Memoriumweg was op Woensdagoggend 9 Oktober tydelik gesluit weens ’n ernstige gaslekkasie by die Bloemfontein-krematorium.

Braam van Zyl, afdelingshoof by die Mangaung-brandweer, sê hulle was vroeg op die toneel en het die paaie afgesper.

Die brandweer het die waterpype skoongespuit en kundiges het die gaspype geseël. Die toneel is daarna veilig verklaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article