{"id":315257,"date":"2026-04-30T09:28:16","date_gmt":"2026-04-30T07:28:16","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=315257"},"modified":"2026-04-30T09:30:20","modified_gmt":"2026-04-30T07:30:20","slug":"oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/","title":{"rendered":"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar was twee oomblikke in die Springbokke se nederlaag teen die All Blacks op Eden Park verlede jaar wat my \u2019n bietjie meer oor Sacha Feinberg-Mngomezulu vertel het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Teen daardie tyd het ons reeds heelwat van Sacha geweet \u2013 hy het uitsonderlike vaardighede. Hy het die vermo\u00eb om iets uit niks te skep en ook selfvertroue, wat soms aan arrogansie grens. Maar partykeer is dit die klein dingetjies wat jou oog vang en jou nog meer vertel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die eerste oomblik waarna ek wil verwys, het ontstaan waar die skrumskakel, Cobus Reinach, \u2019n ho\u00eb bal van sy eie 10-meterlyn geskop het. Die vleuel Canan Moodie vang dit briljant in die lug en die Bokke is gereed om \u2019n aanval te begin. Die All Blacks se verdedigingslyn is egter nie daar nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/1.jpg\" alt=\"Sacha Feinberg-Mngomezulu.\" class=\"wp-image-315258\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/1.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/1-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/1-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pollard het wyd van Sacha gaan staan en die verdedigingslyn opgestoot om die Springbokke te dwing om te speel. Die All Blacks se plan was om Sacha terug na binne te druk, om hom diepte te laat vang of om hom aan bande te l\u00ea as hy sou wou speel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sacha was op daardie oomblik besig om sy opsies te ontleed. Hy het gesien die flank was stadig om by Ardie Savea aan te sluit en dis daar waar \u2019n gaping vir \u2019n breukdeel van \u2019n sekonde ontstaan het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sacha het meesterlik beweeg en die gaping gevat.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2.jpg\" alt=\"Sacha Feinberg-Mngomezulu.\" class=\"wp-image-315261\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En nou kom ons by die kern van die saak. Want Sacha glo hy kan in elk geval die binnelyn vat. Sonder huiwering (en ons sal later hierna terugkeer) tree hy in en val die spasie aan. As die All Black-flank Parker nog \u2019n sekonde gehad het, kon hy dalk in posisie gewees het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Savea word s\u00f3 onkant gevang deur Sacha se stap en versnelling dat hy gly en val. Sacha se deurbraak neem hom tot diep in die 22-metergebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n uitstekende stuk spel, maar ek wil nie regtig oor die fisieke vermo\u00ebns hier praat nie, dit is reeds goed gedokumenteer. Ek wil praat oor Sacha se insig.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/3.jpg\" alt=\"Sacha Feinberg-Mngomezulu.\" class=\"wp-image-315260\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/3.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/3-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/3-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ja, dit gaan daaroor dat Sacha die tydelike ontkoppeling raaksien, ja, dit gaan daaroor dat hy die oomblik oorweeg en uitwerk dat hy Savea aan die binnekant kan klop, ja, dit gaan oor flair, maar dit gaan ook oor iets anders.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sacha is bereid om hierdie vlugtige geleentheid te probeer uitbuit terwyl dit bestaan. En dit is die belangrikste aspek van alles.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-all-black-mites-en-wanopvattings-oor-verdediging\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">voorheen geskryf oor die aggressiewe verdediging op elitevlak<\/a>. Voordat jy regtig kan aanval, moet jy eers die omstandighede vir \u2019n aanval skep. Jy moet eers \u2019n kraak in die muur maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit kan wees deur hoe jy die bal dra, waar jy dit dra, jou vaste fases, jou skopspel, ensovoorts. En sodra daardie kraak daar is, het jy gewoonlik net \u2019n baie klein venster om dit te benut.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy moet vinnig optree, en met sekerheid. Ek sal selfs verder gaan en s\u00ea dat jy dikwels nie die luuksheid het om hierdie oomblikke te probeer ontwikkel nie. Hulle moet onmiddellik benut word as jy die maksimum voordeel wil kry. Die sukses om \u2019n fout uit te buit is omgekeerd eweredig aan die tyd wat dit neem om dit te doen.<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-oom-rugby-afbreekpunte-onder-vergrootglas\">LEES | <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-afbreekpunte-onder-vergrootglas\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Oom Rugby: Afbreekpunte onder vergrootglas<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Terug na die betrokke oomblik. \u2019n Klein verdedigingsfout is geskep deur Reinach se skop, \u2019n klein geleentheid het homself voorgedoen, en Sacha het die instinktiewe reaksie gehad om dit te probeer uitbuit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hierdie oomblikke kan nie deur \u2019n komitee beslis word nie. Hulle kom en gaan s\u00f3 vinnig dat dit net deur suiwer instink aangegryp kan word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">My vraag aan jou is dus: Wil jy h\u00ea Sacha moet hierdie kans vat, of nie? Sou jy verkies dat hy die bal moet aangee? Of geskop het? Of self probeer deur? Is dit veiliger en beter opsies? Meer lonend? Die antwoord is natuurlik dat watter keuse ook al werk, die regte een is, en watter een ook al nie werk nie, die verkeerde een is. Maar jy kan seker sien hoe onhoudbaar daardie denke is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Want dit gaan daaroor om \u2019n ingesteldheid te kweek en te ondersteun van \u2019n speler wat bereid is om \u2019n vlugtige gaping op \u2019n rugbyveld te benut wanneer dit ontstaan. Buiten patrone, bewegings, taktiek, vaste spel en protokolle, is ons bereid om spelers soos Sacha die vryheid te gee om \u2019n voordeel te probeer vind?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En aan die ander kant, sou ons verkies dat die opposisie voortdurend bekommerd moet wees oor dreigemente wat buite hul verdedigingshandleidings val, of nie?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sacha kan dalk deur sy ondersteuning in die steek gelaat word. Of hy mag nie altyd sy besluite perfek uitvoer nie. Maar ek praat van die besluit. Die keuse. Die ingesteldheid om daarvoor te gaan. Kan jy daaragter staan?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kom ons kyk wat daarna gebeur het. Sacha breek deur en word uiteindelik gestuit, maar hy het \u2019n groot gebied gewen en, belangriker nog, die All Blacks se verdediging is nou in nog groter moeilikheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sacha besef die Springbokke moet die druk behou, en hou die bal lewendig met \u2019n aangee na Kriel. Hy kies nie die veiliger opsie van \u2019n losgemaal nie, hy stel daarin belang om risiko op risiko te stapel en die All Blacks se probleme te vergroot.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/4.jpg\" alt=\"Sacha Feinberg-Mngomezulu.\" class=\"wp-image-315259\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/4.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/4-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/4-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ongelukkig het dit \u2019n paar fases later op niks uitgeloop toe die Springbokke balbesit verloor het, maar dit is duidelik nie die punt wat ek wil maak nie. Ek vra of jy met my saamstem dat ons hierdie soort instink \u00earens in ons span nodig het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Stem jy saam dat, as ons die beste verdedigingstelsels in die w\u00eareld wil klop, ons iets ekstra nodig het, iets onvoorspelbaar, iets buitegewoon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En sal jy erken dat risiko met risiko gepaardgaan. Ons kan nie spelers prys vir instinktiewe besluite wat werk, maar dieselfde spelers slegs\u00ea as dit nie werk nie. So werk dit nie. Jy is \u00f3f in \u00f3f uit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As ons wil h\u00ea Sacha moet die opposisie op hierdie manier aanval, moet ons hom die ruimte gee om dit te doen.<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-oom-rugby-se-rugby-kort-vars-idees\">LEES | <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-se-rugby-kort-vars-idees\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Oom Rugby s\u00ea: Rugby kort vars idees<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En s\u00f3 speel jy \u2019n rol in die selfvertroue en sukses van Sacha en spelers soos hy. Dit is \u2019n kontrak. Binne perke vra ons hulle om buite die grense van die verwagte te beweeg en \u2019n kans te waag om \u2019n wedstryd oop te breek wanneer die geleentheid daar is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In ruil daarvoor gee ons hulle die ruimte om dit te doen. Ons moet hulle die vryheid gee om foute te maak.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As ons die heeltyd oor die foute kla en die baie fyn en skaars ingesteldheid wat hulle na die tafel bring ondermyn \u2013 hul bereidheid om in \u2019n breukdeel van \u2019n sekonde op te tree \u2013 vernietig ons hul selfvertroue en verloor ons almal.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek wil nog een punt oor Sacha maak. Ek het woorde soos \u201cfyngevoelig\u201d en \u201cbroos\u201d gebruik, en hoewel dit van toepassing is op \u2019n speler se selfvertroue spelpeil, dink ek nie dit beskryf Sacha se samestelling as geheel nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek het ook die woord \u201carrogant\u201d gebruik, en dit is nie heeltemal regverdig nie. Een rede waarom spelers soos hy kritiek kry, is omdat hul geloof in hulself soms as arrogansie ge\u00efnterpreteer word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was nog altyd dieselfde storie in Suid-Afrikaanse rugby. Maar kom saam met my en kyk na hierdie laaste beeld.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"650\" height=\"430\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2eae2942-9ea2-4e00-af69-9fa9f3a6984a.jpg\" alt=\"Sacha Feinberg-Mngomezulu.\" class=\"wp-image-315262\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2eae2942-9ea2-4e00-af69-9fa9f3a6984a.jpg 650w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2eae2942-9ea2-4e00-af69-9fa9f3a6984a-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/2eae2942-9ea2-4e00-af69-9fa9f3a6984a-600x397.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 650px) 100vw, 650px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Kragtige Nieu-Seelandse aanval vanuit \u2019n lynstaan is uiteindelik tot stilstand gebring. Maar dit het ons iets gekos; dit het al die manne ingesuig wat normaalweg om die kante daarvan sou verdedig. En om sake te vererger, is ons reeds \u2019n voorspeler minder n\u00e1 Kwagga Smith se geelkaart. Hier kom Sacha in.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toe hy sien hoe die probleem ontwikkel, neem hy sy plek as \u2019n voorspeler in waar waar die haker Taukei\u2019aho gaan wegbreek. Taukei\u2019aho hardloop reguit in Sacha in, en Sacha stop hom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is \u2019n man wat vir die trui bloei. Hier is \u2019n man wat omgee. In teenstelling met wat jy ook al dink, doen hy nie wat hy doen vir \u2019n hoogtepunt van die wedstryd nie \u2013 hy doen dit omdat hy kan sien wat gedoen moet word, en hy doen dit so goed as wat hy kan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit gaan nie altyd slaag nie, en dit gaan nie altyd die perfekte resultaat oplewer nie, maar hy is een van daardie unieke spelers wat \u2019n benadering tot die spel het wat sy span \u2019n werklike voordeel gee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ek sou vra dat ons vir hom, en ander spelers soos hy, ons eie rol moet verstaan om daardie kosbare ingesteldheid te beskerm.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Kry al jou rugbynuus in\u00a0<em>Die Papier<\/em>, op\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/sport\/\">NovaNews<\/a>\u00a0en op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.kickoff.com\/rugby\">KickOff.com<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar was twee oomblikke in die Springbokke se nederlaag teen die All Blacks op Eden Park verlede jaar wat my \u2019n bietjie meer oor Sacha Feinberg-Mngomezulu vertel het. Teen daardie tyd het ons reeds heelwat van Sacha geweet \u2013 hy het uitsonderlike vaardighede. Hy het die vermo\u00eb om iets uit niks te skep en ook [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":312489,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Oom Rugby","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[15970,15936,15763,15591,15819,15577],"class_list":["post-315257","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-all-blacks","tag-oom-rugby","tag-sacha-feinberg-mngomezulu","tag-sport","tag-springbokke","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Daar was twee oomblikke in die Springbokke se nederlaag teen die All Blacks op Eden Park verlede jaar wat my \u2019n bietjie meer oor Sacha Feinberg-Mngomezulu vertel het. Teen daardie tyd het ons reeds heelwat van Sacha geweet \u2013 hy het uitsonderlike vaardighede. Hy het die vermo\u00eb om iets uit niks te skep en ook [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-04-30T07:28:16+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-04-30T07:30:20+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"860\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Oom Rugby\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler\",\"datePublished\":\"2026-04-30T07:28:16+00:00\",\"dateModified\":\"2026-04-30T07:30:20+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/\"},\"wordCount\":1439,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"keywords\":[\"All Blacks\",\"Oom Rugby\",\"Sacha Feinberg-Mngomezulu\",\"Sport\",\"Springbokke\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/\",\"name\":\"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-04-30T07:28:16+00:00\",\"dateModified\":\"2026-04-30T07:30:20+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg\",\"width\":1280,\"height\":860,\"caption\":\"Aanlyn rugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 skryf vir Die Papier.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler","og_description":"Daar was twee oomblikke in die Springbokke se nederlaag teen die All Blacks op Eden Park verlede jaar wat my \u2019n bietjie meer oor Sacha Feinberg-Mngomezulu vertel het. Teen daardie tyd het ons reeds heelwat van Sacha geweet \u2013 hy het uitsonderlike vaardighede. Hy het die vermo\u00eb om iets uit niks te skep en ook [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-04-30T07:28:16+00:00","article_modified_time":"2026-04-30T07:30:20+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":860,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Oom Rugby","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler","datePublished":"2026-04-30T07:28:16+00:00","dateModified":"2026-04-30T07:30:20+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/"},"wordCount":1439,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","keywords":["All Blacks","Oom Rugby","Sacha Feinberg-Mngomezulu","Sport","Springbokke","Top"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/","name":"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","datePublished":"2026-04-30T07:28:16+00:00","dateModified":"2026-04-30T07:30:20+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430-1.jpg","width":1280,"height":860,"caption":"Aanlyn rugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 skryf vir Die Papier."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oom Rugby: Sasha, geniaal en \u2019n besonderse speler"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-sasha-geniaal-en-n-besonderse-speler\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/315257","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=315257"}],"version-history":[{"count":2,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/315257\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":315264,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/315257\/revisions\/315264"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312489"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=315257"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=315257"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=315257"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}