{"id":313725,"date":"2026-04-10T05:04:49","date_gmt":"2026-04-10T03:04:49","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=313725"},"modified":"2026-04-10T05:04:51","modified_gmt":"2026-04-10T03:04:51","slug":"oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/","title":{"rendered":"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Stormers-ondersteuners is waarskynlik in sak en as n\u00e1 hulle nederlaag verlede naweek teen Toulon. Een of twee opspraakwekkende goed het gelei tot heelwat debat n\u00e1 die tyd, wat my laat dink het ons moet dit bietjie van naderby bekyk, en ook praat oor risiko en beloning in hedendaagse rugby.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kom ons kyk heel eerste na daardie oomblik wat \u2019n hele klomp mense woedend \u2013 en swetsend \u2013 laat opspring het. Met net 8 minute speeltyd oor, het die Stormers die skroewe vir Toulon begin vasdraai met \u2019n losgemaal reg op die vyfmeterlyn.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan breek die Stormers deur, en daar is net twee of drie verdedigers tussen hulle en die doellyn. Maar dis amper soos die keer toe my swaer probeer keer het dat sy boot se sleepwa teen die sleephelling afgly nadat hy vergeet het om dit aan sy bakkie te haak. Dit gaan eenvoudig nie gebeur nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"672\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-1024x672.jpg\" alt=\"Die Stormers.\" class=\"wp-image-313726\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-1024x672.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-300x197.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-768x504.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-1536x1009.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-2048x1345.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-1320x867.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa4-600x394.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Stormers se losgemaal is feitlik onbetwis en beweeg vinnig, maar dan word dit doelbewus afgetrek deur die slot Halagahu.<br>En die besluit? \u2019n Geel kaart, maar geen strafdrie nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit was \u2019n baie swak beslissing. Vir my was dit die definisie van \u2019n strafdrie vir die aftrek van \u2019n losgemaal. Trouens, W\u00eareldrugby kan \u2019n videogreep van hierdie oomblik gebruik om skeidsregters op te lei oor hoe \u2019n strafdrie lyk.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"674\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-1024x674.jpg\" alt=\"Die Stormers.\" class=\"wp-image-313729\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-1024x674.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-768x506.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-1536x1012.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-2048x1349.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-1320x869.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa-600x395.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Party situasies op \u2019n rugbyveld sal altyd aan die skeidsregter se interpretasie oorgelaat word, maar die Stormers het nie daarop gereken dat die skeidsregter \u2019n risikofaktor sal wees nie. Want losgemaal-oortredings is gewoonlik duidelik, veral met sulke blatante vuilspel terwyl die skeidsregter boonop reg by dit staan.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Waarom het hy nie die strafskop probeer gee nie? Ek vermoed die oomblik was te groot vir hom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Stormers het alles reg gedoen en die risiko goed gespeel, maar is in die steek gelaat deur iets onverwags en buite hul beheer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die volgende kontroversi\u00eble oomblik is reg aan die einde van die wedstryd. Die Stormers het intussen \u2019n doel aangeteken, en daar is nou net een punt verskil. \u2019n Drie sal die wedstryd beklink.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Toulon het net 13 spelers op die veld, so die Stormers speel veilig en behou besit. Hulle weet hulle kan Toulon onder druk hou, en dis presies wat hulle doen.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Van \u2019n lynstaan op die 22 m speel hulle 16 fases tot reg by Toulon se doellyn \u2013 net een meter weg van glorie en oorwinning . . .<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"674\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-1024x674.jpg\" alt=\"Die Stormers.\" class=\"wp-image-313727\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-1024x674.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-768x506.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-1536x1012.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-2048x1349.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-1320x869.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa3-600x395.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die twee ouens om dop te hou, is die Stormers-slot Adr\u00e9 Smith en die Franse flank Charles Ollivon.<br>Smith is op die punt om te om doellyn toe te pyl, en Ollivon wag vir hom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar Ollivon is nie op sy voete nie. Hy op een knie, reg op die doellyn. Wanneer Smith doellyn toe aanval, duik Ollivon hom vanuit daardie knielende posisie, sonder om ooit op sy voete te kom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy absorbeer bloot die impak en val Smith toe, wat dit moeilik maak om duidelik te sien of die bal wel gedruk is.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"674\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-1024x674.jpg\" alt=\"Die Stormers.\" class=\"wp-image-313728\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-1024x674.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-300x198.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-768x506.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-1536x1012.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-2048x1349.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-1320x869.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/04\/afaa2-600x395.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die skeidsregter en TV-skeidsregter sien geen duidelike bewyse van \u2019n drie wat aangeteken is nie, en dus word die bal beskou as \u201copgehou\u201d. En so eindig die wedstryd.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Natuurlik lei dit tot baie woede.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Eerstens, omdat dit gelyk het of Ollivon nie op sy voete was toe hy die duikslag gemaak het nie, en tweedens, omdat die Stormers nie \u2019n ander opsie oorweeg het nie, soos om \u2019n skepskop te probeer of die bal wyer te speel na die agterlyn nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kom ons bekyk hierdie kwessies een vir een.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ongelukkig het Ollivon 100% binne die re\u00ebls opgetree. Re\u00ebl 21.12 s\u00ea vir ons dat, as enige deel van \u2019n verdedigende speler in die doelgebied is, daardie speler as in die doelgebied beskou word. Daarom is Ollivon in die doelgebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan s\u00ea re\u00ebl 13.3 vir ons dat die doelgebied nie as deel van die speelveld beskou word nie. Dus geld normale duikslagre\u00ebls (soos om op jou voete te wees om \u2019n duikslag te maak) nie hier nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wanneer kontak gemaak word in die doelgebied, word dit nie as \u2019n duikslag beskou nie, maar eerder as \u201c\u2019n poging om die aanvaller vas te hou en te keer dat hy punte aanteken\u201d.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy mag dus \u2019n poging om \u2019n drie aan te teken, absorbeer (Engels was soak up) en onder die bal kom, selfs al is jy nie op jou voete nie.<br>Mense is kwaad dat die Stormers nie vir \u2019n skepskop gegaan het of die bal wyer gespeel het nie, maar dis te verstane nadat hulle pas 16 fases gespeel het om tot op die doellyn te kom.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hulle kon aanvoel hulle oorheers 13 moe\u00eb spelers, en het dus gehou by wat gewerk het. Wye aange\u00eb en skepskoppe is nie sonder risiko nie, en sukses is nie gewaarborg nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Down to the wire! | RC Toulon v DHL Stormers | Investec Champions Cup Extended Highlights\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/XrCNr5BoPf8?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar hier l\u00ea die knoop . . . ons sien meer en meer spelers wat oor die lyn opgehou word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Trouens, in hierdie wedstryd het ons drie ander gevalle gesien waar die bal vasgehou is terwyl iemand probeer om punte aan te teken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Re\u00eblveranderinge in 2022 het verdedigende spanne toegelaat om met \u2019n skepskop uit hul doelgebied te kom as hulle die bal in die doelgebied kon ophou. Daarom is daar nou sterk aansporing om daardie uitkoms af te dwing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Spelers oefen deesdae al die klein truuks wat jy nodig het om aanvallers te absorbeer, te keer dat die bal gedruk word en om te verhoed dat die TV-skeidsregter die bal behoorlik kan sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat met die Stormers gebeur het, was nie net slegte geluk nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">En dit laat mens wonder \u2013 as verdedigers afgerig word om so te speel, en as die doelgebied hulle volgens die re\u00ebls \u2019n tegniese voordeel gee, sien ons genoeg reaksie deur moderne aanvallende spel as dit daaroor gaan om die bal oor die doellyn te kry?<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Benader spelers hierdie situasies anders genoeg as elders op die veld? Ek sien deesdae heeltemal te veel spelers wat opgehou word om te dink dat dit die geval is.<br>Die werklike pyn vir die Stormers is dat hulle weet hulle het die drie gedruk. As jy die beeldmateriaal van naderby bekyk, kan jy dit self sien.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar in hedendaagse rugby is \u2019n kykie nie genoeg nie \u2013 jy moet dit op \u2019n silwer skinkbord aanbied en alle twyfel uit die weg ruim.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Deesdae is om een meter weg te wees dieselfde as twintig meter weg. Ons het nog baie werk om te doen om verdedigers, skeidsregters en alle risiko uit die vergelyking te haal.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Kry al jou rugbynuus in\u00a0<em>Die Papier<\/em>, op\u00a0<a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/sport\/\">NovaNews<\/a>\u00a0en op\u00a0<a href=\"https:\/\/www.kickoff.com\/rugby\">KickOff.com<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Stormers-ondersteuners is waarskynlik in sak en as n\u00e1 hulle nederlaag verlede naweek teen Toulon. Een of twee opspraakwekkende goed het gelei tot heelwat debat n\u00e1 die tyd, wat my laat dink het ons moet dit bietjie van naderby bekyk, en ook praat oor risiko en beloning in hedendaagse rugby. Kom ons kyk heel eerste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":312542,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"Oom Rugby","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[15936,15560,15591,15675,15577],"class_list":["post-313725","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-oom-rugby","tag-rugby","tag-sport","tag-stormers","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Stormers-ondersteuners is waarskynlik in sak en as n\u00e1 hulle nederlaag verlede naweek teen Toulon. Een of twee opspraakwekkende goed het gelei tot heelwat debat n\u00e1 die tyd, wat my laat dink het ons moet dit bietjie van naderby bekyk, en ook praat oor risiko en beloning in hedendaagse rugby. Kom ons kyk heel eerste [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-04-10T03:04:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-04-10T03:04:51+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Oom Rugby\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings\",\"datePublished\":\"2026-04-10T03:04:49+00:00\",\"dateModified\":\"2026-04-10T03:04:51+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/\"},\"wordCount\":1098,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"keywords\":[\"Oom Rugby\",\"Rugby\",\"Sport\",\"Stormers\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/\",\"name\":\"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"datePublished\":\"2026-04-10T03:04:49+00:00\",\"dateModified\":\"2026-04-10T03:04:51+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"width\":1280,\"height\":640,\"caption\":\"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/XrCNr5BoPf8\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"663\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-04-10T03:04:49+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings","og_description":"Die Stormers-ondersteuners is waarskynlik in sak en as n\u00e1 hulle nederlaag verlede naweek teen Toulon. Een of twee opspraakwekkende goed het gelei tot heelwat debat n\u00e1 die tyd, wat my laat dink het ons moet dit bietjie van naderby bekyk, en ook praat oor risiko en beloning in hedendaagse rugby. Kom ons kyk heel eerste [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-04-10T03:04:49+00:00","article_modified_time":"2026-04-10T03:04:51+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":640,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Oom Rugby","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings","datePublished":"2026-04-10T03:04:49+00:00","dateModified":"2026-04-10T03:04:51+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/"},"wordCount":1098,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","keywords":["Oom Rugby","Rugby","Sport","Stormers","Top"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/","name":"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","datePublished":"2026-04-10T03:04:49+00:00","dateModified":"2026-04-10T03:04:51+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","width":1280,"height":640,"caption":"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oom Rugby skryf oor die Stormers se onlangse nederlaag: Skeidsregters, risiko\u2019s en belonings"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-oor-die-stormers-se-onlangse-nederlaag-skeidsregters-risikos-en-belonings\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/XrCNr5BoPf8","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"663","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-04-10T03:04:49+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/313725","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=313725"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/313725\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":313730,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/313725\/revisions\/313730"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312542"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=313725"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=313725"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=313725"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}