Die Suid-Vrystaatse o.25-span wat ’n silwermedalje in die nasionale junior rolbaltoernooi in Bloemfontein verower het, is van links Werner Stander, Liebe Boje, Idalia Venter (spanbestuurder), Mardian Bezuidenhout en Trevor Geel.Foto: Lientjie Mentz


Die Suid-Vrystaatse o.25-span het ’n silwermedalje verower in die nasionale junior rolbaltoernooi wat van 22 tot 25 Maart in Bloem­fontein beslis is.

Die span het in die eindstryd met ’n telling van 13 – 9 teen Boland vasgeval en moes met silwer tevrede wees, terwyl Boland die toernooi gewen het.

Marius Jansen van Rensburg, afrigter van die Suid-Vrystaat-spanne, sê die vier plaaslike spelers Werner Stander, Liebe Boje, Mardian Bezuidenhout en Trevor Geel het hulle goed van hul taak in die toernooi gekwyt.

Die Suid-Vrystaat het ook nog twee o.15-spanne en twee o.18-spanne vir die toernooi ingeskryf.

Altesaam het 14 o.15-spanne, 21 o.18-spanne en 21 o.25-spanne aan die toernooi deelgeneem.

Die span van WP A het in die o.15-afdeling goud gewen, terwyl Sedibeng A die een onder die o.18-spanne was om met goud weg te stap.

In die o.15-, asook die o.18-afdeling, was Gauteng-Noord se A-spanne die naaswenners.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article