is-haar-seun-Wayden-en-regs-haar-dogter-Sho-Wayda-Foto-Enrico-Claassen-1320x880-1-600x400.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Susanna-Hugo-middel-met-haar-baba-Lee-Jaywin.-Links-is-haar-seun-Wayden-en-regs-haar-dogter-Sho-Wayda-Foto-Enrico-Claassen-1320x880-1.jpg 1320w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Susanna Hugo (middel) met haar baba, Lee-Jaywin. Links is haar seun, Wayden, en regs haar dogter, Sho-Wayda. Foto: Enrico Claassen.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het haar man sy lewe gewaag toe hy weer in die graafmasjien geklim het om na gate te soek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy s\u00ea toe haar man terug in die trok was, het hy probeer ry in die rigting van die hoofingang. Volgens haar was hulle histeries toe die trok met sy neus halfpad in \u2019n gat insak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie trok het skuins gehang toe my man<em> reverse<\/em> en op \u2019n walletjie stilhou. Vir \u2019n uur het ons so skuins in die trok gel\u00ea. Die sterk water en wind het die trok die heeltyd heen en weer laat beweeg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOns was honger en dors, want ons het geen kos of water gehad nie. Gelukkig borsvoed ek my baba. My man het gereeld die trok aangeskakel sodat ons warm kon bly. Hy het ook die trok se ligte gereeld aangeskakel sodat ons kon sien hoe hoog die water l\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMy man het in \u2019n stadium begin huil. Hy het ons gevra om hom te vergewe vir die situasie waarin ons is. Ek het vir hom ges\u00ea ons blameer hom glad nie en dat hy sy bes probeer. Toe s\u00ea hy vir my: \u2018My vrou, as daai muur omval, verloor ons ons lewens hier vanaand.\u2019\u201d<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-heavy-rain-tops-up-cape-town-s-dam-levels-61-2-and-counting\">LEES | <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/heavy-rain-tops-up-cape-towns-dam-levels-612-and-counting\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Heavy rain tops up Cape Town\u2019s dam levels \u2013 61,2% and counting<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het sy ophoudelik begin bid. \u201cEk het vir die Here ges\u00ea: \u2018U het dan sopas vir my \u2019n baba gegee. Hoe kan U vir my \u2019n baba gee, dan moet ons ons lewens so verloor?\u2019 Toe is dit amper asof ek hoor hoe die Here vir my s\u00ea: \u2018Ek gaan jou wys hoe ek jou uit elke storm in jou lewe gaan red.\u2019 Dit het my kalm gemaak.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het haar man weer sy lewe gewaag deur in die graafmasjien te klim, want toe was daar bome en stompe wat saam met die rivier afgestroom het. Sy s\u00ea hy was bang dat dit teen die trok sou vassit en dat die water dan nog vinniger sou styg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTerwyl my man besig was om die bome en stompe te probeer keer, het die een kant van die <em>excavator\u00a0<\/em>in \u2019n gat vasgeval.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cToe my kinders dit sien, het hulle histeries geraak en begin huil. Ons het vir hom geskree en beduie om terug te kom, maar hy kon ons nie sien of hoor nie omdat hy met sy rug na ons toe gesit het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-kouga-council-moves-to-unlock-disaster-funding-after-devastating-floods-cause-r170-3-million-in-damage\">LEES | <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/kouga-council-moves-to-unlock-disaster-funding-after-devastating-floods-cause-r170-3-million-in-damage\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Kouga Council moves to unlock disaster funding after devastating floods cause R170.3 million in damage<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy s\u00ea haar man het gelukkig besef hy gaan dit nie maak nie en terug in die trok geklim.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het sy en haar man deur die nag oproepe ontvang van mense wat wou weet of hulle nog veilig is, hulle bemoedig, raad gee en met gebed getroos het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cTeen 14:00 was daar nie meer water om die trok nie. Ons het toe uitgeklim. Ons was so honger dat ons sommer van die naartjies wat saam met die rivierstroom afgekom het, begin eet het.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Susanna het brandweerpersoneel haar en haar gesin uiteindelik na veiligheid begelei. \u201cWorcester se mense het regtig saamgestaan en ons baie ondersteun.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die gesin is tans tuis by \u2019n familielid, Carlo Swarts, in Avianpark.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Gesin van ses van die plaas Drie Rivieren is steeds getraumatiseerd n\u00e1 hulle vir meer as 20 ure \u2013 midde die sterk wind- en re\u00ebnstorms wat dae aaneen in die dorp gewoed het \u2013 met \u2019n sewe dae oue baba in \u2019n vragmotor wat deur \u2019n groot watermassa omring was, vasgekeer was. Die gesin [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":317072,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Enrico Claassen","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15603,16215,16284,16280,15577,16333],"class_list":["post-317070","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-nuus","tag-reen","tag-storm","tag-stormweer","tag-top","tag-worcester"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"\u2019n Gesin van ses van die plaas Drie Rivieren is steeds getraumatiseerd n\u00e1 hulle vir meer as 20 ure \u2013 midde die sterk wind- en re\u00ebnstorms wat dae aaneen in die dorp gewoed het \u2013 met \u2019n sewe dae oue baba in \u2019n vragmotor wat deur \u2019n groot watermassa omring was, vasgekeer was. Die gesin [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-05-16T14:22:48+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-05-16T14:22:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"959\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Enrico Claassen\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was\",\"datePublished\":\"2026-05-16T14:22:48+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-16T14:22:49+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/\"},\"wordCount\":1005,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg\",\"keywords\":[\"Nuus\",\"Re\u00ebn\",\"Storm\",\"Stormweer\",\"Top\",\"Worcester\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/\",\"name\":\"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-05-16T14:22:48+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-16T14:22:49+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg\",\"width\":2560,\"height\":959,\"caption\":\"Worcester in vloed. Foto: Breederiviervallei-munisipaliteit.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was","og_description":"\u2019n Gesin van ses van die plaas Drie Rivieren is steeds getraumatiseerd n\u00e1 hulle vir meer as 20 ure \u2013 midde die sterk wind- en re\u00ebnstorms wat dae aaneen in die dorp gewoed het \u2013 met \u2019n sewe dae oue baba in \u2019n vragmotor wat deur \u2019n groot watermassa omring was, vasgekeer was. Die gesin [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-05-16T14:22:48+00:00","article_modified_time":"2026-05-16T14:22:49+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":959,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Enrico Claassen","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was","datePublished":"2026-05-16T14:22:48+00:00","dateModified":"2026-05-16T14:22:49+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/"},"wordCount":1005,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg","keywords":["Nuus","Re\u00ebn","Storm","Stormweer","Top","Worcester"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/","name":"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg","datePublished":"2026-05-16T14:22:48+00:00","dateModified":"2026-05-16T14:22:49+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Worcester-Breedevallei-munisipaliteit-scaled-1.jpg","width":2560,"height":959,"caption":"Worcester in vloed. Foto: Breederiviervallei-munisipaliteit."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Gesin met 7 dae oue baba vertel hoe hulle meer as 20 uur in vloedwater vasgekeer was"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/gesin-met-7-dae-oue-baba-vertel-hoe-hulle-meer-as-20-uur-in-vloedwater-vasgekeer-was\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/317070","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=317070"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/317070\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":317073,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/317070\/revisions\/317073"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/317072"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=317070"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=317070"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=317070"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}