Met die oorhandiging van die stetoskope aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se mediese fakulteit is van links Carin Viviers (areabestuurder van PathCare), prof. Nicolas Pearce (hoof van die mediese skool – kliniese medisyne), prof. Gert van Zyl (dekaan van die mediese skool), dr. Engela le Roux (hematoloog by PathCare), dr. Angie Voster en dr. Bradley Sookram (albei van die mediese skool).Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Met die flinke uitvoering van ’n gemeenskapsprojek het ’n plaaslike laboratorium gehelp om mediese studente met geldelike uitdagings van noodsaaklike toerusting te voorsien.

PathCare-laboratoriums oor die land heen het in 2023 ’n uitdaging aanvaar om ’n Nelson Mandeladag-projek ter ondersteuning van die gemeenskap aan te pak.

Betrokkenes by die Bloemfontein-tak het deur die loop van die jaar die gr. R-klaskamers en speelterrein van die Laerskool Olympia in Heidedal geverf en opgeknap. Danksy dié ywer is die plaaslike kantoor as wenner van die nasionale projek aangewys.

Personeel het besluit om nogmaals aan die gemeenskap terug te gee deur die R20 000-prysgeld te gebruik om 85 stetoskope te koop en dit aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se mediese fakulteit te skenk.


Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article