Carols with the Stars met die Drakensberg-seunskoor vind op Vrydag 1 November by die Laerskool Willem Postma plaas. Verteenwoordigers van borge van die gratis geleentheid is, van links, Benita Jacobs (Laerskool Willem Postma), Jeannine van Zyl (hoofbestuurder van Sentraal24, waarvan BloemNuus ’n publikasie is), John en Duncan Pentz (Pick n Pay Preller Walk) met die piekniekpakkie wat beskikbaar is, Anché de Bruin (BloemNuus) en Selma Rossouw (Radio Rosestad).Foto: Lientjie Mentz


Kom geniet Bloemfontein se somerweer met ’n piekniek en luister na die wonderlike klanke van die Drakens­berg-seunskoor Vrydagaand 1 November by Carols with the Stars.

Die jaarlikse Kerfees­vieringe waarin Pick n Pay Preller Walk sy klante vir hul ondersteuning bedank en ’n gratis vertoning ten bate van liefdadigheid aanbied, vind weer op die sportterrein van die Laer­skool Willem Postma plaas.

Die vertoning begin om 18:00 met ’n optrede deur Willem Postma se koor, asook ’n koor van Eunice High School.

’n Piekniekpakkie met broodjies, vrugte en versnaperings vir vier mense is Vrydag heeldag by Pick n Pay Preller Walk te koop. Gaan maak dus Vrydag voor Carols ’n draai by dié winkel om eetgoed te koop. Die piekniekpakkie kos R150.

Onthou ook vandag tot 20:00 is klante se laaste kans om inkopies van R200 of meer te doen by Pick n Pay Preller Walk om in die trekking te wees om ’n splinternuwe Suzuki S-Presso 1.0 GL te wen. Almal wat hul inkopie-strokies met hul naam en van, ID-nommer en kontaknommer agterop in die houer voor Pick n Pay Preller Walk gegooi het, is deel van die trekking wat op Carols with the Stars ná ’n optrede deur die Drakensberg-seunskoor sal plaasvind.

Vyf mense se naam sal getrek word en elkeen sal ’n motorsleutel ontvang. Die deelnemer met die sleutel wat die motor oopsluit en aanskakel, wen dié Suzuki S-Presso.

Bywoning van Carols with the Stars is gratis, maar almal word genooi om niebederfbare kos te bring en in die winkeltrollies by die ingange na Willem Postma se sportterrein te plaas. Die kos gaan na Guardian & Angel, Mooi­hawe en die Dr. Böhmer-vaardigheidskool.


  • BloemNuus is die gedruktemediaborg en Radio Rosestad is die radioborg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article