Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan het in sy eerste vyf wedstryde reeds getoon hy is gerat vir dié jaar se seisoen. Die span het die naweek in ’n toernooi in Beth­lehem 53 doele aange­teken en 0 afgestaan in vyf wedstryde. Dit het seges oor The Wykeham Collegiate, St. Anne’s, Transvalia (almal met 10 – 0), St. John’s (12 – 0) en Sasolburg (11 – 0) ingesluit. Hier is Elné Lourens in aksie. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article