Novus Media, waarvan BloemNuus ‘n gemeenskapskoerant is, het op 31 Julie uitblinkers vir ‘n jaar se harde werk vereer. Op die geleentheid is Jeannine van Zyl (hoofbestuurder van Novus Media Gemeenskapsnuus Sentraal, links) by die nasionale wenners, van links, Helena Barnard (beste artikelskrywer, digitale verslaggewer van die jaar en wenner van die feniks-pret-eerbewys), Inge Strydom (beste redaksionele bydrae), Nico Flietoor (advertensieverkope-eerbewys vir geklassifiseerde bemarker van die jaar) en Vanessa Nelson (waardes-eerbewys).Streekwenners op Novus Media Gemeenskapsnuus Sentraal se prysoorhandiging op 31 Julie, as deel van Novus Media se landwye erkenning, by Secret Garden in Langenhovenpark is van links Marti Will van Vista (redaksionele eerbewys vir hardenuus-verslaggewer van die jaar), Helena Barnard van NoordkaapBulletin (redaksionele eerbewyse vir artikelskrywer van die jaar en digitale verslaggewer van die jaar), Jeannine van Zyl (hoofbestuurder van Novus Media Gemeenskapsnuus Sentraal), Madré Marais (hoofsubredakteur, pret-eerbewys) en Natasha Ingram van NoordkaapBulletin (advertensieverkope-eerbewys vir verkoopskonsultant van die jaar). Foto’s: Lientjie Mentz
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.
You must be logged in to post a comment.