Dit lyk asof Suid-Afrika uit die El Niño-weerverskynsel beweeg­ en ’n La Niña-weerpatroon tegemoetgaan, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens in ’n verslag.

La Niña sal na verwagting goeie reënval in Suider-Afrika meebring.

Volgens die weerdiens het die Vrystaat die afgelope twee maande ’n reënvaltekort gehad. Die gemiddelde vlak van groot damme is laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Die voorspelling is natter toestande in die sentrale dele van die land in die vroeë somer.


Liza-May Pieters

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article