{"id":310547,"date":"2026-03-05T08:41:02","date_gmt":"2026-03-05T06:41:02","guid":{"rendered":"https:\/\/diepapier.lightspeedwp.dev\/?p=310547"},"modified":"2026-03-06T09:37:35","modified_gmt":"2026-03-06T07:37:35","slug":"polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/","title":{"rendered":"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry"},"content":{"rendered":"\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bevelvoerder van \u2019n polisiekantoor naby Hermanus word daarvan beskuldig dat hy polisielede laat op en af ry het vir hom en daardeur die vervoer van DNS-uitslae vertraag het. Boonop het dit die lede ure lank uit die werk gehou.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die polisie se distrikskantoor in die Overberg ondersoek moontlike magmisbruik deur kapt. Sithembele Xuba, bevelvoerder van die Stanford-polisiekantoor buite Hermanus.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Na bewering het Xuba die lede opdrag gegee om hom meer as \u2019n maand lank van Hermanus na die Paarl-polisiekollege en terug te vervoer. Dit was glo sodat hy naweke by sy familie in Stanford kon deurbring terwyl hy \u2019n verpligte kursus tussen 11 Januarie en 27 Februarie by di\u00e9 kollege bygewoon het.<\/p>\n\n\n\n<iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.facebook.com\/plugins\/post.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2F206404490256%2Fposts%2F10153770239565257%2F&#038;show_text=true&#038;width=500\" width=\"500\" height=\"640\" style=\"border:none;overflow:hidden\" scrolling=\"no\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"true\" allow=\"autoplay; clipboard-write; encrypted-media; picture-in-picture; web-share\"><\/iframe>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u2019n Polisielid in die Overberg-distrik s\u00ea op voorwaarde van anonimiteit aan <em>Die Papier<\/em> dat polisielede by die polisiekantoor baie ontevrede was met die vervoerre\u00ebling.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cHierdie is beamptes wat aan diens was wat Vrydae minstens vyf ure van hul skof moes afstaan om hom (Xuba) in die Paarl te gaan haal en dan weer Sondae terug te neem. Gevolglik was daar in daardie tyd minder polisie en een minder voertuig in die dorp.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Kol. Andr\u00e8 Traut, \u2019n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, s\u00ea die distrikskommissaris in die Overberg is nie bewus van die bewerings nie. \u201cDit kan dus in die stadium nie gestaaf word nie. Polisielede word aangemoedig om die voorgeskrewe interne prosesse te volg en gebruik te maak van die gevestigde interne kanale om hul bekommernisse formeel aan te meld. Dit sal die bestuur in staat stel om die saak behoorlik te evalueer en, waar nodig, \u2019n interne ondersoek van stapel te stuur,\u201d s\u00ea Traut.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Xuba kon nie telefonies vir kommentaar bereik word nie.<\/p>\n\n\n\n<iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.facebook.com\/plugins\/post.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fstanfordtourism%2Fposts%2Fpfbid02EoUMnnBJrpDBHhVEeE4Lrc1wvJkWXUJepGv2NaJbhqkpDb61gRqer2vLXBEmY3BQl&#038;show_text=true&#038;width=500\" width=\"500\" height=\"651\" style=\"border:none;overflow:hidden\" scrolling=\"no\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"true\" allow=\"autoplay; clipboard-write; encrypted-media; picture-in-picture; web-share\"><\/iframe>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-soek-na-n-verskoning\">Soek na \u2019n verskoning?<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die polisiebron beweer verder dat Xuba glo ook opdrag gegee het dat DNS-uitslae slegs op Vrydae by die polisie se laboratorium in Plattekloof afgehaal mag word.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Dan sou beamptes rede h\u00ea om hom te gaan haal omdat hulle dan in die omgewing is. Daar het toe al klagtes van die howe gekom weens die staat wat moes wag op DNS-uitslae. \u201cDit is baie duidelik dat hy [Xuba] sy mag misbruik.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Enkele afgetrede polisielede het by navraag aan <em>Die Papier<\/em> ges\u00ea die re\u00ebling tydens die duur van sulke kursusse was nog altyd dat polisielede self verantwoordelik is vir persoonlike reise.<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-die-opposisie-se\">Die opposisie s\u00ea<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Nicholas Gotsell, \u2019n DA-LP, het bevestig dat \u2019n ondersoek wel intussen deur die polisie se distrikskantoor in die Overberg van stapel gestuur is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Gotsell het Xuba se beweerde opdragte ten sterkste veroordeel. \u201cPolisiekantore, veral klein kantore soos Stanford, word toenemend meer deur begrotings- en hulpbrontekorte gekniehalter. Dit is jammer en kommerwekkend dat diegene wat veronderstel is om hierdie stasies te lei \u2013 en in wie se hande ons gemeenskappe se veiligheid rus \u2013 hul eie belange bo di\u00e9 van hul gemeenskap sou stel.\u201d<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Hy s\u00ea die DA sal dringend parlement\u00eare vrae vra om vas te stel of die stasiebevelvoerder wel die nodige magtiging het soos aangevoer is.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cIndien wel, sal ons wil weet of die magtiging gegee is met inagneming van die volle konteks van die stasie se hulpbronne en begroting. In Stanford is daar slegs \u2019n paar lede op sigbare diens in \u2019n groot, landelike gebied.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">\u201cOm lede te gebied om hul bevelvoerder weekliks, op \u2019n Vrydag en Sondag, te vervoer en dus vir tussen vyf tot ses ure uit operasionele diens te haal, blyk nie bevorderlik te wees vir sigbare polisi\u00ebring wanneer daar sekerlik ander maniere is om hom by sy kursus te kry nie.\u201d<\/p>\n\n\n\n<h2 class=\"wp-block-heading\" id=\"h-xuba-se-agtergrond\">Xuba se agtergrond<\/h2>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Xuba is in Desember 2024 aangestel as bevelvoerder van die Stanford-polisie. Hy was voor dit \u2019n ondersoekbeampte verbonde aan die Swellendam-polisie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\"><em>Die Papier<\/em> het \u2019n brief onder o\u00eb gehad wat toon Xuba is een van 177 polisielede in die Wes-Kaap wat in Desember 2024 tot die rang van adjudant-offisier en kolonel bevorder is. <em>Die Papier <\/em>kon met navraag nie vasstel tot watter rang \u2013 adjudant-offisier of kolonel \u2013 Xuba bevorder is nie.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die bevorderingsbrief is deur lt.genl. Thembisile Patekile, die Wes-Kaapse polisiehoof, en genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, onderteken.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"wp-block-paragraph\">Die polisiebron s\u00ea die verpligte kursus by die Paarl-polisiekollege vorm deel van Xuba se bevordering. As deel van Xuba se bevordering, is hy ook verplig om minstens twee jaar as bevelvoerder te dien.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bevelvoerder van \u2019n polisiekantoor naby Hermanus word daarvan beskuldig dat hy polisielede laat op en af ry het vir hom en daardeur die vervoer van DNS-uitslae vertraag het. Boonop het dit die lede ure lank uit die werk gehou. Die polisie se distrikskantoor in die Overberg ondersoek moontlike magmisbruik deur kapt. Sithembele Xuba, bevelvoerder [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":42,"featured_media":310818,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"author_byline":"","footnotes":"","_members_access_role":[],"_members_access_error":""},"categories":[1],"tags":[15640,15639,15637,15638,15635,15636,15577],"class_list":["post-310547","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","tag-hermanus","tag-paarl","tag-polisie","tag-polisiediens","tag-sithembele-xuba","tag-stanford","tag-top"],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO Premium plugin v28.5 (Yoast SEO v28.5) - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-premium-wordpress\/ -->\n<title>Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry | Die Papier<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die bevelvoerder van \u2019n polisiekantoor naby Hermanus word daarvan beskuldig dat hy polisielede laat op en af ry het vir hom en daardeur die vervoer van DNS-uitslae vertraag het. Boonop het dit die lede ure lank uit die werk gehou. Die polisie se distrikskantoor in die Overberg ondersoek moontlike magmisbruik deur kapt. Sithembele Xuba, bevelvoerder [&hellip;]\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Die Papier\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2026-03-05T06:41:02+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2026-03-06T07:37:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1440\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"998\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Rasaad Adams\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:creator\" content=\"@die_papier\" \/>\n<meta name=\"twitter:site\" content=\"@die_papier\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"NewsArticle\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"Rasaad Adams\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/2b54b94a94fb163c4182ce4a79b22694\"},\"headline\":\"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry\",\"datePublished\":\"2026-03-05T06:41:02+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-06T07:37:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/\"},\"wordCount\":706,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg\",\"keywords\":[\"hermanus\",\"paarl\",\"polisie\",\"polisiediens\",\"Sithembele Xuba\",\"stanford\",\"Top\"],\"articleSection\":[\"Nuus\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"copyrightYear\":\"2026\",\"copyrightHolder\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"}},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/\",\"name\":\"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry | Die Papier\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg\",\"datePublished\":\"2026-03-05T06:41:02+00:00\",\"dateModified\":\"2026-03-06T07:37:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/03\\\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg\",\"width\":1440,\"height\":998,\"caption\":\"Die dorp Stanford net buite Hermanus. FOTO: Facebook.\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Tuisblad\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuus\",\"item\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/nuus\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":3,\"name\":\"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"name\":\"Die Papier\",\"description\":\"\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":[\"Organization\",\"Place\"],\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#organization\",\"name\":\"Die Papier\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/\",\"logo\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#local-main-organization-logo\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#local-main-organization-logo\"},\"sameAs\":[\"https:\\\/\\\/www.facebook.com\\\/diepapier.za\",\"https:\\\/\\\/x.com\\\/die_papier\",\"https:\\\/\\\/www.instagram.com\\\/die.papier\",\"https:\\\/\\\/www.tiktok.com\\\/@diepapier\",\"https:\\\/\\\/www.linkedin.com\\\/company\\\/diepapier\\\/\"],\"description\":\"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.\",\"legalName\":\"Novus Media (Pty) Ltd\",\"foundingDate\":\"2025-01-01\",\"numberOfEmployees\":{\"@type\":\"QuantitativeValue\",\"minValue\":\"51\",\"maxValue\":\"200\"},\"publishingPrinciples\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/policies\\\/perskode\\\/\",\"telephone\":[],\"openingHoursSpecification\":[{\"@type\":\"OpeningHoursSpecification\",\"dayOfWeek\":[\"Monday\",\"Tuesday\",\"Wednesday\",\"Thursday\",\"Friday\",\"Saturday\",\"Sunday\"],\"opens\":\"09:00\",\"closes\":\"17:00\"}]},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/2b54b94a94fb163c4182ce4a79b22694\",\"name\":\"Rasaad Adams\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/c2c9397ca8e7c437829934299c05ffe74733ac5ad77c2f216ab92e868d89855d?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/c2c9397ca8e7c437829934299c05ffe74733ac5ad77c2f216ab92e868d89855d?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/c2c9397ca8e7c437829934299c05ffe74733ac5ad77c2f216ab92e868d89855d?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"Rasaad Adams\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/author\\\/rasaad-adams\\\/\"},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\\\/#local-main-organization-logo\",\"url\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/novanews.co.za\\\/diepapier\\\/wp-content\\\/uploads\\\/2026\\\/02\\\/Die_Papier_Logo.png\",\"width\":196,\"height\":44,\"caption\":\"Die Papier\"}]}<\/script>\n<meta name=\"geo.region\" content=\"South Africa\" \/>\n<!-- \/ Yoast SEO Premium plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry | Die Papier","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry","og_description":"Die bevelvoerder van \u2019n polisiekantoor naby Hermanus word daarvan beskuldig dat hy polisielede laat op en af ry het vir hom en daardeur die vervoer van DNS-uitslae vertraag het. Boonop het dit die lede ure lank uit die werk gehou. Die polisie se distrikskantoor in die Overberg ondersoek moontlike magmisbruik deur kapt. Sithembele Xuba, bevelvoerder [&hellip;]","og_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/","og_site_name":"Die Papier","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","article_published_time":"2026-03-05T06:41:02+00:00","article_modified_time":"2026-03-06T07:37:35+00:00","og_image":[{"width":1440,"height":998,"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Rasaad Adams","twitter_card":"summary_large_image","twitter_creator":"@die_papier","twitter_site":"@die_papier","schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"NewsArticle","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/"},"author":{"name":"Rasaad Adams","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/2b54b94a94fb163c4182ce4a79b22694"},"headline":"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry","datePublished":"2026-03-05T06:41:02+00:00","dateModified":"2026-03-06T07:37:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/"},"wordCount":706,"publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg","keywords":["hermanus","paarl","polisie","polisiediens","Sithembele Xuba","stanford","Top"],"articleSection":["Nuus"],"inLanguage":"af-ZA","copyrightYear":"2026","copyrightHolder":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"}},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/","name":"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry | Die Papier","isPartOf":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg","datePublished":"2026-03-05T06:41:02+00:00","dateModified":"2026-03-06T07:37:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#primaryimage","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/03\/627536241_1506414761049938_6558923421479750891_n-1.jpg","width":1440,"height":998,"caption":"Die dorp Stanford net buite Hermanus. FOTO: Facebook."},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Tuisblad","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuus","item":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/nuus\/"},{"@type":"ListItem","position":3,"name":"Polisiebevelvoerder in soeklig oor lede hom glo rondry"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#website","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","name":"Die Papier","description":"","publisher":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":["Organization","Place"],"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#organization","name":"Die Papier","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/","logo":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#local-main-organization-logo"},"image":{"@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#local-main-organization-logo"},"sameAs":["https:\/\/www.facebook.com\/diepapier.za","https:\/\/x.com\/die_papier","https:\/\/www.instagram.com\/die.papier","https:\/\/www.tiktok.com\/@diepapier","https:\/\/www.linkedin.com\/company\/diepapier\/"],"description":"Die Papier is jou nuwe Afrikaanse koerant wat gehalte-joernalistiek en diskoers oor die aspirasies en frustrasies van Afrikaanse lesers bied.","legalName":"Novus Media (Pty) Ltd","foundingDate":"2025-01-01","numberOfEmployees":{"@type":"QuantitativeValue","minValue":"51","maxValue":"200"},"publishingPrinciples":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/policies\/perskode\/","telephone":[],"openingHoursSpecification":[{"@type":"OpeningHoursSpecification","dayOfWeek":["Monday","Tuesday","Wednesday","Thursday","Friday","Saturday","Sunday"],"opens":"09:00","closes":"17:00"}]},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/#\/schema\/person\/2b54b94a94fb163c4182ce4a79b22694","name":"Rasaad Adams","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/c2c9397ca8e7c437829934299c05ffe74733ac5ad77c2f216ab92e868d89855d?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/c2c9397ca8e7c437829934299c05ffe74733ac5ad77c2f216ab92e868d89855d?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/c2c9397ca8e7c437829934299c05ffe74733ac5ad77c2f216ab92e868d89855d?s=96&d=mm&r=g","caption":"Rasaad Adams"},"url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/author\/rasaad-adams\/"},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/polisiebevelvoerder-in-soeklig-oor-lede-hom-glo-rondry\/#local-main-organization-logo","url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","contentUrl":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-content\/uploads\/2026\/02\/Die_Papier_Logo.png","width":196,"height":44,"caption":"Die Papier"}]},"geo.region":"South Africa"},"distributor_meta":false,"distributor_terms":false,"distributor_media":false,"distributor_original_site_name":"Die Papier","distributor_original_site_url":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier","push-errors":false,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/310547","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/users\/42"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=310547"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/310547\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":310549,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/310547\/revisions\/310549"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media\/310818"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=310547"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=310547"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/novanews.co.za\/diepapier\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=310547"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}