Sol-Tech bied aan studente ’n lekker studentelewe waar beide die persoonlike en die akademiese ontwikkeling van die student aandag geniet.Foto: Verskaf


Sedert Sol-Tech sy deure vir opleiding in 2007 oopgemaak het, is daar al duisende ambagslui wat hulle hier uitstekend vir hul toekoms voorberei het en vandag trots hul skoene in die bedryf volstaan.

’n Goeie kwalifikasie vorm die boustene vir ‘n suksesvolle toekoms. Voeg daarby ’n lekker studentelewe waar beide die persoonlike en die akademiese ontwikkeling van die student aandag geniet, en jy kry ’n roepingsgedrewe, indiensneembare student wat reg is om ’n verskil in Suid-Afrika te maak.

Hoewel die werkloosheidsyfer jaarliks opwaarts beweeg, skets Sol-Tech se statistiek ’n ander prentjie. Altesaam 94,7% van Sol-Tech se studente kry werk nadat hulle hul kwalifikasie voltooi het. Sol-Tech se driefase-opleidingsmodel speel beslis ’n deurslaggewende rol in hierdie suksesverhaal. Studente ontvang ’n stewige teoretiese onderbou, toepassing en verdere opleiding volg in toonaangewende werkwinkels op kampus en word daarna afgerond en uitgebou met indiensopleiding by uitgesoekte werkgewers.

Om met werksondervinding aansoek vir ’n pos by ’n werkgewer te doen, maak studente nog beter gereed vir die arbeidsmark.

Dit is dan ook waarom soveel klem op beide die persoonlik én akademiese ontwikkeling van Sol-Tech se studente gelê word. Hardwerkende studente van karakter, met Christelike waardes wat ’n bydrae tot die samelewing kan maak, word op die kampus ontwikkel. Hier kry studente soveel meer as net opleiding, met unieke tradisies en studenteaktiwiteite. Van Oktober vanjaar gaan die eerste studente Sol-Tech se koshuis, die Plaashuis in Pretoria, huis kan noem.

Die uitstekend toegeruste koshuis met 400 beddens, maak dit vir studente van oor Suid-Afrika heen moontlik om veilig te studeer terwyl hulle van geriewe soos ’n buitelug-gimnasium, swembad, ontspanningsarea en internet gebruik kan maak.

Sol-Tech bied agt ambaggerigte kwalifikasies aan, naamlik vir elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, meulmakers, vervoer(outo)-elektrisiëns, gereedskapmakers, passers-en-draaiers, megatroniese tegnici en sweisers. In 2023 is drie inligtingstegnologie (IT)-kwalifikasies by die programaanbod gevoeg, naamlik Data en Wolk, IT-Ondersteuning en -Netwerke en Kubersekuriteit.

Vroeëkinderjare-ontwikkeling is die nuutste nie-tegniese-kwalifikasie waarvoor studente kan inskryf.

Woon Maak seker dat jy Sol-Tech se opedag op 13 en 14 September by bywoon om self die kampus te kom ervaar en met jou toekoms kennis te maak. Vir meer inligting, besoek gerus Sol-Tech se webblad by www.sol-tech.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article