Die gewilde Afrikaanse musikant Anton Goosen is die hoofkunstenaar op die Laerskool Willem Postma se musiekfees.
Die skool vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar met ‘n baie besonderse fees: 80 Jaar van roem en faam word van 7 tot 9 Augustus in die Sand du Plessis-teater aangebied.
Saam met Goosen tree die bekende kitaarspeler Illimar Neitz op.
Plaaslike kunstenaars soos Jacobus Silwer en drie oudleerlinge − Gerduan Kemp, Wiesner Hecter en Ju-Hanco Minnaar (hoofsanger van Nikotien) − tree ook op.
Die simfonieorkes en koor van die Hoër Meisieskool Oranje, asook Grey-kollege se boereorkes, sal boonop aan die musiekfees deelneem.
Willem Postma se musiekfees, wat in samewerking met Pick n Pay Preller Walk aangebied word, word met ‘n massakoor-optrede deur al die leerlinge van dié skool afgesluit.
Kaartjies vir die drie vertonings, op 7, 8 en 9 Augustus, kos R280 en is op webtickets.co.za beskikbaar.




