Volgens Cliff de Wit, Netstar se hooftegnologiebeampte, dui die data daarop dat vroulike bestuurders oor die tydperk van vier maande waartydens die opname gedoen is, beter as mans bestuur het.
Hy verduidelik die telematika wat Netstar gebruik is ’n kombinasie van die globale posisioneringstelsel, sensors van voertuie en telekommunikasietegnologie. Die data verskaf direkte, onmiddellike inligtinging om versekeraars te help om hul klante se bestuursgedrag te verstaan, wat hulle in staat stel om relevante premiums op te stel en veilige en volhoubare bestuursvernuf aan te moedig met insentiewe.





