{"id":310589,"date":"2026-03-05T15:29:30","date_gmt":"2026-03-05T13:29:30","guid":{"rendered":"https:\/\/diepapier.lightspeedwp.dev\/?p=310589"},"modified":"2026-03-05T15:29:33","modified_gmt":"2026-03-05T13:29:33","slug":"30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/","title":{"rendered":"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se 30ste verjaarsdag word met \u2019n propvol program vol bekroonde teaterproduksies, kunstenaars en regisseurs gevier.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Vanjaar word die KKNK, geborg deur ABSA, van Saterdag 28 Maart tot Saterdag 4 April op Oudtshoorn aangebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hier is \u2019n paar van die vernaamste produksies:<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Ek is nie Danie<\/em> met Albert Pretorius en Schalk Joubert is bekroon met vier Woordtrofees by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025 \u2013 beste toneelstuk, beste teksverwerking en\/of samestelling (Danie Marais), beste manlike speler (Pretorius) en uitsonderlike tegniese bydrae vir Joubert se regstreekse klankontwerp.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dana Snyman se <em>Seun<\/em> met Wilhelm van der Walt en onder regie van Nico Scheepers, is bekroon met vyf pryse by Momentum Aardklop 2025, waaronder beste toneelaanbieding, beste regie en gehoorgunsteling. Di\u00e9 drama was ook bekroon met die Woordtrofee vir beste eenpersoonsvertoning by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Andrew Buckland se <em>The Ugly Noo Noo<\/em> het reeds altesaam 17 nasionale en internasionale pryse ontvang, waaronder \u2019n Scotsman Fringe First en \u2019n Perrier Pick of the Fringe-benoeming by die Edinburgh Festival Fringe. Buckland is ook op die verhoog in \u2019n splinternuwe drama, <em>The Fool\u2019s Guide.<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-1024x683.jpg\" alt=\"Die internasionaal bekroonde Police Cops: The Original met Zachary Hunt, Nathan Parkinson en Tom Roe.\" class=\"wp-image-310666\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Police-Cops-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Die internasionaal bekroonde Police Cops: The Original met Zachary Hunt, Nathan Parkinson en Tom Roe. FOTO: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Police Cops: The Original<\/em> met Zachary Hunt, Nathan Parkinson en Tom Roe was \u2019n w\u00eareldwye treffer in Londen se Soho-teater en by die Edinburgh Festival Fringe, en het verskeie pryse gewen van Melbourne tot Toronto en van Brighton tot Kaapstad.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Frank Opperman is terug op die verhoog in <em>Re\u00fcnie<\/em>, bekroon met die kykNET Fi\u00ebsta-prys vir beste akteur vir sy spel in di\u00e9 komediedrama. Chris Vorster se <em>Gebou soos Steffi Graf<\/em> is in 2025 by die Vrystaat Kunstefees bekroon met die Vryskitter-prys vir beste vertolking en beste stelontwerp. Alfred Adrian se stand-up-vertoning <em>Positive Strokes<\/em> is bekroon met die Aardklop UitKlop-prys in 2025. Mandri Sutherland, oftewel Vroudrie, was bekroon as beste aktrise en vir grensverskuiwende werk by die Vrystaat Kunstefees in 2023. Sy is by die KKNK te sien in <em>Vrou ens. 1.2<\/em>.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-1024x683.jpg\" alt=\"Alfred Adriaan se Positive Strokes.\" class=\"wp-image-310669\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Alfred-Adriaan-Positive-Strokes-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Alfred Adriaan se Positive Strokes. FOTO: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Oudtshoorn se eie <em>Karoo Kaarte<\/em>-span, agter veelbekroonde produksies soos <em>Die Swartmerrie<\/em> en <em>Droomkraan Kronieke<\/em>, is terug met \u2019n splinternuwe drama,<em> Spoel <\/em>wat lewe kry uit di\u00e9 KKNK-projek se navorsing.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die Engelse weergawe van <em>Jakob<\/em>, \u2019n gesinsteaterproduksie met Bryan Hiles onder regie van Michael Taylor-Broderick, is bekroon met \u2019n Ovation-prys by die Nasionale Kunstefees. Hiles was ook bekroon as beste akteur in \u2019n solovertoning by die Durban Theatre Awards.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Feesgangers kan ook uitsien na die Zip Zap Circus se eerste optrede by die KKNK met <em>MOYA<\/em>. Di\u00e9 geselskap is oor die jare bekroon met verskeie pryse, as uitsonderlike sirkus geselskap en vir hul sosiale impak. Hierdie erkenning sluit pryse van die Wes-Kaapse regering, BASA \u00e9n die International Circus Awards in.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Kafka\u2019s Ape<\/em> is \u2019n internasionaal bekroonde eenmastuk met Tony Bonani Miyambo, onder regie van Phala Ookeditse Phala. Di\u00e9 stuk is \u2019n verwerking van Kafka se <em>A Report to an Academy <\/em>en is bekroon met die NIHSS-prys vir beste publieke optrede (2017), die beste satire by die United Solo Festival in New York (2019) en vir uitstaande optrede by die Praque Fringe (2019).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Tshiamo Moretlwe se <em>Filled<\/em>, Sbuja Dywili se <em>Ganga Nyoko! Inzima Nyoko!<\/em>, Samantha Carlisle se Messy en Christine van Hees se <em>Sade in Hollandse kombuise <\/em>is elkeen met \u2019n Ovation-prys van die Nasionale Kunstefees beloon.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kristen Fichardt en Shannon Hendry se <em>Akrasia<\/em>, en Alyssa Jacobs se <em>Kenan ennie Klopse<\/em> is twee van die finaliste van die Universiteit Stellenbosch-dramadepartement se Premi\u00e8re Teaterfees, met laasgenoemde wat onder meer as beste stuk aangewys is. Matthew Gray se <em>Destiny Twice Over. And the Fate of a Half-eaten Sandwich<\/em> en Lisa Kukard se <em>Granaatsap<\/em> is twee ander stukke wat ook by die fees aangebied is. Matthew Smith se<em> Pas<\/em>, met Carin Fourie en Bronlyn van Rhyner, is die wenner van die DCAS-dramafees in 2025.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die musiekprogram sluit bekroondes in met Stephanie Baartman en pianis Janine Neethling op die verhoog in <em>Hoort<\/em>, wenner van die Woordtrofee vir uitsonderlike bydrae tot kontempor\u00eare musiek: klein groepe by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025. The Scullery Quintet se <em>Stir-Fried Sonatas<\/em> was die wenner van die Momentum Aardklop-pryse vir beste musiekgedrewe produksie, asook grensverskuiwende werk. Winand Grundling is welbekend onder KKNK-gehore as orrelis en reeds met drie Kannas bekroon \u2013 hy is vanjaar as pianis op die verhoog in <em>A Victor Borge Tribute.<\/em><\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image size-large\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"683\" src=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-1024x683.jpg\" alt=\"Stephanie Baartman en Janine Neethling in Hoort.\" class=\"wp-image-310667\" srcset=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-1024x683.jpg 1024w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-300x200.jpg 300w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-768x512.jpg 768w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-1536x1024.jpg 1536w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-2048x1365.jpg 2048w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-1320x880.jpg 1320w, https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Hoort-600x400.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><figcaption class=\"wp-element-caption\">Stephanie Baartman en Janine Neethling in Hoort. FOTO: Verskaf.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Bekroonde kinderteater is ook ingesluit, met Laerskool Durbanville se <em>Potloodsakkie: Agter die zip<\/em>, wat een van ses laerskoolproduksies was wat deel geneem het aan die ATKV-Tjokkertoneelfinaal by die Baxter-teater in 2025.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Addisioneel tot di\u00e9 talle bekroonde produksies, is verskeie produksies en kunstenaars ook benoem vir pryse. Hieronder tel Breyten Breytenbach se drama <em>Boklied<\/em>, benoem vir vyf Woordtrofees by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2025, waaronder beste produksie en beste regie. Op die verhoog is De Klerk Oelofse, David Viviers, Obed de Koker, Ntombi Makhutshi, Wian Taljaard, Keagon Cochrane, Hannah Borthwick, Jurgen McEwan en Ben Albertyn, onder regie van Marthinus Basson.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Magda Louw en haar Erhard: How Louw can you go?<\/em> was \u2019n topverkoper by die Vrystaat Kunstefees in 2025 en benoem vir vier Momentum Aardklop-pryse, waaronder beste toneelaanbieding. Hannes van Wyk en Desir\u00e9 Gardner deel die verhoog.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Margit Meyer-R\u00f6denbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo is te sien in Rafiek Mammon se <em>Rondomtalie \/ Marry-go-round<\/em>, waarvoor Lotz benoem was as beste akteur by Momentum Aardklop in 2025.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Beste van alle tye met An\u00e9 Koegelenberg en Christie van Niekerk was benoem vir die Kanna vir beste komedie \u00e9n beste Blitsteater-aanbieding by die KKNK in 2025 en is nou op die verhoog as \u2019n vollengte teaterproduksie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Doolhof <\/em>met Minke Marais en Vian Singleton, met teks en regie deur Robert Kruger, is benoem vir vier Aardklop-pryse in 2025 &#8211; beste aktrise (Marais), beste regie (Kruger), beste aanbieding toneel en beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks (Kruger).<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Luna Paige se musiekteaterproduksie <em>Die reisigers<\/em> was benoem as beste musiekproduksie by Momentum Aardklop in 2025. Figure of 8 Dance Theatre se <em>Wings of Light: Dance of an Angel <\/em>was benoem vir die Momentum Aardklop-uitklopprys in 2025, onder regie van Figure of 8 Dance Theatre met musiek deur Mauritz Lotz.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Feesgangers het \u2019n wonderlike geleentheid om al hierdie bekroonde produksies, kunstenaars en regisseurs in die Klein Karoo te sien. KKNK 2026 word geborg deur Absa, met ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Checkers, Netwerk24, kykNET, ATKV, Oudtshoorn-munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering.<\/p>\n\n\n\n<ul class=\"wp-block-list\">\n<li>Die volledige program vir die 30ste KKNK, geborg deur Absa, is aanlyn beskikbaar by kknk.co.za. Kaartjies is te koop by <a href=\"https:\/\/www.webtickets.co.za\/v2\/client.aspx?clientcode=kknk\">Webtickets<\/a> of die KKNK se kantoor. Vir meer inligting, besoek <a href=\"https:\/\/www.kknk.co.za\/\">kknk.co.za<\/a> of kontak 044 203 8600, <a href=\"mailto:info@kknk.co.za\">info@kknk.co.za<\/a> of stuur \u2019n WhatsApp na 065 285 2337.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se 30ste verjaarsdag word met \u2019n propvol program vol bekroonde teaterproduksies, kunstenaars en regisseurs gevier. Vanjaar word die KKNK, geborg deur ABSA, van Saterdag 28 Maart tot Saterdag 4 April op Oudtshoorn aangebied. Hier is \u2019n paar van die vernaamste produksies: Ek is nie Danie met Albert Pretorius en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":140,"featured_media":310668,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[28],"tags":[15661,15662],"class_list":["post-310589","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-leefstyl","tag-kknk","tag-program"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>30ste KKNK spog met talle bekendes op die program | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se 30ste verjaarsdag word met \u2019n propvol program vol bekroonde teaterproduksies, kunstenaars en regisseurs gevier. Vanjaar word die KKNK, geborg deur ABSA, van Saterdag 28 Maart tot Saterdag 4 April op Oudtshoorn aangebied. Hier is \u2019n paar van die vernaamste produksies: Ek is nie Danie met Albert Pretorius en [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-03-05T13:29:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-03-05T13:29:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2400\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1600\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Franco Havenga\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Franco Havenga\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\"},\"headline\":\"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program\",\"datePublished\":\"2026-03-05T13:29:30+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-05T13:29:33+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/\"},\"wordCount\":1102,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg\",\"keywords\":[\"kknk\",\"program\"],\"articleSection\":[\"Leefstyl\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/\",\"name\":\"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg\",\"datePublished\":\"2026-03-05T13:29:30+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-05T13:29:33+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg\",\"width\":2400,\"height\":1600,\"caption\":\"Ek is nie Danie met Albert Pretorius en Schalk Joubert. FOTO: Verskaf.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Leefstyl\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/leefstyl\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421\",\"name\":\"Franco Havenga\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Franco Havenga\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/franco\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program","og_description":"Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se 30ste verjaarsdag word met \u2019n propvol program vol bekroonde teaterproduksies, kunstenaars en regisseurs gevier. Vanjaar word die KKNK, geborg deur ABSA, van Saterdag 28 Maart tot Saterdag 4 April op Oudtshoorn aangebied. Hier is \u2019n paar van die vernaamste produksies: Ek is nie Danie met Albert Pretorius en [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-03-05T13:29:30+00:00","article_modified_time":"2026-03-05T13:29:33+00:00","og_image":[{"width":2400,"height":1600,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Franco Havenga","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/"},"author":{"name":"Franco Havenga","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421"},"headline":"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program","datePublished":"2026-03-05T13:29:30+00:00","dateModified":"2026-03-05T13:29:33+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/"},"wordCount":1102,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg","keywords":["kknk","program"],"articleSection":["Leefstyl"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/","name":"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg","datePublished":"2026-03-05T13:29:30+00:00","dateModified":"2026-03-05T13:29:33+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/KKNK-2026-Ek-is-nie-Danie-\u00a9-Pierre-Rommelaere.jpg","width":2400,"height":1600,"caption":"Ek is nie Danie met Albert Pretorius en Schalk Joubert. FOTO: Verskaf."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Leefstyl","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/leefstyl\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"30ste KKNK spog met talle bekendes op die program"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/b99d15c130f19b1c5d8f4e619ae20421","name":"Franco Havenga","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/eda228c5d7a4d6a54fd559e2a8b8d71738809e4aa3b10157db335e1143aaf7ae?s=96&d=mm&r=g","caption":"Franco Havenga"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/franco\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/30ste-kknk-spog-met-talle-bekendes-op-die-program\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/310589","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/140"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=310589"}],"version-history":[{"count":4,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/310589\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":310684,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/310589\/revisions\/310684"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/310668"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=310589"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=310589"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=310589"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}