Die interprovinsiale jukskeikompetisie is op 27 Januarie in Bloemfontein beslis.
Vier streke het aan die kompetisie deelgeneem met die Noord-Vrystaatspan wat die gesamentlike trofee gewen het. Die Noord-Vrystaat het in die B-, C-, D- en E-afdeling gewen en die spanne het gesamentlik 297 punte verdien.
Die Suid-Vrystaatse spelers was die wenners van die A- en F-afdelings. Die spanne het gesamentlik 234 punte bymekaargemaak.
Die Noord-Kaap het uiteindelik op 200 punte en die Oos-Vrystaatse spanne het op 124 punte geïndig.





