Die uitstalling in die Co-op-gallery verlede jaar.Foto: Lientjie Mentz


Kunstenaars kan aan die ATKV-tak Gemeenskapsteater se Oogkunskompetisie deelneem.

Dit word in samewerking met die Pasteur-ooghospitaal aangebied. Inskryfvorms is by The Co-op Gallery in die Dan Pienaar Mall beskikbaar en moet teen 31 Julie saam met die inskryfgeld van R150 ingehandig word.

Saam met die inskryfvorm kry kunstenaars ’n bord waarop die kunswerk gedoen moet word. Enige medium kan gebruik word. Die tema is, “Visie”.

Voltooide kunswerke moet teen 30 September by Co-op ingehandig word.

Die werke sal by dié galery uitgestal word, met die openingsdatum wat nog aangekondig sal word.

Die wenners sal teen einde Oktober of begin November by die Pasteur-ooghospitaal aangewys word.

Die afdelings is:

  • laerskoolleerlinge (9 tot 12 jaar);
  • hoërskoolleerlinge (13 tot 18 jaar); en
  • volwassenes (18 jaar en ouer).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article