Lede van Club X Society op Naval Hill is van links Zandre Jordaan, Margaret Bam, Johan Blom, Kim Morgan en Shalla Titus. Foto: Lientjie Mentz


Die 28 kinders van Heidedal wat op Saterdag 27 Julie deur Club X Society bederf is, het die besoek aan Naval Hill en die Mandela-standbeeld sommer baie geniet.

Elk van die kinders het ’n Bybel, skoolklere, skryfbehoeftes en ’n kospakkie vir hul huisgesin ontvang.

Kim Morgan, een van die organiseerders van die gemeenskaps­organisasie Club X Society, sê danksy skenkers kon hulle vanjaar weer minder bevoorregte kinders uit die Heidedal-gemeenskap ondersteun.

Sewe kinders elk van die Laerskool Joe Solomon, Laerskool Heide, Laerskool Credence en die Laerskool Olympia het ’n skenking ontvang en die uitstappie na Naval Hill onderneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article