Die Bloemfonteinse skrywer Jaco Jacobs het nog ’n veertjie in die hoed gekry met die aankondiging van die ATKV-Kinderboektoekennings wat pas bekend gemaak is.
Hy het die afdeling vir Selfleesboeke vir gr. 6 en 7-leerlinge gewen met sy boek Tekkies.
Alistair Ackerman het die illustrasies van die boek gedoen.
Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om leesbevordering aan te moedig. Vanjaar is die ATKV se Toekenning vir Leesbevordering aan die Loxion Mobile Library in Vrygrond, een van die armste gemeenskappe op die Kaapse Vlakte, toegeken.
Die wenners van die prys vir liefdesromans en romans word Woensdag aangekondig.





