Tydens die verwelkoming is van links: Thinica McAnda (Eunice High School), Anneline de Wet, Marlien Smith (albei van die Hoërskool Landboudal, Jacobsdal), Adriaan Schlebusch (Futurum-Akademie, Jan Kempdorp), Larisca Labuschagne (Hoërskool Jim Fouché), Reikantse Manaka (Eunice), Lohani Saaiman (Jim Fouché), Mckyla van der Walt (Hoërskool Fichardtpark), Prof. Francis Petersen (UV-rektor), Michael de Bruyn (wenner, Futurum-Akademie, Jan Kempdorp), Renienke van Heerden (Jim Fouché), Cilethe Julies (wenner van KAT-sportprys, Hoërskool Fichardtpark), Elizabeth Joubert (wenner van Kovsie-alumnitrust-kultuurprys), Miané Smit (albei Hoër Meisieskool Oranje), Karli Janeke (wenner van Kovsie-alumnitrust-kultuurprys, St. Dunstan’s College, Benoni), Breyten Lindeque (Hoërskool Sand du Plessis, Bloemfontein), Marlé van der Merwe (Jim Fouché) en Lida Pienaar (Hoërskool Bultfontein). Franco van Heerden (Hoërskool Wessel Maree, Odendaalsrus) en Natasha Gertenbach (Hoërskool Fichardtpark) kon nie die geleentheid bywoon nie. Foto: Charl Devenish


Die finaliste in 2023 se Matrikulant van die Jaar-kompetisie is Vrydag 9 Februarie by die Universiteit van die Vrystaat welkom geheet.

“Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal vir julle ruimte bied om in te groei, maar elkeen van julle se persoonlike groei sal van julself afhang.”

Dit was die boodskap van prof. Francis Petersen, visekanselier en rektor van die UV, aan 16 topkandidate.

Die kompetisie word aangebied deur die UV, Netwerk24 en Volksblad.

Die Kovsie-alumnitrust (KAT), ’n hoofborg van die kompetisie, het Vrydagaand die presteerders op die kampus verwelkom.

Etlike oud-Kovsies, verteenwoordigers van die kompetisieborge (Absa, Mazars en Pick n Pay) en die UV het die geleentheid in die Eeufeeskompleks op die UV-kampus bygewoon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article