{"id":315203,"date":"2026-04-30T09:30:25","date_gmt":"2026-04-30T07:30:25","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=315203"},"modified":"2026-04-30T09:30:09","modified_gmt":"2026-04-30T07:30:09","slug":"skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/","title":{"rendered":"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Staatskaping in \u2019n nuwe, meer gesofistikeerde gedaante en \u2019n beperking op onderwysers en skole se keuse om geskikte handboeke te koop, is van die jongste inligting wat uit die departement van onderwys se skoolhandboek-<em>gate<\/em> begin ontvou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die aanloop was al in 2024 en \u2019n politieke ontleder waarsku teen die politieke slaggate vir die DA-minister betrokke.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uitgewers en ander rolspelers in die opvoedkundebedryf, wat gister met <em>Die Papier<\/em> gepraat het, het daarop gewys dit gaan hier oor meer as \u2019n skielik ge\u00acstigte maatskappy, Lighthouse Publishers (LP), wat die grootste aandeel van R285 miljoen in \u2019n R1,6-miljard-tender vir skoolhandboeke vir gr.\u20091 tot gr.\u20093 kry.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens ingeligtes is die tenderregulasies in die eerste plek s\u00f3 aangepas dat \u2019n hoeveelheid aan goedkoper handboeke moet gaan. Dit is heel gerieflik die Lighthouse-portefeulje.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die departement van basiese onderwys dwing nou die provinsiale onderwysdepartemente verder om meer as \u2019n derde van hul aankope uit die goedkoper handboeke en dus hoofsaaklik LP se voorraad te doen \u2013 die \u201cnuwe dimensie van staats\u00ackaping\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Boonop kon onderwysers en skole voorheen uit tot agt handboekopsies kies. Daarvan is uit die opvoedkundige omgewing deur kundiges ontwikkel en voorgestel en n\u00e1 goedkeuring op die aankopelys geplaas. Skielik het die lys nou net een tot drie verpligte titels.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Artikel-21-skole, die sogenaamde model-C-skole, het nog altyd \u2019n wyer keuse gehad omdat hulle self kon aankoop. Dit is egter onduidelik of hulle nou ook soos artikel-20-skole \u2013 gewone openbare skole \u2013 tot die eensydige aanbod gedwing gaan word.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/siviwe_gwarube.jpeg\" alt=\"Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys.\" class=\"wp-image-315147\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/siviwe_gwarube.jpeg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/siviwe_gwarube-300x200.jpeg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/siviwe_gwarube-768x512.jpeg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/siviwe_gwarube-600x400.jpeg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys. Foto: Gallo Images.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-waarskuwing-oor-onderwysers\">Waarskuwing oor onderwysers<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Paul Sauer, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gister gewaarsku teen die ondermyning van onderwysers se outonomie om self by die keuse van handboeke, wat hulle as geskik vir die leerplan beskou, betrokke te wees.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens Sauer gaan dit bydra tot die ernstige verskraling van gehalte-onderwys. Die onderwysstelsel is reeds onder druk weens te min geld en onderwysers. Hy het dit verwelkom dat Siviwe Gwarube, die minister van onderwys, vinnig beweeg het om die kwessie deur die tesourie te laat ondersoek.<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-regsoptrede-hang-oor-tenderskok-met-skoolhandboeke\">LEES | <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/regsoptrede-hang-oor-tenderskok-met-skoolhandboeke\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">Regsoptrede hang oor tenderskok met skoolhandboeke<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hannes Grobler, \u2019n onafhanklike ontwikkelaar van opvoedkundige materiaal vir skole, meen die \u201cdrakoniese manipulasie\u201d van die betrokke tender het \u2019n vernietigende uitwerking op die hele ekostelsel van gehalte-onderwys.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sy vennoot, Edwin Solomon, wil weet watter gehaltebeheer oor LP se sogenaamde goedkoper materiaal is en of dit al ooit bestaan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit gaan gehalte-ontwikkelaars en uitgewers sleg tref, asook kinders in die grondslagfase, wat volgens navorsing wanneer hulle in gr. 4 kom, steeds nie kan lees of skryf nie, meen hy.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-full is-resized\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1365\" height=\"1364\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n.jpg\" alt=\"Jaco Deacon, die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaans Skole.\" class=\"wp-image-315205\" style=\"aspect-ratio:1.0007307998937018;width:945px;height:auto\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n.jpg 1365w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-300x300.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-1024x1024.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-150x150.jpg 150w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-768x767.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-120x120.jpg 120w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-1320x1319.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-600x600.jpg 600w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/104655815_10157306741960592_7258296414232812222_n-100x100.jpg 100w\" sizes=\"auto, (max-width: 1365px) 100vw, 1365px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Jaco Deacon, die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaans Skole. Foto: Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-begin-al-in-2024\">Begin al in 2024<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skoolhandboek-<em>gate<\/em> het reeds in 2024 begin toe die departement van basiese onderwys (DBO) \u2019n uitnodiging aan uitgewers gerig het om leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LTSM) vir die Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase (grade 1-3) in te dien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die formele indieningstydperk het \u2013 volgens een uitgewer \u2013 op 5 Julie 2024 gesluit. Die materiaal is daarna deur die DBO ge\u00ebvalueer en uitgewers is op 6 Maart 2025 in kennis gestel dat hul boeke \u201cvoorlopig goedgekeur\u201d is, maar dat sekere hersienings gedoen moet word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sommige uitgewers is gevra om bykomende titels te skep. Die sperdatum hiervoor was in Augustus 2025.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Twee uitgewers het aan <em>Die Papier<\/em> bevestig dat die hersiene en bykomende materiaal onder groot tydsdruk geskep moes word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vyf eksemplare van elke titel moes aan die DBO verskaf word vir die volgende ronde van evaluering. Al hierdie koste moes deur die uitgewers gedra word \u2013 in party gevalle is miljoene rande hieraan bestee.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die DBO het uiteindelik eers op 8 April vanjaar \u2019n lys goedgekeurde boeke en uitgewers bekendgemaak \u2013 byna twee jaar nadat vir die voorleggings gevra is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tot hul skok moes hulle toe uitvind dat geen van hul materiaal aanvaar is nie, maar dat Lighthouse Publishers, \u2019n uitgewer wat skynbaar net op papier bestaan, 1\u2009707 van die titels sou verskaf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jaco Deacon, die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaans Skole, beklemtoon dat alles ook gaan oor waarde vir geld.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Volgens School Realities 2025 is altesaam 3 745 277 leerders in gr. 1 tot 3. Indien die tenderwaarde R1,6 miljard is, kom dit neer op ongeveer R427 per leerder vir handboeke.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit laat steeds vrae ontstaan oor die algehele waarde wat aan die stelsel gelewer word.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-1024x683.jpg\" alt=\"Die DA se Siviwe Gwarube (links), Solly Msimanga (middel) en John Steenhuisen.\" class=\"wp-image-315206\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-2048x1366.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/AFP__20231002__33XB4HC__v1__HighRes__SafricaPoliticsElection-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die DA se Siviwe Gwarube (links), Solly Msimanga (middel) en John Steenhuisen. Foto: AFP.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-da-ministers-se-probleem\">DA-ministers se probleem<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Roland Henwood, politieke wetenskaplike aan die Universiteit van Pretoria, meen die sage wys dat die DA se strewe na goeie regering in die kabinet toenemend uitdagings gaan bied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is \u2019n hoofsaaklik amptenary uit ontplooide kaders en politici wat histories openlik pro-ANC en anti-DA gesind is. Hy wys daarop dat Gwarube al in die openbaar gekla het sy word deur sommige amptenare in haar departement ondermyn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is duidelik dat hulle hul eie belang en partybelang eerder as die land se belange dien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Pres. Cyril Ramaphosa gee geen steun aan ministers, veral nie uit die DA, nie. Die ministers is aanspreeklik vir hul departemente, maar is blootgestel en sal uiters korrek en sterk moet optree indien hulle hierdie aanslae wil oorleef.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Lees die volledige berig oor di\u00e9 kwessie in die splinternuwe uitgawe van <em>Die Papier, <\/em>wat vandag op die rakke is.<\/li>\n\n\n\n<li>Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by\u00a0<a href=\"mailto:diepapierintekening@onthedot.co.za\">diepapierintekening@onthedot.co.za<\/a>\u00a0of te bel by 087 353 2191.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op&nbsp;<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/e-uitgawes\/\" target=\"_blank\" rel=\"noreferrer noopener\">novanews.co.za\/diepapier<\/a>&nbsp;of by&nbsp;<a href=\"https:\/\/www.magzter.com\/ZA\/Novus-Media\/Die-Papier\/Newspaper\/All-Issues\">Magzter<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Staatskaping in \u2019n nuwe, meer gesofistikeerde gedaante en \u2019n beperking op onderwysers en skole se keuse om geskikte handboeke te koop, is van die jongste inligting wat uit die departement van onderwys se skoolhandboek-gate begin ontvou. Die aanloop was al in 2024 en \u2019n politieke ontleder waarsku teen die politieke slaggate vir die DA-minister betrokke. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":315207,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Ilse Salzwedel en Barnard Beukman","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15655,16147,16146,15603,16135,15577],"class_list":["post-315203","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-da","tag-departement-van-basiese-onderwys","tag-lighthouse-publishers","tag-nuus","tag-siviwe-gwarube","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Staatskaping in \u2019n nuwe, meer gesofistikeerde gedaante en \u2019n beperking op onderwysers en skole se keuse om geskikte handboeke te koop, is van die jongste inligting wat uit die departement van onderwys se skoolhandboek-gate begin ontvou. Die aanloop was al in 2024 en \u2019n politieke ontleder waarsku teen die politieke slaggate vir die DA-minister betrokke. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-04-30T07:30:25+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1440\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Ilse Salzwedel en Barnard Beukman\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019\",\"datePublished\":\"2026-04-30T07:30:25+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/\"},\"wordCount\":905,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"da\",\"Departement van basiese onderwys\",\"Lighthouse Publishers\",\"Nuus\",\"Siviwe Gwarube\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/\",\"name\":\"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2026-04-30T07:30:25+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1440,\"caption\":\"Foto ter illustrasie: Unsplash.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019 | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019","og_description":"Staatskaping in \u2019n nuwe, meer gesofistikeerde gedaante en \u2019n beperking op onderwysers en skole se keuse om geskikte handboeke te koop, is van die jongste inligting wat uit die departement van onderwys se skoolhandboek-gate begin ontvou. Die aanloop was al in 2024 en \u2019n politieke ontleder waarsku teen die politieke slaggate vir die DA-minister betrokke. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-04-30T07:30:25+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1440,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Ilse Salzwedel en Barnard Beukman","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019","datePublished":"2026-04-30T07:30:25+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/"},"wordCount":905,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg","keywords":["da","Departement van basiese onderwys","Lighthouse Publishers","Nuus","Siviwe Gwarube","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/","name":"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg","datePublished":"2026-04-30T07:30:25+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/swastik-arora-YcW3A8QHcQQ-unsplash.jpg","width":2560,"height":1440,"caption":"Foto ter illustrasie: Unsplash."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Skoolhandboek-gate: \u2018Staatskaping in nuwe gedaante\u2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/skoolhandboek-gate-staatskaping-in-nuwe-gedaante\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/315203","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=315203"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/315203\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":315234,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/315203\/revisions\/315234"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/315207"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=315203"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=315203"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=315203"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}