Snikhete temperature het Bloemfonteiners die afgelope week behoorlik laat sweet. Woensdag het die kwik hier by 37°C gaan draai. ’n Paar van die Laerskool Willem Postma se o.13-krieketspelers het ná hul oefening Maandag in die skool se swembad afgekoel. Hulle is van links Bruwer Delport, Wian Matthee en Charl Simkin. Julius Mahlangu van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein, sê die temperature gaan môre effens afkoel tot onder 30°C, voordat dit van Sondag af weer warmer gaan raak. Geen reën word vir die naweek voorspel nie. Foto: Lientjie Mentz


Vind prettige lafenis in bloedige Bloemfonteinse hitte

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article