Op-en-wakker buurtwag in Bloemfontein trek motordiewe vas

Drie mans is in hegtenis geneem wat Donderdag in die vroeë oggendure in Fichardtpark probeer het om ’n motor te steel.Foto: Verskaf


Drie mans wat Donderdag in die vroeë oggendure probeer het om ’n motor in Fichardtpark te steel, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op klagte van diefstal van ’n motorvoertuig.

Jacques Meiring van die Fichardtpark-woonbuurtvereniging (FWA) sê ’n klagte het rondom 03:00 Donderdag inkom van honde wat in Duncanstraat blaf en ’n veiligheidsmotor van FWA het ondersoek gaan instel.

Die veiligheidsbeampte het kort daarna drie verdagte mans gesien – twee wat ’n voertuig stoot en een agter die stuurwiel.

Volgens sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie, sê die veiligheidswagte het ’n polisiebeampte wat van diens af was, se hulp ingeroep.

Die verdagtes wat die voertuig gestoot het, het te voet gevlug en die verdagte agter die stuur is by die bakkie in hegtenis geneem.

Die twee verdagtes het in die rigting van die Laerskool Fichardtpark gevlug en danksy effektiewe kommunikasie op die FICH-Net-radiostelsel na ander veiligheidsonder-nemings en die polisie om op die uitkyk te wees, is die verdagtes kort daarna op die hoek van Jacksonstraat en Du Plooysingel in hegtenis geneem.

Meiring sê die eienaar van die voertuig, ook ’n lid van FWA, het eers van die diefstal van die voertuig bewus geraak toe veiligheidsbeamptes en die polisie hom besoek het.

Meiring sê die sukses van die operasie en die vinnige optrede, is danksy blitsvinnige kommunikasie. Die veiligheidsondernemings Fidelity ADT, Senforce, Securiforce, ITR-SA en Bloemsec het gehelp om die verdagtes vas te keer.

Meiring sê die sukses van die operasie en die vinnige optrede, is danksy blitsvinnige kommunikasie. Die veiligheidsondernemings Fidelity ADT, Senforce, Securiforce, ITR-SA en Bloemsec het gehelp om die verdagtes vas te keer.

Die drie mans van 43, 45 en 46 sal binnekort in die hof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article