Slikwater wat op 11 September oor die R706 gevloei het. Vars water uit ’n nabygeleë dam het gisteraand weer oor die pad gevloei, maar die pad is teen vanoggend weer oopgestel.Foto: Verskaf


Nog water het gisteraand deur Jagersfontein gevloei nadat ’n dam bekend as Dam 10 aan die agterkant van die slikdam gisteraand omstreeks 20:00 oorgeloop het.

Die Kopanong-plaaslike munisipaliteit het die premier, Sisi Ntombela gisteraand in kennis gestel dat water deur Charlesville in dié dorp en naby die Dennis Louw-plaas vloei. Volgens berigte is dit vars water wat deur die dorp gevloei het ná die onlangse reën.

Dit kom ná die ernstige slikramp op 11 September waar 164 huise in Charlesville beskadig of vernietig is en groot skade in die dorp en omgewing aangerig is.

Die R706 is weer vir verkeer gesluit, maar is teen vanoggend weer oopgestel.

Johan Combrink, mynbestuurder, het gesê die dam het oorgeloop weens die reën en dat daar geen gevaar is nie.

Die polisie en die nooddienste was gisteraand op die toneel.

Geen ernstige skade is deur die nuutste watervloed veroorsaak nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article