{"id":316748,"date":"2026-05-25T10:16:04","date_gmt":"2026-05-25T08:16:04","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=316748"},"modified":"2026-05-25T10:16:05","modified_gmt":"2026-05-25T08:16:05","slug":"tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/","title":{"rendered":"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ai, dit was heerlike dae daardie! My pa was \u2019n spoorwegman en ons het elke jaar met sy vrypas van Pretoria na Hartenbos toe met vakansie gegaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Op die platform neem die kruier jou bagasie na jou kompartement. Elke kompartement het \u2019n kaartjie gehad met die passasiers se van daarop. Nadat die mense hul plekke ingeneem het, wag ons vir die teken van die stasiemeester. Hy swaai sy groen vlag heen en weer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan hoor ons waarvoor ons so lank gewag het . . . die stoomtreinlokomotief se fluit! Stadig begin die trein beweeg en almal hang by die vensters uit om vir mense op die platform te waai. Gou hoor jy die klik-klak, klik-klak van die wiele op die staalspoor, eers stadig en dan al vinniger. Ons gaan Hartenbos toe!\n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pa het twee groot staaltrommels gehad. In die een was al die klere, komberse, kussings, handdoeke en lakens. Die ander was vol eetgoed. Daar was beskuit, gemmer- en soetkoekies en bottels met ingelegde geelperskes. Melk, brood en ander bederfbare goeters is eers later by die kafee op Hartenbos gekoop.<\/p>\n\n\n\n<h2 id=\"h-die-kompartement\" class=\"wp-block-heading\">Die kompartement<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maak \u2019n mens die kompartement se deur oop, is daar \u2019n ovaalspie\u00ebl aan \u2019n houtpaneel tussen die twee vensters. Lig mens die deksel op, is daar \u2019n ronde metaalwasbak, twee krane en \u2019n prop.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bokant die spie\u00ebl is \u2019n knip. Druk dit en \u2019n tafel maak sy verskyning. Twee blaaie vou uit en daarop sit jy jou koffie, of rus jou arms as jy jou boek lees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanaand vou jy die tafelblad terug, want m\u00f4re moet jy gesig was en tande borsel. Daar is twee groen banke teenoor mekaar en bokant elk \u2019n op\u00adslaankooi. Ma en Pa het onder geslaap en ek en my broer bo.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Soggens klop die <em>bedding boy<\/em> aan die deur. Jy stap uit en die beddens word netjies opgemaak. Die toilet is aan die einde van die gang. Wanneer daar \u2019n rooi vlaggie bokant die deurknop wys, dan is die toilet beset.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jou nood groot is, hol jy na die volgende wa en hoop daar\u2019s niemand daar nie!<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"837\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Screenshot-2026-05-25-101246.jpg\" alt=\"Trein.\" class=\"wp-image-317991\" style=\"width:710px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Screenshot-2026-05-25-101246.jpg 837w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Screenshot-2026-05-25-101246-300x154.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Screenshot-2026-05-25-101246-768x395.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/Screenshot-2026-05-25-101246-600x308.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 837px) 100vw, 837px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Foto: Adobe Stock.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 id=\"h-die-eetsalon\" class=\"wp-block-heading\">Die eetsalon<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ontbyt, middag- en aandete is beskibaar. \u2019n Kelner, netjies geklee met \u2019n swart onderbaadjie aan, kom in die gang af gestap met \u2019n ghong op sy linkerarm.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daarop slaan hy met \u2019n me\u00adtaalhamertjie om te laat weet dat ons eetsalon toe kan gaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die salon is antiek met pragtige houtpanele. Op elke venster is daar \u2019n springbokembleem met die letters &#8220;SAS&amp;H&#8221; daaronder (Suid-Afrikaanse Spoorwe\u00eb en Hawens).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Twee groot waaiers woer-woer teen die plafon en elke eetwa het ook \u2019n naam, soos Outeniqua of Umkomaas.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons maak beurte om by die venster te sit. Spierwit tafeldoeke op die tafels. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Al die eetgerei is egte swaar Kaapse silwer. Eers kom die sop, so \u2019n dun soppie wat skaars die embleem op die bodem van die bord bedek.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan volg vis met Tartaarse sous. En dan die hoofmaal: skaapvleis met groente en \u2019n porsie slaai. Laastens kry ons \u2019n heerlike broodpoeding met goudgeel vla.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skuins n\u00e1 sesuur in die oggend tik-tik die kelner aan die deur en s\u00ea: \u201cKoffie.\u201d Maak die deur oop en laat sak die tafel en stomende koppies koffie word neergesit. Dan gaan hy na die volgende kompartement en s\u00f3 kry almal vroegoggend \u00adBoeretroos!<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ons trek die houtblinders op en sien hoe die landskap verbyvlieg. Die trein stop by elke stasie om kanne op te laai. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is hoekom daar van die \u201c\u00admelktrein\u201d gepraat word.<\/p>\n\n\n\n<blockquote class=\"wp-block-quote is-layout-flow wp-block-quote-is-layout-flow\">\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pa het twee groot staaltrommels gehad. In die een was al die klere, komberse, kussings, handdoeke en lakens. Die ander was vol eetgoed.<\/p>\n<\/blockquote>\n\n\n\n<h2 id=\"h-wie-gaan-eerste-die-see-sien\" class=\"wp-block-heading\">Wie gaan eerste die see sien?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skuins n\u00e1 agtuur die volgende oggend stoom die trein deur die kronkels van die Outeniqua-\u00adberge. \u2019n GMAM Garratt-lokomotief is ingespan om die waens tot bo-op die berg te kry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was \u2019n hele paar tonnels, dan moes ons gou die vensters toemaak anders is alles en almal vol klein stukkies steenkool wat saam met die rook ingewaai het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die heel onderste stilhouplek aan die voet van die berg se naam is \u201cPower\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die lokomotief drink sy maag vol water en begin die tog na bo. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit gaan so stadig dat ons jong seuns afklim en langs die trein stap. Die klowe is oortrek met rooi en oranje aalwyne. Langs die spoor drup blink water uit die rotse. Dis doodstil, al wat jy hoor is die lokomotief se gespook om sy vrag na bo te kry. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uiteindelik is ons die berg uit en die lokomotief sluk weer water by die boonste stasie genaamd \u201cTopping\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nou is daar merkbare opgewondenheid by die passasiers. \n<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wie gaan eerste die see sien? Om \u2019n sekere draai swaai die trein na regs en almal roep: \u201cDaar is die see!\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ver op die horison l\u00ea die blou water. Ons wag al \u2019n jaar vir die gesig. Ons ry verby Grootbrak en Kleinbrak. So teen halfelf die oggend stop die trein op Hartenbosstasie. Ons het aangekom! \u201cJippieeee!\u201d<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Hardus Mynhardt is \u2019n leser van Mosselbaai. Lees di\u00e9 brief en vele ander in <em>Die Papier.<\/em><\/li>\n\n\n\n<li>Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by&nbsp;<a href=\"mailto:diepapierintekening@onthedot.co.za\">diepapierintekening@onthedot.co.za<\/a>&nbsp;of te bel by 087 353 2191.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op&nbsp;<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/e-uitgawes\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">novanews.co.za\/diepapier<\/a>&nbsp;of by&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.magzter.com\/ZA\/Novus-Media\/Die-Papier\/Newspaper\/All-Issues\">Magzter<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ai, dit was heerlike dae daardie! My pa was \u2019n spoorwegman en ons het elke jaar met sy vrypas van Pretoria na Hartenbos toe met vakansie gegaan. Op die platform neem die kruier jou bagasie na jou kompartement. Elke kompartement het \u2019n kaartjie gehad met die passasiers se van daarop. Nadat die mense hul plekke [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":316749,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Hardus Mynhardt","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[15459],"tags":[15957,15568,15570,15924,16458,15577,16457],"class_list":["post-316748","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dink","tag-brief","tag-dink","tag-leser","tag-lesersbrief","tag-spoorweg","tag-top","tag-trein"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Ai, dit was heerlike dae daardie! My pa was \u2019n spoorwegman en ons het elke jaar met sy vrypas van Pretoria na Hartenbos toe met vakansie gegaan. Op die platform neem die kruier jou bagasie na jou kompartement. Elke kompartement het \u2019n kaartjie gehad met die passasiers se van daarop. Nadat die mense hul plekke [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-05-25T08:16:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-05-25T08:16:05+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1200\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"808\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Hardus Mynhardt\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort\",\"datePublished\":\"2026-05-25T08:16:04+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-25T08:16:05+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/\"},\"wordCount\":891,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg\",\"keywords\":[\"Brief\",\"dink\",\"leser\",\"Lesersbrief\",\"Spoorweg\",\"Top\",\"Trein\"],\"articleSection\":[\"Dink\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/\",\"name\":\"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg\",\"datePublished\":\"2026-05-25T08:16:04+00:00\",\"dateModified\":\"2026-05-25T08:16:05+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/05\\\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg\",\"width\":1200,\"height\":808,\"caption\":\"Foto: Adobe Stock.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Dink\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/dink\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort","og_description":"Ai, dit was heerlike dae daardie! My pa was \u2019n spoorwegman en ons het elke jaar met sy vrypas van Pretoria na Hartenbos toe met vakansie gegaan. Op die platform neem die kruier jou bagasie na jou kompartement. Elke kompartement het \u2019n kaartjie gehad met die passasiers se van daarop. Nadat die mense hul plekke [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-05-25T08:16:04+00:00","article_modified_time":"2026-05-25T08:16:05+00:00","og_image":[{"width":1200,"height":808,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Hardus Mynhardt","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort","datePublished":"2026-05-25T08:16:04+00:00","dateModified":"2026-05-25T08:16:05+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/"},"wordCount":891,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg","keywords":["Brief","dink","leser","Lesersbrief","Spoorweg","Top","Trein"],"articleSection":["Dink"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/","name":"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg","datePublished":"2026-05-25T08:16:04+00:00","dateModified":"2026-05-25T08:16:05+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/05\/AdobeStock_310416759_59126.jpeg","width":1200,"height":808,"caption":"Foto: Adobe Stock."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Dink","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/dink\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Tjooeee, tjoeeee . . . Die herinnerings stoom voort"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/tjooeee-tjoeeee-die-herinnerings-stoom-voort\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/316748","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=316748"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/316748\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":317993,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/316748\/revisions\/317993"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/316749"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=316748"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=316748"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=316748"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}