Die lente Franse Mark vind op Saterdag 2 September plaas. Hier is Sheree Louw en Riêl Booysen by die Enchanted-stalletjie op die vorige Franse Mark wat op 3 Junie gehou is. Foto: Lientjie Mentz


Gaste op Saterdag 2 September se Franse Mark, sal hulle kan verlustig aan ’n verskeidenheid stalletjies se produkte.

Suretha van Heerden, mede-eienaar van Villa Avianto waar die mark in Kwaggafontein aangebied word, sê die mark is stampvol met 96 stalletjies.

“Daar gaan romantiese musiek wees waaraan besoekers hulle sal kan verlustig,” sê Suretha.

Dit sluit in Jani Niehaus, Wesna Fourie en Rosita Rhode wat gaan sing, sowel as Elza Vosloo wat op die trekklavier Franse musiek gaan speel.

Die mark vier vanjaar 15 jaar en kan met reg as een van die gevestigde markte in Bloemfontein beskou word. Besoekers sal van 08:00 tot 15:00 die mark kan besoek.

Soos altyd is daar ’n groot verskeidenheid lekker kos en drinkgoed asook tafels waar gaste kan ontspan en kuier.

Toegang kos R30, en gr. 1 tot gr. 7-leerlinge se toegang is R10. Kinders jonger as ses jaar se toegang is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article