{"id":312535,"date":"2026-03-27T08:20:23","date_gmt":"2026-03-27T06:20:23","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=312535"},"modified":"2026-03-27T08:41:11","modified_gmt":"2026-03-27T06:41:11","slug":"oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/","title":{"rendered":"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Verbeel jou, jou baas by die werk kom na jou toe en s\u00ea net: \u201cWerk harder,\u201d en loop weg. Geen verdere verduideliking nie. Net: \u201cWerk harder.\u201d Wat is jy veronderstel om te doen? Vinniger tik? Meer dokumente teken? Uiteindelik k\u00e1n jy nie regtig harder werk nie, want jy weet nie wat op dees aarde hy bedoel nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dieselfde met rugby. Ons hou daarvan om te s\u00ea spelers moet \u201chonger\u201d wees. \u2019n Sterker \u201cpoging\u201d wys. Maar wat beteken dit regtig as ons hulle nie \u2019n plan en doelwit gee nie? <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Speler kan al die passie in die w\u00eareld h\u00ea, maar dit beteken niks as hy nie weet waarheen om dit te mik nie. Die Sharks is die afgelope jaar of twee daarvan beskuldig dat hulle nie meer passie vir die spel het nie, maar ek dink nie dit is waar nie. Geen speler draf op \u2019n rugbyveld uit met die doel om die minimum te gee nie. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nee, die passie en die wil was myns insiens nog altyd daar. Daar was net een bykomende bestanddeel nodig om goed te vaar. Kom ons kyk wat.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-munster\">Munster<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Voordat ons begin, moet ons erken dat Munster reeds op die agtervoet was nog voor die afgelope Saterdag se afskop tussen die twee spanne. Die Sharks het van \u2019n drie weke lange rus af gekom, terwyl Munster n\u00e1 \u2019n gekanselleerde vlug \u2019n dag laat in Suid-Afrika aangekom het. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Munster moes boonop vier internasionale spelers n\u00e1 die Sesnasies-toernooi rus gee. Maar steeds: jy wen nie sommer 45\u20130, druk sewe drie\u00eb en hou jou teenstander heeltemal van die telbord af as jy nie heelwat dinge reg doen nie . . .<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-rich is-provider-twitter wp-block-embed-twitter\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-width=\"500\" data-dnt=\"true\"><p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Today\u2019s captain, JJ Hanrahan, at the coin toss \ud83e\ude99<a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/SUAF?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#SUAF<\/a> \ud83d\udd34 | <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/SHAvMUN?src=hash&amp;ref_src=twsrc%5Etfw\">#SHAvMUN<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/MfS54PL6vg\">pic.twitter.com\/MfS54PL6vg<\/a><\/p>&mdash; Munster Rugby (@Munsterrugby) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/Munsterrugby\/status\/2035359698392678827?ref_src=twsrc%5Etfw\">March 21, 2026<\/a><\/blockquote><script async src=\"https:\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-die-kernbestandeel\">Die kernbestandeel<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">So, wat het gebeur dat die Sharks die afgelope naweek hul tande begin terugkry het in hul 45 \u2013 0 oorwinning oor Munster? In een woord, eenvoud. \u2019n Selfs beter beskrywing is duidelikheid.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Indien daar duidelikheid vir \u2019n rugbyspeler gegee word, dan kry hy sekerheid. Wanneer mens sekerheid het, ontstaan intensiteit.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die speler kan sy poging dus effektief kanaliseer. Ondersteuners sien \u2019n gebrek aan intensiteit soms verkeerdelik as \u2019n gebrek aan \u2019n wil. Die werklike probleem is egter dat spelers nie duidelike rigting het nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Wat ek Saterdag by die Sharks gesien het, was eenvoud in die wedstrydplan, duidelikheid by die spelers en dus die vermo\u00eb om hul pogings in effektiewe uitkomste te kanaliseer. Kom ons bekyk dit van nader met behulp van Opta se statistieke.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-embed is-type-video is-provider-youtube wp-block-embed-youtube wp-embed-aspect-16-9 wp-has-aspect-ratio\"><div class=\"wp-block-embed__wrapper\">\n<iframe loading=\"lazy\" title=\"Hollywoodbets Sharks v Munster | Highlights | Round 13 | URC 2025\/26\" width=\"500\" height=\"281\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/xvV4ZL4tDwg?feature=oembed\" frameborder=\"0\" allow=\"accelerometer; autoplay; clipboard-write; encrypted-media; gyroscope; picture-in-picture; web-share\" referrerpolicy=\"strict-origin-when-cross-origin\" allowfullscreen><\/iframe>\n<\/div><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-op-die-aanval\">Op die aanval<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar is \u2019n fantastiese syfer uit die wedstryd wat onderstreep wat ek s\u00ea. Albei spanne het bykans dieselfde hoeveelheid keer die bal gedra: die Sharks 99 keer en Munster 100 keer. Maar met die dra van die bal het die Sharks n\u00e1 die kontakpunt 267m gevorder en Munster 194m. Dit is \u2019n groot verskil. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die hoeveelheid meters wat gemaak word n\u00e1 die kontakpunt is die vordering wat gemaak word n\u00e1 \u2019n plettervat. Dit is duidelik die Sharks was baie meer effektief nadat hulle die bal in kontak ingedra het. Die Sharks het \u2019n gemiddeld van 2,7m na kontak gevorder teenoor Munster se 1.94m.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hoe het hulle dit reggekry? Eerstens het die Sharks in \u2019n eenvoudige en direkte manier gespeel. Hulle het die nouer en middelgrote kanale aangeval, wat beteken hulle het altyd ondersteunig van spanmaats gehad. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daardeur het hulle altyd spelers gehad wat agter baldaers kon aansluit, teenstanders in die lug kon uithaal en balstelers op die grond kon uithaal. Die sleutel tot sukses hiermee was dat hulle dit in beweging gedoen het. Dit was dus nie staties en voorspelbaar nie.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"571\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-1024x571.jpg\" alt=\"Oom Rugby se analise.\" class=\"wp-image-312537\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-1024x571.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-300x167.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-768x428.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-1536x857.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-2048x1142.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-1320x736.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-1-600x335.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Sharks-spelers wat vinnig op die bal toesak, het verskeie opsies, dikwels baie laag, met uitstekende beenkrag n\u00e1 kontak, vroe\u00eb ondersteuning, sterk aansluiting en akkurate skoonmaakwerk. Dit is nie kernfisika nie; daarom kon die spelers op eenvoudige take fokus en dit goed uitvoer, as \u2019n eenheid, \u2019n masjien. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit wys weereens: Fisieke rugby gaan nie net oor aggressie nie, dit gaan oor hoe jy kontak ontwerp. Die eenvoud in hul aanval het spelers in staat gestel om op minder dinge te fokus, maar dit beter te doen. Duidelikheid en sekerheid.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"571\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-1024x571.jpg\" alt=\"Oom Rugby se analise.\" class=\"wp-image-312538\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-1024x571.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-300x167.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-768x428.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-1536x857.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-2048x1142.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-1320x736.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-2-600x335.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-skoppe\">Skoppe<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Skoppe het die hoeksteen van moderne aanval geword. Ek gaan nie in te veel detail daaroor uitwei nie, maar die Sharks het slim geskop, goed gejaag, uitstekend in die lug meegeding, en hulle het op hul eie terme geskop \u2013 gesteun deur hul fisieke oorheersing. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Weereens: eenvoudig en duidelik. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Sharks het die stewel kalm gebruik om rigting te gee, terwyl Munster se laer skoppersentasie en ho\u00ebr uitgee-persentasie vir ons s\u00ea hulle het probeer speel om uit die moeilikheid uit te kom. Dit is \u2019n riskante en ingewikkelde manier om rugby te speel, en dit lyk of die Sharks dit nou goed verstaan.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"571\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-1024x571.jpg\" alt=\"Oom Rugby se analise.\" class=\"wp-image-312539\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-1024x571.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-300x167.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-768x428.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-1536x857.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-2048x1142.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-1320x736.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-3-600x335.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-verdediging\">Verdediging<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Maar jou skopspel beteken niks as jou opvolglyn en verdediging nie gekoordineerd is nie. Die Sharks se verdediging lyk asof dit \u2019n groot tree vorentoe gegee het, en weereens is dit gebou op eenvoudige, effektiewe beginsels. Soos baie spanne deesdae, laat hulle nie te veel spelers by die afbreekpunte aansluit nie, wat vir hulle meer spelers op hul voete in die verdedigingslyn gee.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"571\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-1024x571.jpg\" alt=\"Oom Rugby se analise.\" class=\"wp-image-312540\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-1024x571.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-300x167.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-768x428.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-1536x857.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-2048x1142.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-1320x736.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-4-600x335.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daardie ekstra getalle in die verdedigingslyn gee hulle die vermo\u00eb om meer aggressief op te skuif en herhaaldelike twee-man-plettervatte uit te voer wat Munster summier tot stilstand geruk het. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Onder daardie soort druk kon Munster eenvoudig nie momentum bou nie, en hulle het die wedstryd met net \u00e9\u00e9n lynbreek klaargemaak. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daar wag beslis moeiliker toetse, want Munster se aanval was nie op sy beste nie. Dit lyk of die Sharks \u2019n stewige verdedigingsformule gevind het wat hulle herhaalbaar, duidelik, eenvoudig en doeltreffend kan toepas. Krediet aan Joey Mangalo.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"571\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-1024x571.jpg\" alt=\"Oom Rugby se analise.\" class=\"wp-image-312541\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-1024x571.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-300x167.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-768x428.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-1536x857.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-2048x1142.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-1320x736.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Pic-5-600x335.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-vaste-spel\">Vaste spel<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uiteindelik m\u00f3\u00e9t ons die vaste spel noem. Dit was n\u00f3g \u2019n eenvoudige, basiese deel van die spel waaruit die Sharks behoorlik munt geslaan het. Hulle het Munster in die skrums seergemaak en hul lynstane uitmekaar gehaal. As jou skrum onder druk is en jou lynstaan wankel, hou jy op om vrylik te speel. Jy begin gespanne speel. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Elke uitskop laat jou sweet. Elke beweging word \u2019n klein krisis. Elke aanraking van die bal begin met \u2019n bietjie minder sekerheid. Dit is \u2019n afwaartse glybaan \u2013 en die Sharks het dit uitstekend benut.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Uiteindelik kan \u2019n mens s\u00ea die Sharks het die wiel herontdek deur n\u00ed\u00e9 die wiel te probeer herontdek nie. Die afrigters hou dinge eenvoudig en gee aan die spelers duidelikheid. Daardie duidelikheid het sekerheid ontsluit, en daardie sekerheid bring nou intensiteit. <\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dinge was vir \u2019n rukkie nie altyd soos dit moet wees in die Shark Tenk nie, maar op \u2019n nat Durbanse middag het hul ou kenmerkende karakter weer begin deurkom. Die Sharks het weer soos Sharks gelyk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Verbeel jou, jou baas by die werk kom na jou toe en s\u00ea net: \u201cWerk harder,\u201d en loop weg. Geen verdere verduideliking nie. Net: \u201cWerk harder.\u201d Wat is jy veronderstel om te doen? Vinniger tik? Meer dokumente teken? Uiteindelik k\u00e1n jy nie regtig harder werk nie, want jy weet nie wat op dees aarde hy [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":81,"featured_media":312542,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[22],"tags":[15836,15936,15560,15591,15577,15837],"class_list":["post-312535","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-sport","tag-munster-2","tag-oom-rugby","tag-rugby","tag-sport","tag-top","tag-vrk"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Verbeel jou, jou baas by die werk kom na jou toe en s\u00ea net: \u201cWerk harder,\u201d en loop weg. Geen verdere verduideliking nie. Net: \u201cWerk harder.\u201d Wat is jy veronderstel om te doen? Vinniger tik? Meer dokumente teken? Uiteindelik k\u00e1n jy nie regtig harder werk nie, want jy weet nie wat op dees aarde hy [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-03-27T06:20:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-03-27T06:41:11+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1280\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"640\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Novus Media\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Novus Media\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8fb37be381e68de72dc9eaa11e8ccef9\"},\"headline\":\"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster\",\"datePublished\":\"2026-03-27T06:20:23+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-27T06:41:11+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/\"},\"wordCount\":1123,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"keywords\":[\"Munster\",\"Oom Rugby\",\"Rugby\",\"Sport\",\"Top\",\"VRK\"],\"articleSection\":[\"Sport\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/\",\"name\":\"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"datePublished\":\"2026-03-27T06:20:23+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-27T06:41:11+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg\",\"width\":1280,\"height\":640,\"caption\":\"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Sport\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/sport\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/8fb37be381e68de72dc9eaa11e8ccef9\",\"name\":\"Novus Media\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/301565e6eb478c51ef897a38a789d0f3da6ec2a9ceb0d64f47de374b41e63698?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/301565e6eb478c51ef897a38a789d0f3da6ec2a9ceb0d64f47de374b41e63698?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/301565e6eb478c51ef897a38a789d0f3da6ec2a9ceb0d64f47de374b41e63698?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Novus Media\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/novusmedia\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta property=\"og:video\" content=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/xvV4ZL4tDwg\" \/>\n<meta property=\"og:video:type\" content=\"text\/html\" \/>\n<meta property=\"og:video:duration\" content=\"320\" \/>\n<meta property=\"og:video:width\" content=\"480\" \/>\n<meta property=\"og:video:height\" content=\"270\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:adult\" content=\"false\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:upload_date\" content=\"2026-03-27T06:20:23+00:00\" \/>\n<meta property=\"ya:ovs:allow_embed\" content=\"true\" \/>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster","og_description":"Verbeel jou, jou baas by die werk kom na jou toe en s\u00ea net: \u201cWerk harder,\u201d en loop weg. Geen verdere verduideliking nie. Net: \u201cWerk harder.\u201d Wat is jy veronderstel om te doen? Vinniger tik? Meer dokumente teken? Uiteindelik k\u00e1n jy nie regtig harder werk nie, want jy weet nie wat op dees aarde hy [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-03-27T06:20:23+00:00","article_modified_time":"2026-03-27T06:41:11+00:00","og_image":[{"width":1280,"height":640,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Novus Media","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/"},"author":{"name":"Novus Media","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/8fb37be381e68de72dc9eaa11e8ccef9"},"headline":"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster","datePublished":"2026-03-27T06:20:23+00:00","dateModified":"2026-03-27T06:41:11+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/"},"wordCount":1123,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","keywords":["Munster","Oom Rugby","Rugby","Sport","Top","VRK"],"articleSection":["Sport"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/","name":"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","datePublished":"2026-03-27T06:20:23+00:00","dateModified":"2026-03-27T06:41:11+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/Oom-rugby-Sharks-650x430sss.jpg","width":1280,"height":640,"caption":"Aanlynrugbysensasie \u2018Oom Rugby\u2019 sal voortaan vir Die Papier skryf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Sport","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/sport\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Oom Rugby skryf: S\u00f3 kry die Sharks hul tande terug teen Munster"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/8fb37be381e68de72dc9eaa11e8ccef9","name":"Novus Media","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/301565e6eb478c51ef897a38a789d0f3da6ec2a9ceb0d64f47de374b41e63698?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/301565e6eb478c51ef897a38a789d0f3da6ec2a9ceb0d64f47de374b41e63698?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/301565e6eb478c51ef897a38a789d0f3da6ec2a9ceb0d64f47de374b41e63698?s=96&d=mm&r=g","caption":"Novus Media"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/novusmedia\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/oom-rugby-skryf-sharks-kry-tande-terug-teen-munster\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"og_video":"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/xvV4ZL4tDwg","og_video_type":"text\/html","og_video_duration":"320","og_video_width":"480","og_video_height":"270","ya_ovs_adult":"false","ya_ovs_upload_date":"2026-03-27T06:20:23+00:00","ya_ovs_allow_embed":"true","geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/312535","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/81"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=312535"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/312535\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":312555,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/312535\/revisions\/312555"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/312542"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=312535"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=312535"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=312535"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}