{"id":311206,"date":"2026-03-13T03:00:18","date_gmt":"2026-03-13T01:00:18","guid":{"rendered":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?p=311206"},"modified":"2026-03-13T10:40:42","modified_gmt":"2026-03-13T08:40:42","slug":"maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/","title":{"rendered":"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Laat die idee van \u2019n Vrydag wat op die 13de van die maand val jou na vlugsout gryp? Dan ly jy dalk aan paraskevidekatriafobie: \u2019n Intense en irrasionele vrees vir di\u00e9 dag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">As jy nie net sout oor jou skouer kan gooi en aangaan met jou dag nie, ly jy aan di\u00e9 fobie, s\u00ea dr. Louis Awerbuck (56), \u2019n sielkundige van Stellenbosch.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dit is op 13 Maart die tweede keer vanjaar dat di\u00e9 sogenaamde ongelukkige datum op die kalender verskyn. In November vanjaar gebeur dit weer \u2013 \u2019n statistiese ongewoonheid. Dit gebeur net een keer elke 11 jaar dat daar drie keer \u2019n Vrydag op die 13de van die maand val.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c \u2019n Fobie is meer as \u2019n gewone vrees. Dis \u2019n intense, spesifieke en diagnoseerbare angsreaksie buite verhouding tot die werklike gevaar,\u201d verduidelik Awerbuck.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201c \u2019n Fobie sit nie net in jou kop nie; dit sit in jou liggaam,\u201d s\u00ea Awerbuck. Jou liggaam gaan onmiddellik in \u2019n \u201cveg-of-vlug\u201d-reaksie: \u201cJou hartklop neem toe, jy sweet, jy kan begin bewe en ervaar \u2019n oorweldigende drang om te ontsnap. Selfs al besef die persoon dat die vrees onnodig is.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Ongeveer 10% van mense w\u00eareldwyd ly aan \u2019n fobie, s\u00ea Awerbuck. \u201cVroue is twee tot drie keer meer geneig as mans om aan een te ly en daar is duisende verskillende fobies.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy verduidelik sulke vrese kan aangeleer word deur assosiasie \u2013 soms deur \u2019n direkte negatiewe ervaring, maar dikwels ook deur stories, bygelowe en kulturele invloede. Rolprente, mites en generasies se waarskuwings oor Vrydag die 13de kan byvoorbeeld \u2019n gevoel van gevaar vestig sonder dat daar ooit werklik iets gebeur het, s\u00ea Awerbuck.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Jy kan jou fobies afleer en onder beheer kry deur terapie. \u201cMaar indien dit nie jou alledaagse bestaan be\u00efnvloed nie, is dit onnodig.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-hoekom-word-vrydag-die-13de-as-ongelukkig-beskou\">Hoekom word Vrydag die 13de as ongelukkig beskou?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">In sommige Christelike interpretasies word die getal 13 as ongelukkig beskou omdat Judas Iskariot die 13de gas by die avondmaal saam met Jesus was en Jesus kort daarna verraai is. Die getal word dus met die dood geassosieer. In Noorse mitologie word dieselfde negatiewe konnotasie toegeskryf aan Loki, wat as 13de gas chaos veroorsaak en indirek tot Balder se dood lei, wat die getal met rampspoed koppel.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Daarenteen het voor-Christelike en heidense tradisies soos maan- en vrugbaarheidskulture die getal 13 met natuurlike siklusse, vrugbaarheid en die maanfases verbind, eerder as met ongeluk \u2013 \u2019n betekenis wat mettertyd verander het namate kulture gemeng het.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-die-13-klub\">Die 13-klub<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Thirteen Club, gestig deur kapt. William Fowler in 1882 in New York, was \u2019n klub wat doelbewus die taboes rondom die getal 13 en ander bygelowe probeer weerl\u00ea het. Die groep het hul lot getoets deur spie\u00ebls te breek, 13-gang-etes te geniet, sout te mors en onder lere deur te loop, alles om te wys di\u00e9 bygeloof het geen werklike mag nie. Bekende figure soos Theodore Roosevelt, Grover Cleveland en William McKinley, saam met sowat 400 ander lede, het aan die klub behoort.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-die-swart-kat-en-die-leer\">Die swart kat en die leer<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die oorhoofse bygeloof van Vrydag die 13de is dat dit slegte geluk beteken, of gaan bring. Bestaande vrese van gebeure wat slegte geluk kan voorspel, soos om \u2019n swart kat te sien, onder \u2019n leer deur te loop of \u2019n sambreel in die huis oop te maak, beteken n\u00f3g meer gevaar oor jou pad op hierdie dag.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die idee dat swart katte ongeluk voorspel, het waarskynlik in die 13de eeu ontstaan toe pous Gregory IX \u2019n geskrif uitgereik het waarin swart katte met heksery en die duiwel verbind was. Die geloof was toe dat hekse in swart katte kan verander en dat swart katte hekse se bonatuurlike helpers is. Omdat die swart kleur simbolies met donkerte en boosheid geassosieer is, het dit die vrees verder versterk.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tydens die heksverhore deur die eeue in Europa, en later in Amerika, is vroue wat van heksery beskuldig is dikwels saam met hul katte vervolg. Hierdie stories het voortgeleef en deel geword van volksgeloof.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bygeloof dat dit ongeluk bring om onder \u2019n leer deur te loop, het sy wortels in antieke simboliek en Middeleeuse vrese. Historici wys daarop dat \u2019n leer wat teen \u2019n muur staan \u2019n driehoek vorm \u2013 \u2019n heilige simbool in vroe\u00eb Egipte, waar driehoeke met goddelikheid verbind is. Om deur daardie \u201cheilige\u201d ruimte te stap, was asof jy \u2019n spirituele re\u00ebl oortree.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Later is die idee in die Christelike tradisie versterk, waar die driehoek die Heilige Drie-eenheid gesimboliseer het, skryf die Britse koerant Independent.<\/p>\n\n\n\n<h5 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-bykomende-bronne-time-and-date-brittanica-encyclopedia-history-com\">Bykomende bronne: Time and Date, Brittanica encyclopedia; History.com<\/h5>\n\n\n\n<h3 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-artikel-deur-shanell-binedell\">\u2013 Artikel deur Shanell Binedell<\/h3>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Om jou goeie geluk te bevorder, koop die splinternuwe uitgawe van <em>Die Papier<\/em> wat vandag op die rakke is.<\/li>\n\n\n\n<li>Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te epos by <a href=\"mailto:diepapierintekening@onthedot.co.za\">diepapierintekening@onthedot.co.za<\/a> of te bel by 087 353 2191.<\/li>\n\n\n\n<li>\u2019n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op <a href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/e-uitgawes\/\">novanews.co.za\/diepapier<\/a> of by <a href=\"https:\/\/www.magzter.com\/ZA\/Novus-Media\/Die-Papier\/Newspaper\/All-Issues\">Magzter<\/a>.<\/li>\n<\/ul>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Laat die idee van \u2019n Vrydag wat op die 13de van die maand val jou na vlugsout gryp? Dan ly jy dalk aan paraskevidekatriafobie: \u2019n Intense en irrasionele vrees vir di\u00e9 dag. As jy nie net sout oor jou skouer kan gooi en aangaan met jou dag nie, ly jy aan di\u00e9 fobie, s\u00ea dr. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":311207,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[15459,28],"tags":[15774,15568,15771,15770,15577,15775],"class_list":["post-311206","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-dink","category-leefstyl","tag-bygelowe","tag-dink","tag-leefstyl","tag-louis-awerbuck","tag-top","tag-vrydag-die-13de"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Laat die idee van \u2019n Vrydag wat op die 13de van die maand val jou na vlugsout gryp? Dan ly jy dalk aan paraskevidekatriafobie: \u2019n Intense en irrasionele vrees vir di\u00e9 dag. As jy nie net sout oor jou skouer kan gooi en aangaan met jou dag nie, ly jy aan di\u00e9 fobie, s\u00ea dr. [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-03-13T01:00:18+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-03-13T08:40:42+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees\",\"datePublished\":\"2026-03-13T01:00:18+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-13T08:40:42+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/\"},\"wordCount\":814,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg\",\"keywords\":[\"Bygelowe\",\"dink\",\"Leefstyl\",\"Louis Awerbuck\",\"Top\",\"Vrydag die 13de\"],\"articleSection\":[\"Dink\",\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/\",\"name\":\"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg\",\"datePublished\":\"2026-03-13T01:00:18+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-13T08:40:42+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1920,\"caption\":\"Bring dit werklik ongeluk om \u2019n swart kat te sien? FOTO: Unsplash.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees","og_description":"Laat die idee van \u2019n Vrydag wat op die 13de van die maand val jou na vlugsout gryp? Dan ly jy dalk aan paraskevidekatriafobie: \u2019n Intense en irrasionele vrees vir di\u00e9 dag. As jy nie net sout oor jou skouer kan gooi en aangaan met jou dag nie, ly jy aan di\u00e9 fobie, s\u00ea dr. [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-03-13T01:00:18+00:00","article_modified_time":"2026-03-13T08:40:42+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1920,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees","datePublished":"2026-03-13T01:00:18+00:00","dateModified":"2026-03-13T08:40:42+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/"},"wordCount":814,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg","keywords":["Bygelowe","dink","Leefstyl","Louis Awerbuck","Top","Vrydag die 13de"],"articleSection":["Dink","Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/","name":"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg","datePublished":"2026-03-13T01:00:18+00:00","dateModified":"2026-03-13T08:40:42+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/antonino-visalli-itBudJaqFbQ-unsplash.jpg","width":2560,"height":1920,"caption":"Bring dit werklik ongeluk om \u2019n swart kat te sien? FOTO: Unsplash."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Maak Vrydag die 13de jou angstig? Spie\u00ebls, swart katte . . . en waarom mense \u201813\u2019 vrees"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/maak-vrydag-die-13de-jou-angstig-spieels-swart-katte-en-waarom-mense-13-vrees\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/311206","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=311206"}],"version-history":[{"count":5,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/311206\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":311441,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/311206\/revisions\/311441"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/311207"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=311206"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=311206"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=311206"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}