{"id":314025,"date":"2026-04-15T14:13:18","date_gmt":"2026-04-15T12:13:18","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=314025"},"modified":"2026-04-15T14:13:21","modified_gmt":"2026-04-15T12:13:21","slug":"staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/","title":{"rendered":"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend op die eerste dag van vonnisverrigtinge aan die landdroshof in KuGompo-stad (voorheen Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cesar het ges\u00ea daar rus \u2019n groter verantwoordelikheid op openbare figure om binne die wet op te tree en daarom eis die staat die maksimum vonnis van tot 15 jaar tronkstraf.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cSy optrede was kwaadwillig, om die minste te s\u00ea. Hy was \u2019n gevaar vir die meer as 20 000 mense wat by die geleentheid was. Dit was deur die Here se genade dat niemand seergekry het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cNiemand is bo die gereg verhewe nie. Gegewe die beskuldigde se statuur en die feit dat hy \u2019n leier van \u2019n politieke party is, moet hierdie hof van hom \u2019n voorbeeld maak,\u201d het Cesar ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Cesar het verder aangevoer dat die onwettige afvuur van die vuurwapen \u2019n gevaarlike presedent geskep het. Hy het onder meer verwys na \u2019n voorval in Augustus 2024 toe die omstrede pastoor Paseka &#8216;Mboro&#8217; Motsoeneng glo met \u2019n wapen by \u2019n skool in Katlehong opgedaag en mense gedreig het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cMense dink hulle kan ligtelik wegkom met hierdie tipe kriminele oortredings. Hierdie hof moet \u2019n sterk boodskap uitstuur.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDie beskuldigde in hierdie saak is \u2019n lid van die parlement. Hy help om hierdie land se wette te bepaal. Nou is hy die een wat daardie einste wette oortree het. As dit enigiemand anders was, sou hy eis dat daardie persoon toegesluit word,\u201d het Cesar aan die hof ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-lees-malema-vuurwapensaak-staat-vra-vir-maksimum-vonnis\">LEES | <a href=\"Staat vra vir maksimum vonnis\">Malema-vuurwapensaak: Staat vra vir maksimum vonnis<\/a><\/h5>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Een van Malema se regsverteenwoordigers, adv. Laurence Hodes, het aangevoer dat vuurwapens dikwels vir feestelike doeleindes by begrafnisse, troues en verjaarsdae afgevuur word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cDaar was nog nie \u2019n enkele saak waar iemand suksesvol vervolg is vir die afvuur van \u2019n vuurwapen by sulke geleenthede nie. Dit is \u2019n feit wat op sy eie staan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIn hierdie saak is \u2019n wettige vuurwapen gebruik. Dit is selfs aan die wettige eienaar terugbesorg voordat uitspraak deur die hof gelewer is,\u201d het Hodes ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Adv. Tembeka Ngcukaitobi, wat ook vir Malema verteenwoordig, hou vol dat die staat se eis vir \u2019n maksimum vonnis \u2019n oordrywing is gegewe die aard van die oortreding.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie is \u2019n persoon wat een keer \u2019n wettige vuurwapen afgevuur het. Dit is aan die wettige eienaar terugbesorg.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHy besit nie onwettige vuurwapens nie, en daarom is dit verregaande vir die staat om te eis dat hy tussen sewe en 15 jaar gestraf word. Die staat, wat argumenteer dat die skare in gevaar was, kon \u2019n getuie na hierdie hof bring om daardie bewering te staaf. Die staat kon nie \u2019n enkele getuie voor hierdie hof plaas nie,\u201d het Ngcukaitobi ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-twitter wp-block-embed-twitter\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">\u2666\ufe0fHappening Now\u2666\ufe0f<br><br>President <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Julius_S_Malema?ref_src=twsrc%5Etfw\">@Julius_S_Malema<\/a> addressing groundforces outside East London Magistrates Court. <br><br>Noma kubi siyaya!<a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/HandsOffMalema?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#HandsOffMalema<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/WdO1fHKCNc\">pic.twitter.com\/WdO1fHKCNc<\/a><\/p>&mdash; Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/EFFSouthAfrica\/status\/2044369330465300852?ref_src=twsrc%5Etfw\">April 15, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die saak spruit uit \u2019n voorval in 2018 tydens die Economic Freedom Fighters (EFF) se vyfde verjaarsdagvieringe by die Sisa Dukashe-stadion, waar Malema glo \u2019n geweer in die lug afgevuur het.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Malema is reeds in Oktober verlede jaar skuldig bevind op verskeie aanklagte, insluitend die onwettige besit van \u2019n vuurwapen en die afvuur daarvan in \u2019n beboude gebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy sal na verwagting Donderdag gevonnis word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die uitkoms hou verreikende politieke implikasies vir Malema in. Sou hy vir meer as 12 maande gevonnis word sonder die opsie van \u2019n boete, sal hy vir minstens vyf jaar nie in die nasionale vergadering kan sit nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Malema het vroe\u00ebr die week aangedui dat hy \u2019n swaar vonnis sal appelleer. Sou die landdroshof sy aansoek om verlof tot app\u00e8l van die hand wys, sal sy regspan die hooggeregshof nader.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea ook hy sal aansoek doen vir sy borgtog om verleng te word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend op die eerste dag van vonnisverrigtinge aan die landdroshof in KuGompo-stad (voorheen Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het. Cesar het ges\u00ea daar rus \u2019n groter verantwoordelikheid op openbare figure om binne [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":314026,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Rasaad Adams","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[16047,15603,16050,15556,15577,16049],"class_list":["post-314025","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-julius-malema","tag-nuus","tag-oos-londen","tag-politiek","tag-top","tag-vuurwapensaak"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019 | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"description\" content=\"Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend aan die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.\" \/>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend aan die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-04-15T12:13:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-04-15T12:13:21+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/ED_604115.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1783\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rasaad Adams\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rasaad Adams\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/bb7d8e8f90b9668ca2861957f1a90547\"},\"headline\":\"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019\",\"datePublished\":\"2026-04-15T12:13:18+00:00\",\"dateModified\":\"2026-04-15T12:13:21+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/\"},\"wordCount\":618,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/ED_604115.jpg\",\"keywords\":[\"Julius Malema\",\"Nuus\",\"Oos-Londen\",\"Politiek\",\"Top\",\"Vuurwapensaak\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/\",\"name\":\"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019 | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/ED_604115.jpg\",\"datePublished\":\"2026-04-15T12:13:18+00:00\",\"dateModified\":\"2026-04-15T12:13:21+00:00\",\"description\":\"Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend aan die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/ED_604115.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/04\\\/ED_604115.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1783,\"caption\":\"Julius Malema, EFF-leier, Woensdag in die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen). Foto: Gallo Images\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/bb7d8e8f90b9668ca2861957f1a90547\",\"name\":\"Rasaad Adams\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2bc87db3acec6e8277625c3679061bc481da0320ede56ba9686be964716b0518?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2bc87db3acec6e8277625c3679061bc481da0320ede56ba9686be964716b0518?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/2bc87db3acec6e8277625c3679061bc481da0320ede56ba9686be964716b0518?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rasaad Adams\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/rasaad\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019 | Die Papier","description":"Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend aan die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019","og_description":"Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend aan die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-04-15T12:13:18+00:00","article_modified_time":"2026-04-15T12:13:21+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1783,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/ED_604115.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rasaad Adams","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/"},"author":{"name":"Rasaad Adams","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/bb7d8e8f90b9668ca2861957f1a90547"},"headline":"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019","datePublished":"2026-04-15T12:13:18+00:00","dateModified":"2026-04-15T12:13:21+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/"},"wordCount":618,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/ED_604115.jpg","keywords":["Julius Malema","Nuus","Oos-Londen","Politiek","Top","Vuurwapensaak"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/","name":"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019 | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/ED_604115.jpg","datePublished":"2026-04-15T12:13:18+00:00","dateModified":"2026-04-15T12:13:21+00:00","description":"Adv. Joel Cesar, die staatsaanklaer in Julius Malema se vuurwapensaak, het vanoggend aan die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen) ges\u00ea Malema se optrede was kwaadwillig en dat hy, as \u2019n wetmaker, van beter moes geweet het.","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/ED_604115.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/ED_604115.jpg","width":2560,"height":1783,"caption":"Julius Malema, EFF-leier, Woensdag in die landdroshof in KuGompo-stad (Oos-Londen). Foto: Gallo Images"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Staat oor Malema-vuurwapensaak: \u2018Niemand is bo die gereg verhewe nie\u2019"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/bb7d8e8f90b9668ca2861957f1a90547","name":"Rasaad Adams","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2bc87db3acec6e8277625c3679061bc481da0320ede56ba9686be964716b0518?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2bc87db3acec6e8277625c3679061bc481da0320ede56ba9686be964716b0518?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/2bc87db3acec6e8277625c3679061bc481da0320ede56ba9686be964716b0518?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rasaad Adams"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/rasaad\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/staat-oor-malema-vuurwapensaak-niemand-is-bo-die-gereg-verhewe-nie\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/314025","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=314025"}],"version-history":[{"count":7,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/314025\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":314037,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/314025\/revisions\/314037"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/314026"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=314025"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=314025"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=314025"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}