‘n Veiling word Saterdag ten bate van die Kersfonds aangebied.

Die boedelveiling van Whity van Niekerk van Fase 8, Westerbloem, vind Saterdag 29 November ten bate van die Kersfonds plaas.

Die ware wat te koop aangebied word, sluit alles van meubels en kombuisware tot prenterame en vele meer in.

Besigtig die artikels Vrydag van 15:00 af by Bainsvlei-afslaers, asook Saterdag van 08:00 af. Die veiling begin om 11:00 by Bainsvlei-afslaers op die hoek van die R64 en Piet Odendaalweg.

Kommissie sal aan die Kersfonds afgestaan word. Rig navrae by 064 041 0488.

Die veilings het vanjaar reeds byna R13 740 tot die Kersfonds bygedra met twee veilings vroeër vanjaar.

Algemene bydraes tot die Kersfonds kan gemaak word by die volgende rekening-besonderhede.

Die rekening is by Nedbank: Volksblad-Kersfonds, 102 891 9980, taknommer 117 134.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article