Ferdinand Steiner gesels met leerders tydens ‘n werksessie tydens die vorige Klarinet Extravaganza. FOTO: Verskaf

Soliste van wêreldgehalte neem op Saterdag 7 Februarie deel aan die ZA- Internasionale Klarinet-ekstravaganza om dié kunsvorm te vier.

Leerders en onderwysers en internasionale gaste woon dié weeklange geleentheid van 4 tot 7 Februarie by.

Dit is die enigste in sy soort vir Suid-Afrikaanse houtblasers en is van groot opvoedkundige waarde terwyl dit die bou van brûe in die musiekwêreld bevorder. Die klarinetweek vind elke tweede jaar hier plaas.

Gaste op 2024 se Klarinet-extravaganza is van links Severine Sierens, Ferdinand Steiner, Danre Strydom, Vincenzo Casale en Bence Szepesi. FOTO: Verskaf

Internasionale gaste wat die werksessie bywoon, sluit in Eddy Vanoosthuyse en Severine Sierens van België, Bence Szepesi van Hongarye, Vincenzo Casale van Italië en Brooks Thon van Japan in.

Ander gaste van oor Suid-Afrika heen sluit in Danre Strydom (Bloemfontein), Chrisna Smith en Morne van Heerden van Gauteng en Heidri Faber van die Oos-Kaap.

‘n Klarinetkoor aan die oefen vir ‘n uitvoering. FOTO: Verskaf

Die week begin op Woensdag 4 Februarie met ‘n gratis konsert van 12:00 tot 13:00 in die Odeion op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Uitgesoekte soliste sal deelneem.

Om 19:00 sal van die internasionale soliste ‘n gratis konsert in die Odeion uitvoer.

Op 5 Februarie duur nog ‘n gratis konsert in die Odeion van 12:00 tot 13:00.

Dié aand tree van die internasionale gaste saam met die Odeion-strykkwartet op vir ‘n konsert gepaardgaande met ‘n ete op die Brandkop-landgoed.

Die laaste gratis konsert is op 6 Februarie, tussen 12:00 en 13:00 in die Odeion, waaraan sommige leerders wat deel van die fees was, gaan deelneem.

‘n Week se feesvieringe word op 7 Februarie om 19:00 afgesluit met ‘n konsert van soliste en ‘n klarinetkoor saam met die Vrystaatse Simfonie-orkes (FSSO).

Kaartjies daarvoor kos R60 en is op quicket.co.za beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article